Styl in Moderne Frans.
DIT gebeur soms dat skrywers ontevrede is met hulle medium. Hulle verbeel hulle dat die taalbronne tot hulle beskikking 'n onvoldoende is om hulle aandoenings reg te vertolk. Die gevolg is dat neologismes in groot getal voortgebring word. So'n verskynsel duur gewoonlik nie lank nie en slaag nie daarin om die ingebore siel van die taal in 'n groot mate te wysig nie. Die hoofstroom word nie verstoor nie.
Racine en La Bruyère was nie onnodig bekommer oor die luime van die Precieux nie, nòg Flaubert en Renan oor dié van die romantisie en die beste skrywers is seker nie deur die taalkundige goëlery van hulle tydgenote die gebroeders Goncourt en die simboliste beïnvloed nie.
Uit 'n suiwer taalkundige standpunt beskou, kan daar geen twyfel bestaan dat die invloed van die Goncourts skadelik is nie. In hulle poging om wat hulle ‘l'irrendable’ genoem het uit te druk, het hulle die taal verkrag. Met hulle het impressionisme die Franse letterkunde ingeneem. Loti was een van hulle disiepels. Hy boei deur die uitwerking wat hy het, maar tegnies en esteties is sy werk vol foute. Huysmans, meer aanvallend as die Goncourts, het die skadelike werk voortgesit en het aanmerklik meegehelp om die taal te ‘dénaturer’. Al het party krietisie ywerig aangetoon dat die invloed van die taal van die Goncourts nie net skadelik was nie, staan dit vas dat hulle verderflike werk verrig het in soverre as hulle die weg vir die manier van uitdrukking so gewild by die simboliste gebaan het. Natuurlik het Rimbaud hom vryhede met die taal veroorloof, maar sy disiepels, wat sy genie gemis het, het hulle aan allerhande belaglikhede skuldig gemaak - iets wat hy vermy het. Hierdie buitensporighede word in die eerste werke van Camille Mauclair en André Gide aangetref. Die styl van Mallarmé is geneig om duister en ellipties te word, maar hy is die leier van 'n reaksie teen die impressionisme. Die geslag skrywers, wat ongeveer 1885 tot rypheid gekom het, dra die stempel van Mallarmé. Sy invloed was heilsaam, want hy het die uitstaande betekenis van regte sintaksis en die waarde van uiterste versigtigheid in die keuse van waarde verkondig.
Om die bevalligheid, duidelikheid en harmonie, waartoe die Franse taal instaat is te waardeer, moet ons ons alleen wend na 'n groot figuur wat beroemd was in 1895 (in 1896 is hy tot lid van die Akademie gekies), en die