Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929(1929)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 25] [p. 25] Die Stad. Dak aan dak en huis aan huis, Grou-swart bondelend opeen, Net soos rou-beklede moeders Wat 'n groot verlies beween. Uit die wye wolkewade Sak 'n skemering grou daaroor, Om in dikgeweefde swye Al die moedersmart te smoor. Pikswart punt 'n toring teen Wydgespanne awendboog, Soos 'n noodkreet wat verstar is Wyl dit opskiet na omhoog. Eitemal. Vorige Volgende