Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929(1929)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 15] [p. 15] Hier in die Wereld... 1. Waar bliksem slaan en donder dreun, Daar het ek eens 'n vrou hoor kreun. Daar het ek eens 'n lyk gesien - Die arme man het dit nie verdien. Hy 't swaar gewerk, en hy was trou Aan God en Kerk, aan volk en vrou. Toe kom die weer, en blits hom neer - O Goedheid Gods, wat maak jy seer! 2. Hier in die wêreld swoeg ons, Daarbo sal dit beter gaan. Maar waarom ons so moet swaarkry - Dit sal ons nooit verstaan. Hier in die wêreld ploeg ons, Die oeste die kom en vergaan. En of ons die werk ooit klaarkry - God weet, en Hy verstaan... A.D. Keet. Vorige Volgende