Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929(1929)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 87] [p. 87] Aan die kind op die Vrouemonument. Daal soos die sneeuvlok wit, Daal na 'n stilwit graf, sonder 'n mens wat bid vir jou, of vriende se klag. Lê jou saggies neer moeg van lewensswoeg, 'n vlok van die mensesfeer, donker en somber genoeg. Smelt soos die sneeuvlok weg met lewensverandering, neem van die sonskyn saam om nuwe lewe te bring. Maar net 'n sneeuvlok smelt, net suiwerste blank donskristalle. Daars bene wat nòg bleik op die veld, of in Konings se dodehalle. Die sneeuvlok se lewe was rein. Ons gun hom die sagte rus. Of is daar nog harte so klein, wat 'n sneeubal gooi vir 'n kus? Hamburg, 25ste Jan. 1929. P. DE V. PIENAAR. Vorige Volgende