Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929(1929)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 26] [p. 26] Geselligheid. Woedend, woedend loei die winterwind By ieder inval deur die skoorsteenpyp; Die kaggel gryns; sy vlamme-vingers gryp Verwilderd na die winde wat verswind Om weer hul legioene te verbind Tot nuwe stormloop met winterryp, En weer, verfrommel deur die vlamme-gryp, In warrelende woede te verswind. Die vuurherdlag bestraal 'n vriendekring; En kelkies warm wyn word aangebring, Die rooitand-kaggel daardeur kort begluur - Soos fynhoutvonkies knetterend spat en bewe, Spartel spot en liefde, lag en lewe Heen en weer by vriende om die vuur. Eitemal Vorige Volgende