Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929
(1929)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 102]
| |
Iets omtrent die volksoorlewerings van die Suid-Afrikaanse Bantoe.II. Die verhalende prosa.NA ons vlugtige beskouing van die genres, taal- en stylsoorte van die Bantoe-volkstradiesies in die algemeen, kan ons nou daartoe oorgaan om elkeen van die genres 'n bietjie noukeuriger te ondersoek. Ons kan nie beter begin nie as met die fabels, legendes, sages en verhale: eerstens omdat daardie genre die vlugste en blywendste ingang vind by die westerling, vir wie die ander produksies van die Bantoe-volksgees nog vreemde terrein is; en twedens, omdat daardie genre die meeste aandag getrek het by westerlinge en gevolglik die meeste opgeteken is, sodat ons 'n groter skat materiaal daarin het as in die ander genres. Daar bestaan 'n ontsaglike rykdom van daardie verhale, en 'n amper ewe groot verskeidenheid in temas, taal en styl. Dierfabels is natuurlik, soos by alle natuurvolke, in die oorgrote meerderheid, maar daar is ook 'n baie groot aantal natuurmietes, legendariese vertellings en moraliserende verhale. Dit is egter moontlik om die oorweldigende voorraad materiaal te groepeer en te rangskik, en dit is ook probeer geword, o.a. deur Junod en Jacottet. Ons wil hier nie in besonderhede ingaan nie, maar net melding maak van die hoofideë wat die verskillende temas in die algemeen skyn te beheers. Die hooftendens in die verhale is, in die laaste instansie, moralisties: gewoonlik word kwaad gestraf en goed beloon, gewoonlik triomfeer knapheid oor domheid, ywer oor luiheid, soms ook sluheid oor argeloosheid, lis oor krag. Maar - en dit is 'n ding wat ons dikwels nie raaksien nie - selde of nooit kom reg bo mag, lis bo knapheid. Dit kom veraf uit in die verskillende sieklusse van die dierfabels - die Hasie-sieklus, die Skilpad-sieklus, die Jakkals-sieklus. Anders as in die Europese Reinaert-sieklus, triomfeer die heldefiguur, nie oor die goedige argloosheid van sy vyande nie, maar oor hulle listigheid en domme magsvertoon. Dit karakteriseer Junod in die mooi uitgedagte uitdrukking ‘The Wisdom of the Little People’, waar 'n klein swak dier se reg die oorhand kry bo 'n groot sterk dier se mag, deur die knapheid van die swakke teenoor die domheid van die sterke. Dieselfde tema kry ons weer by die verhale waar kinders of swak mense moet stry teen die boweaardse mag van 'n reus, 'n towenaar, 'n mensvretende dier, of wat ook al. | |
[pagina 103]
| |
Met hierdie kort beskouing gaan ons nou volstaan, om die lewende tekste self aan die woord te laat kom.Ga naar voetnoot*) Ons kan nie meer as 'n paar voorbeelde gee nie, maar ons hoop, dat hulle tenminste 'n idee sal gee van die pittigheid, die lewenswysheid en die diepe eenvoud van die Bantoe-volksgees, sowel as van die innigheid, kunssin en tegniek van die volksoorlewerings. | |
Die tarentaal en die veldhoender.(BaMasemola-stam. Origineel (seSothe) en vertaling (Duits) by C. Hoffmann, ‘Märchen und Erzählungen der Eingeborenen in Nord-Transvaal,’ Zeitschrift für Eingeborenen-Sprachen, Bd. VI, Heft 3.) Die tarentaal en die veldhoender het oor 'n tuin gestry. Die tarentaal sê: ‘Hierdie tuin is van my.’ Die veldhoender het gesê: ‘Hierdie tuin is van my.’ Toe het die tarentaal hierdie sack voor skeidsregters gebring. Die skeidsregters kom toe en roep vir die veldhoender en sê: ‘Tarentaal, praat, hier is die veldhoender. Nou vertel julle vir ons hoé julle oor die tuin stry.’ En hulle sê ook: ‘Hoe het julle te werk gegaan?’ Die tarentaal sê: ‘Ek het geroep: Kê, kê, kê, kê, kê, en twa! en klaar was die tuin!’ Toe sê hulle: ‘Veldhoender, praat jy non joú woord.’ Die veldhoender sê: ‘Ek, edelagbare here?’ - en hy vat aan sy kind, en die kinders wat met hom saam die tuin bewerk het - en toe sê hy: ‘Ek het opgestaan en altyd saam met hierdie kinders van my gekom. En wanneer dit somtyds gebeur het dat my kinders miskien moeg was en by die huis gebly het, het ek alleen gaan ploeg; tik het opgestaan terwyl dit nog donker was as ons die tuin gaan bewerk. Al was ons ook in die middel van 'n fees, tog het ons voortgegaan met die tuin te bewerk. En toe het my tuin groot geword, omdat tik dag vir dag geploeg het.’ En toe sê die skeidsregters: ‘Hierdie tuin is van jou, veldhoender;’ - hul het die veldhoender ondersteun - ‘daardie kêrel sê vir ons niks nie. 'n Tuin word nie somar op een dag geploeg nie, en 'n mens maak hom ook nie somar dalk klaar nie. Die tuin is van jon, veldhoender!’ | |
