| |
| |
| |
'n Paar aantekeninge in verband met die Twede Afrikaanse Taalbeweging (1905).
Deur Vaalswaer. (Izak van Heerden.)
Ter Inleiding.
Dit het baie moeite gekos om mnr. van Heerden te beweeg om hierdie aantekeninge oor die ontstaan van die Twede Beweging vir publikasie beskikbaar te stel. Hy koester die vrees dat dit sal beskou word as 'n poging tot self-advertensie. Gelukkig het ek egter daarin geslaag om die skrywer te oortuig dat sy aantekeninge waarde het vir die geskiedenis van ons taalstryd. As sekretaris van die A.T.G. in Pretoria het hy die hele stryd meegemaak en hy werp heelwat lig op verskillende puntjies. Dit hoef geen betoog dat sy indrukke 'n welkome aanwins is vir ons kennis van die eerste woelige dae nie, al sal sy medestryders seker nie met al sy gevolgtrekkings saamstem nie. In elk geval vertrou ek dat hierdie aantekeninge ook hulle skryflus sal prikkel.
Die taalstryders word so stadig aan oud. Is dit nie hul dure plig om hul indrukke op te teken vir jong Suid-Afrika nie? Die algemene feite van die taalstryd is bekend, maar daar moet nog baie interessante besonderhede wees, wat meer lig kan werp op hierdie feite en wat vir die nageslag van groot waarde kan wees by die bepaling van die tydsgees. En dit is alleen die taalstryders self wat hierdie intieme besonderhede vir ons kan opteken. 'n Klein anekdote, 'n ou vergete brief of skynbaar onbelangrike gesegde kan soms van onberekenbare waarde wees vir die literêr-historikus wat hom probeer inleef in die verlede. Ons kultuurgeskiedenis sou arm wees as hierdie gegewens moet verlore gaan. Wie van die ander voormanne in ons taalstryd gaan Vaalswaer se goeie voorbeeld volg?
Omtrent die ontstaan van hierdie aantekeninge deel mnr. van Heerden my die volgende mee:
‘Ek weet nie wat my 'n paar aande gelede makeer het nie, maar ek kry mos skielik die idee om 'n paar aantekeninge te maak in verband met die Twede Afrikaanse Taalbeweging. Dit word so stadig-aan tyd dat my maters van daardie dae my maar stompoor sal moet sny, en ek het toe gedink dat as ek nog voor my ‘heengaan’ iets wil bydra tot ons letterkunde, of liewer tot ons kennis van wat in die jare 1905-6 en daarlangs deur die A.T.G. (waarvan ek die sekretaris was) gedaan en ondervind is, dan word dit hoog tyd dat ek vir my roer. Nouja, ek het toe voor die tikmasjien gaan sit en het
| |
| |
in die loop van 'n paar aande darem sowat 33 bladsye aanmekaar gepiets. Dit is aantekeninge en nie 'n geskiedenis nie. Ek skryf net neer wat ek my persoonlik nog so hier en daar herinner van ons beweging van daardie dae.’
Van belang is verder nog die volgende opmerkings uit 'n ander brief:
‘Ons Afrikaanse taalstryd - veral gedurende die jare 1903-4-5 en later - het onder die eienaardigste omstandighede plaasgevind. Aan die een kant moes ons ons ontworstel aan die omhelsing van Hollands; aan die ander spook vir ons lewe om nie deur Engels kafgeloop te word nie. Hollands het dit goed gemeen, maar die stryd teen Engels vir ons baie bemoeilik. Engels was ons aartsvyand. Ons had dit enersyds dus te doen met sielsdodende liefde: andersyds met verwoestende kwaadwilligheid.
Die Afrikaanse taalknopkierie (van daardie dae) moes gehanteer word om die kultuur van ons Hollandse vriende sowel as dié van ons Engelse vyande mee te beveg. Dit was dan ook onder die indruk van hierdie toestand wat ek daardie ode Een van Sin geskryf het (sien hieronder P.C.S.). Ek het my niks gesteur aan die letterkundige gehalte van my bydrae nie; ek wou 'n beroep doen op ons mense om tenminste eensgesind te wees in die worsteling.’
Ek weet dat hierdie aantekeninge met genoeë sal gelees word deur almal wat belangstel in die geskiedenis van ons taalstryd. Dit was vir my 'n genot en 'n eer om dit persklaar te maak.
Vryheid, Feb., 1929.
P.C. Schoonees.
OP sekere opstalletjie van my vader se ou woonplaas in die Sneeuberge, distrik Cradock, K.P., het indertyd - ongeveer die jare 1880-1885 - 'n sekere oom Fans Stapelberg gewoon saam met sy vader, oom Lou, en hulle famielies. Hulle het vóor die tyd veel in die Vrystaat rondgeswerf. Daar was in daardie dae nog volop wild: blou- en swart wildebeeste, kwaggas, blesbokke, springbokke; en oom Frans en oom Lou was albei, heel natuurlik, liefhebbers van die jag. Maar nadat hulle gla sowat genoeg van die nomadiese lewe gehad 't, en vir hulle versadig geskiet 't, het hulle op hulle gemak na die Kolonie teruggekeer en is sodoende uiteindelik by ons op die plaas telande geraak.
