Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929(1929)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 14] [p. 14] Oujaarsaand. Die wind golf oor die koringakker aan, Maar agter het die deining toegeslaan, En d'aandrooi weet nie waar die spore staan: Daar's dinge wat verbygaan en vergaan. Daar's dinge wat, ofskoon hul spoedig sterf, Soos 'n komeet wat deur die ruimte swerf, Vir ewig leef, en oor-en oorgeërf, In duisend harte heiligheid verwerf. Die Tyd vervolg sy gang van jaar na jaar, Bou somers en vernietig sonder spaar, Die eie bouwerke om opnuut te bou; Die siel alleen, sy skoonheid, bly behou, Om onverwelk, onsterflik te bly groei, Met lag en liefde in geluk te bloei. Th. Wassenaar. Vorige Volgende