Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929(1929)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 89] [p. 89] Bekentenis. Ek ken die dae warm van woeling in gange van beslommernis, en ure grou van haatlikhede, versomber soos in môre-mis. Ek ken die dae vol strydgedoente, aanstormend wild soos golwesee wat gruiswit tuimel oor die rotse, met niks meer wins as skuim en wee. Ek ken die dae - soos dorre akkers deurstreep hul my herinneringsland, daar bloei g'n aandblom uit die vore, daar spruit g'n rooitulp uit die sand. Ek ken die dae - soos rooi-grou rotse staar hul my aan, die woesterny, en grynslag in die môreskemer, en grynslag as die oujaar skei! Ek het my siel in heetste woeling, in vrugtelose kommer-stry, 'n bly-gebore glans geware.... sy spore-skim het my ontgly. Die nyd van daad het my ontrowe my heimelike klankgenot.... Ek soek hom in die skemer-ure, maar ag, my soek word reine spot. Ek ken die dae, die naar-gelyfde, die dae sonder hart-verbly, hul grynslag in die môreskemer, hul grynslag as die oujaar skei! D.F. MALHERBE. Vorige Volgende