Ek was destyds nog maar 'n seun van 'n jaar of tien, vyftien. Maar daar ek toe al 'n betreklik ervare jagter was (met pyl-en-boog, slingervel, rekkerroer en poena), en daar oom Frans en oom Lou op meesterlike wyse kon vertel van hulle jagawonture, het ek elke geleentheidjie te baat geneem
| |
| |
om vir hulle te gaan kuier en met hulle oor hulle ondervindinge in die jagveld te gesels.
Oom Frans veral het my geboei. Want dit was nie alleen dat hy insidente sprekend kon afskilder nie: hy had daarby nog 'n sekere eienaardige manier van praat.
So het die uitdrukking ‘onpeilbaar’ byvoorbeeld tepas en te onpas in sy verhale en gesprekke voorgekom. 'n Eenlopende wildebeesbul is op 'n goeie middag laat - net so kort voor sononder - op daardie kale haaie vlaktes van die Vrystaat deur oom Frans bekruip en op ‘onpeilbare’ wyse, net agter die blaaie deur, geskiet. Of hy het 'n strandjutwolf wat byna iedere nag die stropee van hulle skeie kom vreet het een môre in 'n ruie grasleegte raak geloop en van die honde op ‘onpeilbare’ wyse laat vang en doodbyt. Ensovoort....
Partykeer, as my vader of iemand anders teenwoordig was, het die gesprekke geloop oor politiek. Dit wil sê so tussen die jaganekdotes in. Dan was dit meesal - so ver ek my herinner - oor sekere S.J. du Toit, of ‘Die Patriot’. (Ek glo oom Frans het ‘Die Patriot’ destyds al gereeld gekry.)
Ek het aanvanklik nie geweet wie die S.J. du Toit was nie. Of wat niet die Patterjot of Patterjots bedoel is nie. Ek het later so verlangs verstaan dat ‘Die Patriot’ 'n koerant was, in Patterjots geskrywe, en dat mnr. S.J. du Toit daar iets mee te doen had.
Wel, dit is waar ek vir die eerste keer in my lewe van die Patterjot en van Patterjots gehoor het.
Van die beweging in die Boland om Patriots (of Afrikaans) tot skryftaal te verhef, het ek destyds niks bepaaldeliks geweet nie.
En ek het feitlik ook niks tewete gekom nie voor-en-aleer ons met die Twede Beweging in 1905 in die Transvaal begint het nie. Ek het wel vóor die tyd lektuur in Patriots onder die gekry, maar van die bewuste strewe om dit tot erkende lands- en volkstaal te verhef wis ek nie. Nie in daardie dae nie.
Ons huistaal was natuurlik Afrikaans. Maar ek het altoos verstaan dat dit Hollands was. Afrikaans en Hollands was vir my nie jufs dieselfde nie; maar ek het die onderskeid nie geweet nie. Ons voormanna - onderwysers en predikante - het dikwals uitgewei oor die handhawing van ons taalregte. Ons ouers ook. Dit was my egter nooit duidelik of hulle Afrikaans (die taal wat ons gepraat het) of Hollands (die taal wat ons moes leer, lees en skryf) bedoel het nie. Maar dat ons ons taalregte moes handhaaf: dit was nou eenmal seker.
| |
| |
Op skool het hulle dan ook op 'n manier probeer om my te hulp te kom met die handhawing van my taalregte: deur middel van Stucki en later Elfers. Ek sal menere Stucki en Elfers onthou tot aan die end van my aardse bestaan. En ook die baie pakke slae wat ek met die platriem ontvang het omdat ek nie in staat was om soveel bladsye geslagsreëls uit my kop op te sê nie. Of om die werkwoorde korrek te vervoeg nie! Vertaalwerk was nou eenmal 'n nagmerrie vir my.
Ons had egter min of meer dieselfde moeilikheid met Engels. Hoewel in hierdie geval die platriem 'n maat gehad het. Dit was 'n taamlike groot plank met die woorde ‘I spoke Dutch’ daarop in kryt aangebring. Die bevel was dat ons op sekere dae in die week uitsluitend Engels onder mekaar moes praat. Doen jy dit nie, dan moes jy daardie plank om jou nek hang en daarmee in die openbaar rondstap tot 'n spot en 'n spektakel vir 'n iedereen. As jy een of ander van jou maters kon verlei om ook 'n Hollandse woord of uitdrukking te besig, dan moes hy die plank van jou oorneem. Eer so op die ry af. Die Hollands wat ons gebruik het was natuurlik Afrikaans. Maar dit het daar nie op aangekom nie. Die twee tale is in daardie dae - so het dit my voorgekom - beskou as een en dieselfde.
| |
Ons skryf Engels.
Ek kan my werklik nie herinner dat ek in my skooldae ooit daaraan gedink het om 'n private brief in Afrikaans of in Hollands te skrywe nie. Uitgenome dat ek miskien aan my ouers so 'n enkele keer in Hollands geprobeer skrywe het.
(My voorstelle aan jonge dames was deurgaans gestel in die deftigste Engels waaroor ek kon beskik. Ook die briefwisseling wat in sommige gevalle daarop gevolg het.)
