De Nieuwe Stem. Jaargang 9
(1954)– [tijdschrift] Nieuwe Stem, De– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 101]
| |
[pagina 102]
| |
Wit HingsU het, O, God
U hande weereens
aan sy ongetemde hart geslaan,
die fyn-gesponne,
wit sydrade van U vingers
dieper in die rooi vlees
in laat keep,
totdat 'n siddering,
soos van die vlerke van 'n vlinder
waarop daar 'n reënboog span
geril het, en die bloed
in elke polsend aar moes stol.
Toe kom 'n druising
soos die donder-dreuning
van 'n wilde perde-trop
in die swart chaos van angs gevang,
met rooi-swart bloed en geel-wit skuim
wat vladder uit elk sidderend
neusgat en wydoop-gesperde muil.
En toe bokant die storm-getrommel
en suur stank van groen strome sweet
pers 'n enkel hoë-noot angsgeskril
van 'n haelwit hings
wat in 'n slaggat trap en val....
In die skadu van U eensaamheid
het 'n swart-bruin glasig oog gebreek
op die maanlig strale van U wil.
|
|