Die leeu, die wolf en die jakkals.(BaPedi-stam. Origineel (seSotho) by P.E. Schwellus, Padishô I.) Op 'n seker oggend het die leeu 'n erdvark geëet, en toe kry by maagpyn en was baie siek. Al die diere het gekom en vir hom gesorg en hom opgepas, maar die jakkals het tuis gebly en nie na die koning toe gekom nie. | |
[pagina 104]
| |
Die wolf het 'n hekel aan die jakkals gehad, en praat toe met die leeu en sê: ‘Koning! Majesteit! Die jakkals verag vir jou; hy gee glad niks vir jou om nie. Hy het nie eers gekom om vir jou te Borg soos ons nie: hy wil nie vir jou oppas nie!’ Die wolf het so gepraat om vir die leeu só kwaad te maak dat hy die jakkals sou haat en vir hom doodmaak. Terwyl die wolf nog so praat, kom die jakkals in en hoor wat die wolf sê. Hy sien ook dat die leeu alreeds agterdogtig geword het deur die woorde van die wolf, en hy word mismoedig. Maar gou word hy rustig en sê vir die leeu: ‘Heil, koning! Magtige vors! Luister tog asseblief na my, Majesteit! Ek is laat omdat ek die hele land afgeloop het; die hele tyd het ek gehardloop om vir die koning medisyne te soek by die dokters. Die dokters sê die koning moet sy maag omwikkel met die vel van 'n wolf, maar 'n vel wat nog nie droog is nie, dan sal hy beter word. So is dit, Majesteit!’
Die leeu sê: ‘Hier is mos 'n wolf. Maak hom dood en stroop vir hom die vel af.’
Listigheid maak sy eie baas dood. Leuens eet vir die leuenaar op.
Hy wat 'n stok pluk om te slaan, pluk vir homself. | |
Die akkedis en die kleurmannetjie.(BaRolong-stam. Origineel (seTshwana) en vertalings (Engels) by D. Jones en S.T. Plaatje: ‘A Sechuana Reader’.) Die Betsjoeana van die ou tyd het hulle manier gehad om te verklaar hoe dat die dood begin het. Hulle sê dat die skepper van alle dinge die kleurmannetjie gestuur het en vir hom gesê het: ‘Loop jy en vertel vir die mense en sê dat wanneer mense doodgaan, hulle weer sal terugkom.’ Die kieurmannetjie, omdat hy so vreeslik langsaam is, het agtergebly, stilgestaan en dan weer skok-skok vooruitgekom en langs die pad geslaap, sodat hy nie nog die dag op die plek waarheen by gestuur was, aangekom het nie. En toe kom die akkedis agter hom aan, loop baie vinnig en loop hom verby; en so kam hy dan ook eerste aan en vertel vir die mense en sê: Wanneer mense doodgaan, vergaan hulle vergoed.’ En toe die mense daar so sit met hierdie baie treurige nuns, toe sien hulle die kleurmannetjie heeltemal agter-agteraan kom. Hy bereik hulle en vertel vir hulle en sê: ‘Wanneer mense doodgaan, sal hulle weer terugkom.’ Die mense sê toe: ‘Loop! Jou langsaamheid het ons doodgemaak. Die wet het ons al gehoor; dit het glister met die akkedis saamgekom.’ | |
[pagina 105]
| |
Hoe die diere hulle kleure gekry het.(BaVenda-stam. Origineel (tshiVenda) by Ndede ya luambo lwa Tshiveda.)
Dit word gesê dat die kleure van die diere deur die grys muishond geskilder is. Hy het naamlik gepraat en gesê: ‘Hy wat 'n dier doodmaak en my die vleis gee, hom sal ek kleure opskilder.’ Toe die hiëna dit hoor, het hy uitgegaan om 'n dier dood te maak, maar hy self het die vleis geëet. Toe hy klaar was, kom hy aan net met die bene en gee dit vir die grys muishond, Die grys muishond sê: ‘Gaan op jou maag lê, dan sal ek jou verf.’ En hy sê: ‘Hierdie mens behandel my sleg; ek sal hom ook so behandel.’ Toe hy dit sê, smeer hy die hiëna daardie opsigtelike lelike kleure van hom op.