By die uitbreke van die Anglo-Boereoorlog (1899) was ek al gehuud en te Pretoria woonagtig. Toe ek die dag weg is op kommando het my gade vir my 'n klein Engelse sakbybeltjie meegegee. Ek het die testamentjie die hele veldtog deur in my sak gedra. Hy was naderhand vol kanttekeninge: almal in potlood tevelde gemaak en... almal in Engels. Die paar briewe wat ek die kans gekry het om deur te smokkel was ook almal in dieselfde Engelse taal geskryf!
| |
Ek maak 'n gediggie in Afrikaans.
Kort voor die sluiting van die vrede in 1902 - terwyl ek 'n krygsgevangene was in 'n Engelse kamp digteby Pretoria - het ek my vir die eerste
| |
| |
keer in my lewe van Afrikaans bedien om 'n gediggie te maak. Of om dit bewus te skrywe in ieder geval. Wat my eintlik beweeg het weet ek nie. Maar dit is 'n feit nietemin. Vir die res is my korrespondensie - selfs nog in daardie dae - in die Rooitaal gevoer.
| |
Mnr. Preller begint te woel.
Ongeveer die jare 1904-1905 het mnr. Preller se artiekels in die ‘Volkstem’, oor Afrikaans as skrytaal van die Afrikaner, my aandag getrek. Ek het oor sy voorstel gaan nadink, met meer as een van my tyd- en geesverwante daaroor geredeneer, en uiteindelik besluit om die saak te steun. Ek het mnr. Preller toe 'n briefie geskrywe en hom van my medewerking verseker. Hierop het hy simpatiek geantwoord en so is ons twee - wat malkander vroeër nie persoonlik geken het nie - in voeling gekom.
In die tussentyd het die polemiek in die ‘Volkstem’ en ander blaaie - betreklik Afrikaans as skryftaal - in omvang toegeneem en het ek ook af en toe my aandeeltjie daartoe bygedra onder die skuilnaam van ‘Vaalswaer’.
Aan opposiesie het dit ons gelukkig nie ontbreek nie. Nie in die publieke pers nie en ook nie in die private omgang met mekaar nie. Die gekste vir my was altoos dat 'n man met jou vir 'n uur lank in Afrikaans sal argumenteer en vir hom sal moeg maak om vir jou te bewys en te oortuig dat Afrikaans geen taal is nie. Of dat dit op sy bes 'n hotnotstaal is. Of ook wel 'n patois. Of iets dergeliks. Maar geen taal nie. Want waar is sy grammatika? Waar sy literatuur?
Opposiesie op sigself was nie die ergste nie. Daar was Afrikaners wat ons bepaaldelik vyandig gesind was. Wat ons met veragting en minagting behandel het. Een van ons gevierde dominees, met wie ek oor die saak gepraat het, het so ver gegaan as om ons vir ‘nasionale skouts’ uit te skel. Ons sou dan Engels in die hand werk. En hy het daarby gevoeg dat hy met ons en ons strewe niks ter wêreld wou te doen hê nie. En hy was gladnie 'n uitsondering nie. Baie van ons predikante was destyds heftig teen ons gekant. En het hulle opienies - waar hulle dit die moeite werd geag het om van ons notiesie te neem - dikwels onomwonde uitgespreek ook.
| |
Ons besluit om 'n vereniging op te rig.
Ten einde ons strewe ten gunste van Afrikaans rigting te gee het mnr. Preller en ek toe ooreengekom om tot die oprigting van 'n vereniging oor te gaan. My funksie in die eerste plaas sou wees om solank vir ons 'n konsepkonstitusie op te stel. Hierin is ek in die loop van tyd deur mnr. Preller self
| |
| |
asook deur adv. N.J. de Wet en dr. N.M. Hoogenhout daadwerklik bygestaan.
| |
My twede gedig in Afrikaans.
In my ywer vir ons saak het ek my in hierdie tyd (September, Oktober, 1905) ook aan die versiesmakery gaan wy. Huiwerig om my ontboesemings die lig te laat sien het ek een van hulle aan my swaer J.S.M. Rabie - destyds redakteur van ‘De Afrikaner’, Pietermaritzburg, Natal - gestuur en hom gevra om dit tog vir my deur te kyk en my te laat weet wat hy daarvan dink. Mnr. Rabie was 'n vurige medewerker en ondersteuner van die rewolusionêre rigting deur ons in Transvaal voorgestaan en het sy sienswyse oor my gedig te kenne gegee deur dit as 'n Inleidings-artiekel in die uitgawe van ‘Die Afrikaner’ van dato 19 Oktober 1905 met huid en haar te publiseer. 'n Paar dae later het mnr. Preller dit ook, in ietwat verkorte en miskien heelwat verbeterde vorm, in ‘Die Volkstem’ opgeneem.
Dat ek die spoor byster was toe ek ‘De Afrikaner’ oopmaak en sien wat daar gebeur het, is om my besadig uit te druk. Maar die koeël was deur die kerk!
