Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929(1929)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 20] [p. 20] Groet. Ek hoor die Lente se mantel ruis, sy gloriemantel ruis oor die lande, dit blink in die dou van suikerbosrande en fonkel in die pad se gruis. Dit suisel-sing in jong groen koring en plooi in die vleie se kuil-ferweel, dit ruis in blompronk van vlakte-doring, oor die ou ou Karo se gousblomgeel. Dit ruis oor slymgras van watervalwande Waar die botterboom blink in die lig van die maan, in die silwersy van tonteldoekrande voor die dagbreek die nanagsterre verslaan. Ek hoor die Lente se mantel ruis as die siel van my nasie rys uit verkwyning, en kennis, selfkennis se daeraadskyning die sluimerland vang waar skaduwees huis. Die grootpad word sigbaar deur bloeiende tuine, deur ploegland en braakland in môre-grou, die grootpad deurslinger ver glansende duine, en agter versterwe die nanag se rou. Ek hoor die Lente se mantel ruis, en geeskrag skuif ope die sluimergordyne, en wilsdade fonkel soos warm robyne, en perlemoer blink in die grootpad se gruis. D.F. Malherbe. Vorige Volgende