Die tier het ook uitgekom en het op jag gegaan. Hy het 'n dier doodgemaak en vir die muishond sy maag vol gegee. Toe sê die muishond vir hom ook: ‘Gaan op jou maag lê.’ En hy sê ook: ‘Hierdie mens behandel my behoorlik; ek sal hom ook so behandel.’ En toe verf hy hom daardie mooi kleure van hom op. Die goeddoener doen die goeddoener goed,
Die kwaaddoener doen die kwaaddoener kwaad.
| |
Die dood van die hasie.(BaThonga-stam. Origineel (shi-Ronga) en vertaling (Frans) by H.-A. Junod: ‘La tribu et la langue Thonga.’) Tussen die hasie en die hoender het daar groot vriendskap bestaan. Nou gaan meneer Hasie een slag by sy vriendin kuier. Juffrou Hoender sê toe vir hom: ‘Môre, as jy kom, sal jy vind dat ek nie hier by die huis is nie. Jy sal vind dat ek uit is om te gaan vis.’ Meneer Hasie gaan weer na Juffrou Hoender toe, vroeg in die môre. Toe sê die vrouens vir meneer Hasie: ‘Jou vriendin is weg; sy is uit om te vis.’ Die hasie sê toe: ‘En hierdie hoender dan wat nie 'n kop het nie, is dit nie sy nie?’ Toe praat die ander vrouens uit en sê: ‘Dis sy. Net haar kop het weggegaan om te vis, en haar liggaam het agtergebly. Kyk maar; sy haal mos asem.’ Meneer Hasie sê: ‘Goed, ek sal bly om te kyk hoe die kop terugkom van die visvangs af.’ Nou het sy natuurlik haar kop tussen haar vere weggesteek. Die dag verstryk. Toe sê hulle: ‘Loop soek vir haar by die water.’ Hy gaan uit en weg om die kop van die hoender te soek. En die vrouens het na die rivierkant toe gegaan, en vis gekoop, en dun lyntjies in die water gesit om hul nat te maak. Hul kom toe terug, sit die lyntjies in die son, en die hoender het hulle ook nog daarby gehelp. | |
[pagina 106]
| |
Meneer Hasie kom terug sonder dat hy haar by die rivier gevind het. Hy sê toe vir die hoender: ‘Ou vriendin, ek wag vir jou al so lank!’ Sy sê: ‘Dit kom nie daar op aan nie! Hier, vat hierdie vis!’ Hy sê: ‘Goed.’ Die hoender sê: ‘Môre sal ek by jou kom.’ Meneer Hasie sê: ‘Jy sal vind dat ek ook my kop afgesny het om te gaan vis.’ Die hoender staan baie vroeg op en gaan naar die huis van die hasie toe. Sy vind daar die mense in treurigheid, want die hasie het sowaar vislyntjies mooi klaargemaak, en toe sy kop afgesny en is dood. | |
Hoe die dassie sy stert verloor het.(AbakwaSoeloe-stam. Origineel (isiSoeloe) by H. Callaway: ‘Nursery tales, traditions and histories of the Zulus.’)
Dit word gesê dat die dassie nie 'n stert het nie omdat hy 'n boodskap deur middel van ander gestuur het. Want op die dag toe die sterte uitgedeel is, was die hemel met wolke bedek. Nou het die ander uitgekom om hulle sterte te kry daar waar hulle te kry was; maar die een was verhinder om met hulle saam te gaan, en hy stuur, 'n boodskap na al die diere wat sterte gehad het en sê: ‘Ag, liewe mense, kry jul tog vir my die stort wat myne is. Ek kan nie uit my holletjie kom nie, want dit reent.’
Nou ja, die ander kom terug met sterte. Maar hy, hy was nog altyd sonder stort, want hy wou mos nie uitkom terwyl die lug bewolk was nie. Al die voordeel van 'n stert te hê het hy gemis. 'n Stert is mos nuttig wanneer 'n mens die vlieë van hom af wil jaag. En so jaag die dassie tot vandag toe niks van hom weg nie. | |
Hoe die leeu koning van die diere geword het.(BaTshwana-stam. Origineel (seTshwana) en vertaling (Engels) by S.S. Dornan: ‘Pygmies and Bushmen of the Kalahari.’)