Wat mnr. Rabie aanbetref, ek glo hy het my bydrae as 'n wanhoopsmaatreël die lug ingestuur in die hoop dat dit die direksie van sy blad - met wie hy bietjie oorhoop gelê het, omdat hy dit gewaag het om stukke in Afrikaans op te neem - mogelikerwys tot ander insigte sou bring. Of dit die beoogde doel bereik het is my nie bekend nie. Maar daar my berugte kontribusie moontlik van geskiedkundige waarde kan wees vir ons toekomstige taalvorsers gee ek dit hier in sy geheel weer. Die leser sal seker sien dat ek destyds nog geen da Costa was nie. Dit was dan ook nie doel nie.
Een van Sin.
Mannen broeders, skaar tog same
- as het ware in die geest -
want dis bietjie baie nodig,
dat ons so byeen moet wees:
om ons planne en ons skemas
in een enk'le groef te lê:
dis die liefde vir ons nasie
Soos ons sien gaat dit nie goed nie
en die uitsig is maar duister;
- en dan praatjies maak net gaatjies -
maar ons mog tog darem fluister,
van die luister in die duister,
van die hoop wat ons nog het:
vir ons taal en ons tradiesies,
wie sal ons dit durf belet?
| |
| |
Maar die nood is hoog gerese,
en die tyd is seker daar,
dat ons werkend sal moet optree;
want dit is tog alte waar,
dat die dragte en die klagte:
dus die vragte van ons volk
langs geen ander pad of paadjie
Dit is naastenby die kwessie,
en ons weet dit almal goed,
dat ons nie kan anders sê nie,
as dat waar ons kyk is bloed:
op die rande, in die brande,
en verskeie sombre plekke
kry mens tydings van die lydings
en die spore en die vlekke
Wil jul aandag dus bepaal,
by ons welgemeend verhaal:
by die mening van ons rympie
met die oog op onse taal.
Dis ons ‘erns’ en ons meen ook
En ons gaan die saak oorweë
- dis tog altevol gewis -
van die swaar en van die hartseer,
van die kommer en die trane,
van ons mense, wat soos reuse,
om vir ons 'n weg te bane
op hul skouers, as ons ouers,
vir hul kinders het gedra.
of ons nou die ding sal opgee
en ons somar laat vertrap:
ons laat uitroei en vermorsel
en dit somar vir die grap:
of ons alles so gaan weggooi
en ons moeders en ons vaders
hulle grafte gaan ontheilig
met die dade van verraders!
- dit is alles reg genoeg -
maar om pligte te verrigte
- dit sy laat of dit sy vroeg -
en te sorge dat die morge
ons nie bitter sal berou.
Of ons niks geen ag gaan slaan nie
op die lewes van ons ouers;
- en in swart gehul as rouers -
wyl as lede van éen nasie
onse kinders tot ons opsien
in die hoop en die verwagting
dat ons alles vir hul veil het
en dus werd is hulle agting.
Onse leuse moes tog wese:
vir ons taal en vir ons reg!
om ons helde in die velde,
tot die dood toe het geveg:
om ons vrouens en ons kinders
| |
| |
- en deur andere nie genoem-
- is dit wenslik vir onsselwers,
vir ons kroos, en vir die roem,
van ons klein maar kragtig volkie
dat ons daadlik samespan:
Ja, die sange oor die bange
- of die glorieryke dae -
van die moorde in die oorde,
of die trekkers met hul waë,
op die wysies van ons meisies
moet die wêreld nog bekoor:
om ons nooientjies O, so skoontjies
in hul moedertaal te hoor!
om die strewes van ons lewes
wat die dinge, in ons kringe,
wat ons pla en wat ons woel,
ons sal opbeur om te groei,
soos 'n boom aan 'n stroom:
Maar die taak om so 'n saak
te doen reik tot in die sterre
is om wille en verskille,
in ons éenheid te verberre:
dis die liefde vir ons nasie
- dis die liefde vir ons leer -
vir ons sedes en gewoontes:
vir ons God. Hem sy die eer!
Só 'n doel sal ons laat voel -
is ons alles ook wel waard.
En ons moet hom kan erlang
Dis die band wat ons sal binde.
Dis die hand wat ons sal lei.
Dis die boodskap, waarde vrinde,
laat ons dit tog nie vermy,
wat ons harte sal beroer,
op sy vleuels ons sal voer,
ons sal bring by wat ons beid
vir die Tyd en Euwigheid!
| |
Oprigting van die A.T.G.
'n Vergadering van belangstellendes was bepaal vir die 13de Desember 1905, met die doel om te probeer 'n vereniging op te rig vir die bevordering van Afrikaans as die spreek- en skryftaal van die Afrikaner.
Ten spyte van al ons aktiwiteit in die pers wat toe al weerklank gevind het in Natal, in die Vrystaat, in die Kaapkolonie en elders, deurdat blaaie soos ‘Die Afrikaner’, ‘Die Vriend des Volks’, ‘Die Goede Hoop’ e.a. - van ons strewe hier in Transvaal nota geneem het - het ek gevrees dat ons voorneme om 'n vereniging tot stand te bring sou misluk.
Hoewel mnr. Preller die nodige kennisgewings geplaas het en alles in sy vermoë gedoen het om sake nie te laat verkeerd loop nie, kon van hom nie
| |
| |
teveel verwag word nie. Hy had sy hande meer as vol as subredakteur van 'n groot koerant.
