De Nieuwe Stem. Jaargang 16(1961)– [tijdschrift] Nieuwe Stem, De– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 432] [p. 432] Ingrid Jonker Die kind wat doodgeskiet is deur soldate in Nyanga Die kind is nie dood nie die kind lig sy vuiste teen sy moeder wat Afrika skreeu; skreeu die geur van vryheid en heide in die lokasies van die omsingelde hart Die kind lig sy vuiste teen sy vader in die optog van die generasies wat Afrika skreeu; skreeu die geur van geregtigheid en bloed in die strate van sy gewapende trots Die kind is nie dood nie nòg by Langa nòg by Nyanga nòg by Sharpeville nòg by Orlando nòg by die polisiestasie in Phillipi waar hy lê met 'n koeël deur sy kop Die kind is die skaduwee van die soldate op wag met gewere saraseens en knuppels die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings die kind loer deur die vensters van huise en in die harte van moeders die kind wat net wou speel in die son by Nyanga, is orals die kind wat 'n man geword het trek deur die ganse Afrika die kind wat 'n reus geword het reis deur die hele wêreld sonder 'n pas Vorige Volgende