Die volstruis was koning, maar die diere het saamgeloop met die leeu. Toe die volstruise so loop, sien hulle tropee ander diere. Nou was die leeu bang vir die volstruis. Toe loop die volstruis voor die ander uit en sê: ‘Loop en maak vir ons diere dood, ons het mos nie tande nie.’ Die leeu het dan ook diere doodgemaak, maar was bang ons te eet. Toe sê die volstruis vir die leeu: ‘Sny dit nou vir my klein.’ En toe eet hy net die lowers, omdat hy nie tande gehad het nie. Die leeu het al die vleis opgeëet, en toe gaan hulle uitmekaar. Toe hulle uitmekaar gaan, toe brul die volstruis, en die leeu het ook gebrul. Maar tog was die leeu bang om teen die volstruis te brul. Op 'n ander dag gaan die leeu vir die volstruis sien, en kom by hom terwyl hy | |
[pagina 107]
| |
slaap. Die volstruis lê daar en slaap met sy bek oop. Toe die leeu die oop bek van die volstruis sten, toe sê hy: ‘My koning het nie tande nie, hy kan nie doodmaak nie.’ Toe word die leeu koning van die diere. | |
Hoe die Bahuruthse hulle totem verander het.(BaHuruthse-stam. Origineel (seTshwana) opgeteken deur die skrywer.) Die BaHurutse van die ou dae het mos die eland as totemdier gehad. Dit wil ook sê hulle mag nie van die vleis van die eland eet nie, hul mag dit selfs nie aanraak nie, hul mag selfs nie aan die vel of horings vat nie. Nou wou hulle tog so graag van die vleis van die eland eet, en ook die binnevet gebruik vir die seremonie waarby hul die binnevet om die hals van 'n persoon hang. Toe kom die ou mans bymekaar in die vergaderplek van die mans, en beraadslaag hoe hulle die wet omtrent die eland kan verander. Toe sê hulle: ‘Ons sal 'n ander dier as totem neem.’ Dit word aangneem. Toe beraadslaag hulle oor watter dier hulle as totem sou neem. Hulle sê toe: ‘Die bobbejaan is die dier wat nie binnevet het waarmee 'n mens die seremonie kan uitvoer nie, en die bobbejaan se vleis sal tog ook niemand eet nie.’ Toe neem hulle die bobbejaan as nuwe totemdier. | |
Meneer haas en meneer skilpad.(passim. SeSotho-origineel by P.E. Schwellnus: ‘Padisho I.’)
Op 'n seker oggend het meneer Haas na sy tuin gegaan om groengoed te eet en is toe agternagesit deur honde wat geblaf het, maar hy het vinnig weggeloop en het hulle afgeskud.
Toe dit lig word, sit hy daar in die son vir homself te verwarm, en prys sy pote en sê: ‘Hulle het my deur hulle vlugheid gered.’
Toe kom meneer Skilpad, en hy sit ook en verwarm homself in die son. Meneer Haas skimp toe op die skilpad en die pote van die skilpad, en sê: ‘Dis tog maar klein ou pootjies wat jy het; jy kan nooit 'n resies wen nie.’
Meneer Skilpad sê: ‘Ek kan jou tenminste verbyloop!’ Die Haas lag en sê: ‘Môre sal ons teen mekaar hardloop.’ En meneer Skilpad sê: ‘Dis goed.’
Die skilpad gaan huis toe en sê vir sy vrou: ‘Môre, as die hoenders kraai, gaan jy na die grensklip wat aan daardie ander kant van die tuin is, en steek jou daar weg. En wanneer die haas daar dan aankom, sê jy. ‘Ek het allank aangekom.’ | |
[pagina *8]
| |
KOTTLER.
3. CHARLOTTE (Gips). | |
[pagina 108]
| |
Sy vrou maak ook so; sy is weg toe dit nog donker was, gaan na die grensklip van die tuin en steek haar weg. Toe die son opkom, gaan meneer Skilpad na die tuin en staan daar by die grensklip. Meneer Haas kom en sê: ‘Môre, ou stomppootjies!’ Meneer Skilpad sê: ‘Môre ook, ou langpootjies!’ Die haas sê: ‘Kom ons gaan teen mekaar hardloop’, en begin te draf. Die vrou van die skilpad hoor hom aankom, kom uit en sê: ‘Ek het dan lankal aangekom!’ Die haas is verwonderd en sê: ‘Genade! Toemaar, laat ons weer terughardloop.’ En hy hardloop met al sy mag. Net toe hy terug aankom, kom meneer Skilpad weer uit en sê: ‘Man, ek is lankal hier!’ Die haas is weer van vore af aan die hardloop, en elke keer loop hy die koers weer oor en sê: ‘Ek gaan daardie skilpad nog verbyloop!’ Op die ou end verloor hy al sy asem en sterf. Die haas sê: ‘Ek is gou.’ Die veld sê: ‘Ek is breed.’ G.P. LESTRADE. |
|