In dié omstandigheid het ek dit my persoonlike plig beskou om so veel immer moontlik al my vrinde en kennisse in Pretoria op te soek, met hulle oor die saak te praat en hulle te beweeg, en te laat belowe, om ons voorgestelde byeenkoms by te woon en onse taalsaak te steun.
Daar ek geen opleiding in tale as sodanig ooit gehad het nie - en dus van die onderwerp maar bedroef weinig geweet het, het ek besef dat my kennis in verband met die saak heeltemal ontoereikend was. Ek het dit dikwels te doen gekry met ontwikkelde mense en 'n hele paar van hulle het nie geaarsel om my dit aan die verstand te bring dat hulle my gladnie bevoeg beskou om met ‘hulle’ te wil redeneer nie.
Hierdie treurige feit (wat heeltemal korrek was) het dan ook daartoe gelei dat ek in daardie dae al my vry tyd aan 'n intensiewe studie van taalaangeleenthede gaan wy het. Met al my rondval - jy kan maar sê in die duisternis, want ek had niemand om my voor te lig of te help nie - het ek in die Staatsbiblioteek te Pretoria - onder al die Hollandse boeke wat ek saans daar deurgesnuffel het - 'n Bloemlesing van Nederlandse Prosa-skrywers (1552-1840) deur van Kampen raak geloop.
Die inhoud van hierdie werkie was vir my 'n openbaring! 'n Arsenaal waarin ek m.i. nagenoeg al die skietgoed kon kry wat ek (ons) in ons taalstryd nodig had. En waarin ek dit - wat my persoonlik aanbetref - ook werklik gekry het. Veral die Inleiding - wat 'n resumé gee van die opbloei van die Nederduitse of Hollandse taal van daardie dae - was vir my doel die ‘Wahre Jacob’. Die skrywer haal b.v. daarin aan onder andere 'n ekserp uit 'n geskrif van 'n Amsterdamse Hoogleraar - Petrus Francius - van die jaar 1699 waarin hy sê:
Alle menschen kunnen geen redenaars zyn, maar alle menschen kunnen en behoren goed Duitsch te spreken die inboorlingen dezer landen zyn. In den gemeenen ommegang kan men hier niet altoos op letten en het riekt enigsins naar neuswysheidt; maar wat onachtzaamheidt is het niet als men in 't openbaar of spreeken of schryven wil hier geen acht op te slaan. Is 't niet fraey een Hollander te zyn en geen Hollandsch te kennen? Hoe is het te verschonen daar alle andere volken, Spaansche, Italiaansche, Fransche, Engelsche, Duitsche zo veel werks aanwenden om hunne spraak net te spreken dat wy in de onze zoo slordig zyn? Of is het alleen geoorlooft en den Nederlanderen als eene voorrecht gegeven geene wetten noch regelen te onderhouden en de palen van alle rechtmatigheid te buiten te gaan? Beklagelik en niet min schandelik is
| |
| |
het daar we zoo eene schoone taal hebben en de schoonste mogelyk van alle Europesche - geene te na gesproken - dat we die zo weinig in acht nemen, dat we die zo verwaarlozen, en met vreemde spreekwyzen en uitheemsche bastaardwoorden willens en wetens bederven. Daar we op onze eigene beenen staan kunnen gaan we liever op krukken, en daar we woorden in overvloed hebben om onze mening klaar, kragtig en cierlyk te kunnen uiten ontlenen we die van anderen buiten noodzakelikheidt.
Dat ek met dit een en ander die ontstaan en groei van die bekende Engelse taal ook in die haastigheid bietjie nagegaan het sal u wel begryp.
Dit het dan ook nie alte lank geduur nie of ek het my gaan beskou as minstens voldoende op hoogte van sake om my man te staan. Om vir Spieghel, Coornhert, Hooft, Vondel, Cats, Huygens, Brandt, Heemskerk en ander skrywers van daardie dae tot en met die tyd van Clarisse, van der Palm c.s. in 'n argument te kwoteer was vir my niks. Waar was nog - wat Engels aanbetref - sulke outoriteite soos oorlede Caedmon, Wyclif, Chaucer, Tyndale, Bacon en, natuurlik, ou Shakespeare?
Een van die moeilikste dinge was om die bewys te lewer - by wyse van 'n redenasie - dat 'n taal 'n taal is. Dat dit 'n lewendige ding is. Dat dit gebore word, groei en doodgaan. Ensovoorts.
Wel, as mens my partykeer gehoor het, sou jy tot g'n ander konklusie gekom het nie as dat ek daar alles van wis. Aan ywer en erns het dit in hierdie verband seker nie ontbreek nie.
| |
13de Desember, 1905.
Eindelik was dit dan die 13de Desember, 1905. Ons het in die aand in 'n saal in die Volkstemgeboue, St. Andriesstraat, Pretoria, bymekaar gekom, vir ons net gou 'n voorsitter gekies (dr. N.M. Hoogenhout) en onder geesdriftige belangstelling 'n aanvang gemaak met ons werksaamhede. Dr. Hoogenhout en adv. Klasie de Wet het albei warm toesprake gehou (‘Volkstem’, 20. 12. 1905) terwyl wyle genl. Tobias Smuts en nog 'n stuk of wat sprekers ook hulle sê gesê het. Allengs is daar toe 'n eenparige besluit geneem om 'n vereniging op te rig met die naam van ‘Die Afrikaanse Taalgenootskap’ en is ons ontwerpstatute, nagenoeg onveranderd, goedgekeur en aangeneem.
