Fichardt, ‘Die drie Dogters’ van P.R. Gauche, ‘Die Burgemeester van Slaplaagte’ deur Jochem van Bruggen, ‘Onder bevoorregte Mense’ van Marie Linde, ‘Eensaamheid’ deur Eva Walter, ‘Oogklappe’ deur Meg Ross, wat kort daarna verskyn het. Later het nog enkele verdienstelike romans verskyn, nl. ‘Die Meulenaar’, 'n plaasroman uit die Westelike Provinsie, deur dr. D.F. Malherbe, ‘Dina en Lalie’ van Marie Linde, ‘Ampie II’ van Van Bruggen, en ‘Langs die Grootpad’, 'n plaasroman uit die Vrystaat, deur C.M. van den Heever.
In 'n paar van die werke speel die arm-blanke 'n vername rol, maar die plaaslewe begin gelukkig ook meer aandag geniet. Een van die vername motiewe is egter die botsing tussen oud en nuut. Dit kon ook nie anders nie. Toestande het so verbasend snel verander dat ons in 'n uiters kort tydjie van 'n landelike tot 'n fabrieksmaatskappy ontwikkel het. Afgesien van die gewone behoudendheid van die ouer geslag, moes dit onder sulke omstandighede baie meer verskerp word. Dis nou nie meer die natuurlike konserwatisme van die ouers, soos die kinders dit sien nie, maar dis die behoudendheid van die ouer geslag in die landelike maatskappy teenoor die jongeres wat hulle, wat vrysinnigheid betref, 'n paar geslagte voor is. Want die jonger ontwikkelde Afrikanner uit die gewone plaasomgewing, in die meeste gevalle, het kennisgemaak met die nuutste idees van die Europese kunstenaar, soos die dit, miskien in sy dekadente kuns, aangevoel het.
Die Afrikaner-kunstenaar wat onder dergelike invloede staan, besef instinkmatig dat hy versigtig moet optree, want min mense hou daarvan om hulle heeltemal los te breek van die oue en onbetrede, vir sy omgewing ongedroomde, bane te volg.
Onwillekeurig sal die kunstenaar hom dus in 'n seker mate as kind van sy omgewing daarby aanpas, maar die drang sal, hoe langer hoe meer, groei om nuwe rigtings in te slaan om daarop vir sy mense voortrekkerswerk te verrig.
Die skrywers wat die eerste van hierdie tradiesie sal losbreek, moet die meer ontwikkeldes wees, dié wat betreklik op hoogte van sake van party van die Europese letterkundes, maar veral van die teenswoordige roman, is.
Kyk ons terug op die weg waarlangs ons prosaverhaal die laaste jare ontwikkel het, dan merk 'n mens reeds hierdie ‘Europese’. Dit kom in die eerste plek uit in die behandeling van tiepies Afrikaanse onderwerpe in 'n Afrikaanse omgewing. Goed kom dit al uit in ‘Japie’. Die skrywer het hierdie jong denker in sy puberbiteitsjare uit sy natuurlike plaas- in die vreemde stadsomgewing oorgeplant. Hier staan hy voor allerhande probleme wat hom nog meer dwing om te dink, en wat tot dade moet voer wat vir sy vroeër omgewing niks anders as rebels moet wees nie. In die vreemde stedelike om-