Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929(1929)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 82] [p. 82] Blou en Geel. Die herfs daal saggies oor die land in gloriekleed van geel en blou, sluimer op veld en asvaal rand soos sagverdwaalde skemerdou... Die herfs! A, hier is geen geweld, geen ysgekorste winterkou: geel gerwemantels dek die veld, onder 'n helder hemelblou. Dis blou en geel die wêreld rond! Ag, kon my lewensherfs maar wees geel gerwe op die sielegrond, blou heldernis in hemelgees; geel van die sonlig en die maan, blou van 'n rein gedagtesee, geel rypheid van 'n taak gedaan - en blou, geseënde sielevree! FRANCOIS PIERRE ROUSSEAU. Vorige Volgende