Volgens ons statute was die doel van die pas opgerigte vereniging:
(a) | om Afrikaners te oortuig dat Afrikaans ons taal is en dat die deur Afrikaners as hul spreek- en skryftaal behoort gebruik te worde; |
| |
| |
(b) | ontwikkeling van die Afrikaanse taal in suiwere vorm; en |
(c) | aankweking en ontwikkeling van 'n suiwer Suid-Afrikaanse nasionaliteitsgevoel. |
(Vir verder inligtings kan dr. Pienaar se boek: ‘Taal en Poesie van die Twede Beweging’, 3e druk, bls. 51, geraadpleeg word.)
Daar was, as ek my goed herinner, net een dame op ons samekoms teenwoordig, naamlik mejufv. Burgers, 'n dogter van wyle president Burgers.
My was 'n dag of wat vóor die datum van ons vergadering opgedra om een van ons plaaslike leraars te vra om ons verrigtinge by te woon en die vir ons met gebed te open.
Hierin had ek geen sukses nie. Dr. Malan (tans Minister van Binnelandse Sake) wat destyds op Pretoria was, moes juis die aand weg na sy nuwe standplaas toe - ek meen Montagu in die K.P. - en kon dus nie aan my versoek voldoen nie. En dr. H.S. Bosman het eweneens een of ander moeilikheid gehad. Trouens ek het verstaan dat hy dit nie juis roerend met ons eens was nie. Ons moes dus maar sien om klaar te kom.
Na afloop van die agenda het ons toe gou vir ons ons eerste bestuur gekies en wel as volg:
Dr. N.M. Hoogenhout (Normaal Skool); |
Mnr. A.J. van der Walt (Potchefstroom); |
H. Visscher (later Inspekteur van Skole); |
Adv. N.J. de Wet; |
F.T. Nicholson (Staatsbibliotekaris); |
Mnr. G.S. Preller (‘Volkstem’) en |
I. van Heerden. |
Tot so ver het alles dus vlot van stapel geloop. Mnr. Preller het in alle stilligheid - en haas ongemerk - noukeurige aantekenings van ons doen en late gemaak en later in sy blad (van 20. 12. 1905) gepubliseer.
Maar daar moes nog 'n sekretaris gekies word. Ek wou nog diep en ernstig oor die saak nadink, toe hoor ek tot my ontsteltenis iemand sê: Ek stel voor die heer van Heerden. Voor ek my positiewe kon bymekaar kry was 'n ander onnadinkende vriend - of was dit 'n vyand van my? - klaar met: Ek sekondeer! In die wyl wat ek toe nog staan en gaap, van werklike ontroering, glo my vry, word die m.i. onbesonne voorstel met akklamasie aangeneem en begos die mense die saal, vrolik en skynbaar baie tevrede oor wat hul aangevang het, die een na die ander vinnig te verlaat. Ek wou nog probeer protes aanteken - op grond van 'n leemte in die prosedure wat gevolg
| |
| |
was - maar daar was geen kans nie. Ek moes my die keuse voorlopig laat welgeval.
Nou wil ek hier in alle beskeidenheid boekstaaf dat ek innig gevoel het dat ek nie vir die amp in die wieg gelê was nie. En dat die bestuur deur my aan te stel nie in belang van ons pasgestigte vereniging gehandel het nie.
In die eerste plaas had ek nie die nodige bekwaamheid nie. In die twede plaas was ek werksaam op 'n drukke prokureurskantoor en had dus ook nie die tyd beskikbaar nie. En helaas! juis in daardie belangrike periode van ons strewe ook nie die nodige gesondheid en kragte nie, gesien dat my senugestel in 'n benarde toestand verkeer het. Soseer dat ek aan kroniese slapeloosheid gely het en beswaarlik met my daelikse werksaamhede kon voortgaan.
| |
Wat ons toe gedoen het.
Mnr. Preller, onbewus van my haglike toestand, het dadelik begin vuurmaak onder my. Ons moes on ledetal uitbrei. Ons moes takke stig orals in die land. Ons moes die Vrystaat, Natal en die Kaapkolonie aan die brand steek. Ons moes dit alles en nog sowat 'n honderd-en-een dinge doen.
Ek het gedwee my bes probeer, maar dit het nie al te lank geduur nie of ek het begin steeks te word. Die administrasie het onrusbarende verhoudinge aangeneem. Al die briefwisseling; al die omsendbriewe; al die aanwerf van nuwe lede; insameling van fondse; hou van vergaderings; en wat dies meer sy: om nie te gewaag van die ontmoedigende louheid en teëstand waarmee mens veelal te doen gekry het in jou omgang met jou eie landgenote; dit het my miskien ook nie - vir hierdie fase van my werk - met die nodige ywer besiel nie.
Dan wou die ongeluk dit glo ook hê dat ek dit nie juis entoesiasties eens was met mnr. Preller waar hy gemeen het dat ons ons aktiwiteit moes uitbrei op groot skaal nie. Ek het daar nie voor kans gesien nie; en het daar ook nie voor gevoel nie.
