Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929(1929)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 95] [p. 95] Aan die Beiaardier. Trap pedale, Vuis die toetse, Lui die klokke Beiaardier! Daar is nuwe Jong geslagte Vol van kragte, Vol van vuur! Steek die stywe Olie-fakkels In die vlamme - Gee ons lig. Daar is nuwe Lewensarbeid, Nuwe bouwerk Te verrig. Trap pedale, Vuis die toetse, Lui die klokke Beiaardier! Word die oue Nou begrawe, Laat die nuwe Bo-toon vier. Laat ons wegkom Van ruïene, Trane-sugte En verdriet, Daar die toekoms Nuwe uitsig Aan ons nasie Hier wil bied. Speel 'n nuwe Liederwysie, Soet en kragtig - Speel dit fier. Trap pedale, Vuis die toetse, Lui die klokke Beiaardier! HEIWEE. Vorige Volgende