Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929(1929)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 96] [p. 96] Hart van Hialmar. 'n Helder nag, yskoud die wind. Die sneeu is rood bevlek. Hier lê 'n duisend kloeke jonkmans, hier slaap hul sonder graf roerloos, met swaard in hand, en oë bleekwit wydgerek. Bo krys 'n swerm kraaie, wentlend, swewend op en af. Die kil halfmaan se spookwit dowwe skynsel glim verweg. Hialmar lig hom op. - Die dooies lê hier ver en wyd - steun op sy swaard, met albei hande om die hef gevleg. Af langs sy sy glinster en gloei die purper van die stryd. ‘Vanmôre nog het hul gelag, uit volle bors gesing soos merels wat oor koringvelde styg en daal, so vrolik, sterk en jonk - en nou hier in die skemering helaas! Is daar nie van hulle wat nog asem haal? Almal is stil. My helm stuk, my harnas is vergruis, die skroewe los, die byl het mokerslae my gegee. My oë bloei. Ek hoor 'n eindloos diepe dof gedruis soos van die wolwe of die verre dreuning van die see. Kom hier, swart kraai, jy wat so fluks ons liggame verslind! Skeur met jou ysterbek my boesem oop wat jou versper. Net soos ons werklik is sal jy ons almal môre vind. En dra my hart nog warm na die dogter van Ylmer. In Upsal waar die Parle van die lekker rooi bier drink - Sweef o so vlug daarheen, jy wat die hemelruim deurvaar! - ensing in bly refrein, en luid die goudbokale klink, soek daar na my verliefde en gee my hart aan haar. Bo in die toringtop waarom die rawe swaai en gaan, sal jy haar wit sien staan, met hare golwend swart en sag. Twee silwerringe, tinklend aan haar ore, fyn beslaan, en helderder haar oë dan die sterre in die nag. [pagina 97] [p. 97] Gaan, droewige gesant, en sê dat ek haar minnaar is, wys haar my hart, sê dis die hart van my, o neem dit der! Sy sal erken dis rood en sterk en kragtig fier en fris; en sy sal vir jou glimlag, sy die dogter van Ylmer! En ek, ek sterwe. O, deur twintig wonde vloei my gees. Drink, wolf, my purper bloed. My lewe om, my dag aan kwyn, jong, glimlaggend en vry, en vlekloos, onbevrees, tussen die Gode sal ek plaasneem, in die sonneskyn! Uit die Frans van Leconte de Lisle, deur UYS KRIGE. Vorige Volgende