Dit het later geblyk dat ons vereniging goeie werk gedoen het; dat ons dit sonder 'n organisasie miskien nie so gou en so effektief sou klaar gespeel het nie. Maar, soos ek sê, ek was aanvanklik nie baie ten gunste van uiterlike vertoon nie.
Met ander woorde, ek kon nie begryp waarom ons juis 'n honderd of 'n vyfhonderd of desnoods 'n duisend lede van ons vereniging nodig had om ‘die gras aan die brand te steek’ nie.
| |
| |
Ons had die ‘Volkstem’ in Pretoria met mnr. Preller aan die redaksie. In Natal was daar ‘Die Afrikaner’ geredigeer deur mnr. Rabie; in Bloemfontein die ‘Vriend’ deur Visscher; en in Kaapland die ‘Goede Hoop’ deur de Waal.
Wat was daar meer nodig?
Ek was wel hart- en siel daarvoor dat daar moes ‘geskryf’ word!
En daartoe het die geleentheid voorwaar nie ontbreek nie. Ons had vier welgesinde Hollandse koerante in die vier provinsies tot ons diens om propaganda te maak. Ons moes meer van hierdie middele gebruik maak om ons doel te bereik met die oog op ons konstitusie.
| |
‘Die Brandwag’!
Ons het egter eenparig gevoel dat dit uitstekend sou wees as ons ons eie orgaan kon hê.
Maar so 'n ding kos geld.
En dit is wat ons nie gehad het nie.
Ek het 'n paar oproepe geplaas - en die ook onder die welgesinde publiek laat sirkuleer - en dringend om die nodige fondse gesmeek. Helaas, helaas!
Om lid van ons vereniging te word moes die applikant minstens een sjieling in ons kas stort. So het ons statute bepaal. Ons het heirdie reël gemaak juis omdat ons dit wou vrylaat vir iemand om te gee soveel hy wil. Ons (ek persoonlik) het daar nooit aan getwyfel of ons sou finansieel bevredigend gesteun word nie.
Wel, die grootste bedrag wat ek ooit van éen enkele lid ontvang het was een pond sterling. Twee van ons lede het my elk 'n pond gestuur. Ek sou graag hulle name hier wou noem. Donasies van £5 of £50 of van £100 of ook wel van £500 het my nooit bereik nie.
Hoekom nie? Was die saak ons dit nie werd nie? Ek het genoeg sjielings bymekaar gesamel om ons lopende onkoste en uitgawe te dek; maar ek kon nooit genoeg bymekaar kry om daarmee 'n tydskrif op te rig nie.
Die spesiaal aangestelde Tydskrifkommissie kon ook nie veel uitvoer nie.
| |
| |
| |
Dr. Engelenburg op die toneel.
Pretoria,
17 Junie, 1910.
De Heren
H.C. Jorissen en N.J. de Wet,
Verteenwoordigers Tydskrifkommissie ‘Die Brandwag’, Pretoria.
Weledele Heren,
Vernemende dat de tydskriftkommissie van ‘Die Brandwag’ niet geneigd is om de finansiele risiko der uitgave van genoemd tydschrift op zich te nemen en vrede heeft ermee dat de Wallachs (‘Volkstem’) Maatschappy als eigenaar en uitgever van ‘Die Brandwag’ zal optreden, heb ik de eer u te berichten dat de Wallachs (‘Volkstem’) Maatschappy gaarne bereid zal zijn:
1. | om de keuze en benoeming van een editeur en in het algemeen alle editoriale aktiviteit over te laten aan de tijdschriftkommissie in het vertrouwen dat de kommissie zal zorg dragen dat de redaktie aan bekwame en ijverige handen zal worden toevertrouwd; |
2. | De Wallachs Mij. is bereid zich te verbinden om maandeliks een minimum geldsom van £40 voor redaktie doeleinden uit te geven op instruktie van de door de tijdschriftkommissie te benoemen redaktie; |
3. | De Wallachs Mij. is ook bereid zich te verbinden geen advertenties tussen de editoriale tekst toe te laten behalve met toestemming van de redaktie; |
4. | Wat nu betreft de alreeds gestorte of nog te storten bijdragen voor de oprigting en instandhouding van ‘Die Brandwag’ geloof ik dat het raadzaam is dat de uitgevers-eigenaars daarover de beschikking zullen krijgen. Immers indien ‘Die Brandwag’ zichzelf kan finansieren zullen geen bijdragen van buiten meer behoeven te worden gevraagd. Bovendien heeft de uitgever by het maken van reklame voor de eerste nummers van ‘Die Brandwag’ gerekend op de beschikking over het oprichtingsfonds. Ten derde kan het leiden tot moeilikheid indien na enige tijd de uitgever aanzoek doet om overhandiging van het fonds op grond van verlies op de eksploitatie van het tijdschrift. Ten vierde is het aan geen twijfel onderhevig dat degenen die alreeds bijdragen leverden, of van wie door mij nog bijdragen worden verwacht volkomen zullen instemmen dat die bijdragen ter volle beschikking komen van de eigenaar van ‘Die Brandwag’ hetzij die eigenaar
|
| |
| |
| tijdschriftkommissie heet of wel Wallachs Mij. In afwachting van uw gewaardeerde beslissing heb ik de eer te zijn, |
Uw dienstwillige,
get. F.V. Engelenburg.
In antwoord op hierdie brief het die Kommissie, na raadpleging met die bestuur van die A.T.G., as volg geantwoord:
Pretoria,
23 Junie 1910.
Aan die Directie van
Wallachs P. en P. Co., Ltd.
Pretoria.
Mijne Heren,
In antwoord op uw schrijven van 17 Junie jl. is ons opgedragen u te berichten dat wij de daarin voorgestelde condities aannemen. In een onderhoud dat wij gisteren den 22sten' dezer met u hadden is verder het volgende overeengekomen:
1. | Dat de Tijdschriftkommissie zoo spoedige mogelik een Redacteur aanwijst die de leiding van ‘Die Brandwag’ op zich neemt. Deze persoon wordt door uw Mij. in dienst genomen en door u gesalarieerd, terwijl verder ook alle andere kosten voor uwe rekening komen. |
2. | Indien de Tijdschriftkommissie van het A.T.G. het nodig oordeelt dat van de diensten van den Redacteur geen verder gebruik zal worden gemaakt, neemt u aan den persoon in kwestie te ontslaan en zal alsdan de Tijdschriftkommissie ten spoedigste een ander persoon aanwijzen om als Redacteur op te treden. |
3. | Hoewel de Redacteur in uwen dienst is zal hij gehouden zijn voeling te houden met de Redactiekommissie van de Tijdschriftkommissie van het A.T.G. over de te volgen politiek en richting van ‘Die Brandwag’ zodat de opperste leiding van het Taaigenootschap in het Genootschap blijft berusten. |
Het thans tussen u en ons overeengekomene zal ook goed houden voor onze opvolgers tot tijd en wijle daarin met wederzijdsch goedvinden wijziging wordt gebracht.
Uwe dienstwillige,
H.C. Jorissen.
N.J. de Wet.
| |
| |
KOTTLER.
4. EERW. C.F. ANDREWS (Gips).
| |
| |
In die wyl wat hierdie briefwisseling plaas vind was ‘Die Brandwag’ glo al op die pers - of het al verskyn - dit heug my nie meer goed nie. Hy sou in ieder geval gedateerd wees 31 Mei 1910. Op Uniedag dus!
Ek het in alle stilligheid my hoed vir Dr. Engelenburg afgehaal. Dit was nou vir ons om te toon wat ons kon doen.
Hoe die eerste nommer van ‘Die Brandwag’ - wat sy inhoud aanbetref - klaar gekom het weet ek nie meer nie.
Mnr. Preller sal weet. Trouens hy het die blad geredigeer tot en met die aanstelling van Dr. W.M.R. Malherbe as ons redakteur. Hiervandaan af is die propagandawerk van ons vereniging dan ook grotendeels deur ons eie orgaan verrig.
| |
Die akademie.
Dat ons 'n handjie gehad 't in die oprigting van die Akademie voor Taal Letteren en Kunst sal u saggies begryp. Trouens ek is onder die stellige indruk dat mnr. Preller die vader van die gedagte was. Want ek herinner my dat ek vantevore inleidingsartiekels in die ‘Volkstem’ oor die wenslikheid van so 'n instelling gelees het. Hoe dit ook al sy, ons vereniging is later by die Akademie formeel geaffilieer en het met hulle saamgewerk solank as wat dit moontlik was om dit te doen.
| |
Tannie.
Tannie het vir my die eerste ledelys van die A.T.G. opgestel, en vir my boekgehou van ons finansiële toestand. Ek het haar allengs in ons beweging geïnteresseer en haar oorgehaal om aktief deel te neem in ons taalstryd. Met die totstandkoming van ‘Die Brandwag’ het sy dan ook ingewillig om 'n spesiale kinderrubriek op haar te neem. Haar eerste bydraes het gehandel oor ‘Die Kaskenades van Klein Duimpie’ wat later in boekvorm verskyn het. Hierdie kinderkolom het onder haar redaksie min of meer gereeld voortgeduur tot en met die staking van die tydskrif in 1922. Intussen het sy vir ons saak baie ander literêre werk gelewer.
Na die verdwyning van ‘Die Brandwag’ het Tannie op haar eie houtjie - hoewel deur middel en samewerking van die simpatieke ou ‘Volkstem’ - uitgegee ‘Ons Brandwaggie’ 'n pragtig geillustreerde kinderblaadjie vir die kleinspan. Sy kon dit nie oor haar hart kry om Jong-Suid-Afrika so in die
| |
| |
steek te laat nie. ‘Ons Brandwaggie’ het dan ook uitmuntend aan sy doel beantwoord maar hy moes ongelukkig - tot grote ontsteltenis van die leeslustige kleingoed - ook later die weg opgaan van sy peetvader wat op so 'n treurige wyse in 1922 gesneuwel het.
As die eerste dameslid van die A.T.G. het Tannie dus al klaarblyklik haar aandeeltjie bygedra tot die verwesenliking van die gestelde ideale van ons vereniging. En onder watter moeilikhede het sy nie moes werk nie! En hoe het sy nie in die jare met haar gesondheid gesukkel nie! En die volharding!...
(Word vervolg.)
|
|