| |
| |
| |
Uys Krige
Alle paaie gaan na Rome
Persone
vrou |
kind |
eerste meisie |
tweede meisie |
soldaat en |
ses soldatestemme |
[Waar die soldate onder mekaar Engels praat, stel dit hul eie taal voor of dit nu Afrikaans, Engels, Frans of Pools is. Die Afrikaans deur die hoofdpersone gebesig, dui natuurlik Italiaans aan. Waar 'n amateurgroepje min middele tot hul beskikking het, kan hulle die stuk feitlik sonder dekor teen 'n gordyn opvoer.]
Die pleintjie van 'n eensame dorpie hoog tussen die Abruzziberge teen die einde van Oktober 1944. Agter dwars oor tooneel, vier drieverdieping-huise van 'n grysklip wat baie soos graniet lyk. 'n Lugaanval, etlike maande vantevore, het diep spore op die huise agtergelaat. 'n Bom het die heel huis regs getref. Al wat van hom oorgebly het is 'n hoop puin omtrent tien voet hoog. Die boonste verdieping van die huis langsaan het ingestort, is nou met die tweede verdieping saamgepers. Daar woon mense in die onderste verdieping, want deur 'n oop deur gewaar ons 'n ingemesselde boerevuurherd en 'n paar groot blink koperkastrolle wat teen die muur hang. In 'n nis buite teen die voorkant van die tweede verdieping staan daar 'n beeld van Maria met die Christuskind in haar arms. Sy is omtrent vier voet hoog en glad nie beskadig nie. Die twee huise links het in hul geheel bly staan: maar hul mure is vol krake en splete en waar vroeër vensters was, is daar nou net gapinge of is hulle toegespyker met planke of stukke blik of karton. Die huiswande dra die tipiese Italiaanse muurskrifte van die tyd soos: w matteoti; w gramsci; m il rey; m mussolini; w i partigiani; w i sud-africani; w stalino; roosevelt churchill: abasso il fascismo... Reg oor die front van die gebou heel links is daar in groot swart letters geverf: welcomes the englishes and americanos. 'n Paar van Mussolini se ou slagspreuke soos obbedire combattere vincere is nog vaag teen die mure sigbaar ondanks alle pogings om hulle af te skraap.
In regterhoek van toneel agter en bokant puinhoop van verpletterde gebou, troon daar in die verte 'n sneeubedekte spitspiek teen 'n staalblou hemel op. Hoewel dit al teken is van die majestueuse Appenyne rondom, oorheers die enkele piek tog die hele toneel juis omdat hy so skoon en suiwer en volkome ongeskonde en afsydig lyk temidde van al die aanduidings van verwoesting en menslike ellende hier in die onmiddellike voorgrond.
| |
| |
Die grootpad na Rome oor die berge oorkruis die plein aan sy linkerkant, is dus net van die toneel af. Dis al laat, ongeveer halfvyf in die middag. In die middel van die plein staan daar 'n ou houtbank waarop 'n dogtertjie van omtrent elf jaar sit. Sy het 'n bruin rokkie aan en haar hare is met wit strikkies in twee lang vlegsels vasgevat. Sy kyk pal voor haar uit - oor koppe van die gehoor heen - haar gesig sonder uitdrukking. Net haar groot bruin oë wys dat sy volkome bewus is van alles wat om haar gebeur. Op die bank langs haar, aan die een kant, is 'n mandjie vol allerlei voorwerpe bedek met 'n wit doek; aan die ander kant, 'n handtas met 'n riem daarom.
vrou staan net agter kind. Sy is tussen vyftig-en-sestig jaar, van middelmatige hoogte, sien daar sterk en gesond uit. 'n Paar grys hare wys tussen haar pikswart hare wat van haar kop af weggekam is. 'n Groot kalmte en waardigheid spreek uit haar hele houding. Haar gelaat het daardie byna klassieke reëlmatigheid en strengheid wat 'n mens dikwels onder die Italiaanse boeremense aantref. Tog word die strengheid getemper deur die sagte lig in haar oë en die teerheid van haar uitdrukking in sy geheel. Sy het 'n lang zwart rok aan. Al wat die swart afwissel, is 'n wit kragie om haar nek en 'n groenerige lintjie voor haar bors met vyf silwer sterre daarop.
[besorgd]
Is jy moeg, Gina? [Sonder die minste uitdrukking op haar strak gesiggie, knik kind met haar kop.] Fooi tog, arme kind... En dis goed te begrype... Ouma word al self 'n bietjie moeg... van al die rondstaan en wag....vanaf tienuur vanmôre... hier op die koue plein... Ja, so'n gedurige wagtery maak mens moeër as die hardste werk... Maar, skat, daar sal wel 'n trok kom wat na Rome gaan en nie vol is... en ek is seker, ek weet, hy sal ons saamneem... en dan sien jy weer vir Mammie... eindelik na al die maande... sommer vanaand nog... Jy weet, Rome is nie ver nie... en hierdie pad deur die berge is 'n goeie een... Onthou jy nog hoe ons met hom gekom het vier maande gelede? ['n Pouse.] Ja, liefling, as hulle ons nou oplaai, is ons binne drie uur in Rome... by Mammie ...in jou eie huis, dink net daaraan... met jou poppe en jou speelgoed... Ons moet net geduldig wees, nie moed verloor... nie nou teruggaan na Oupa nie... al is ons moeg ...en al is ons koud... Want nou's ons kans, ons allerbeste kans... Jy sien, so teen die aand se kant is daar altyd baie meer verkeer op hierdie pad as gedurende die dag. Want die meeste trokke kom van ver... van plekke soos Vasto, Pescare, Sulmona... en hulle vertrek na die middagete... kom dan eers teen sononder hier verby... Kyk bietjie [sy wys met regterhand in richting van gehoor]. .. die vallei daaronder is al die ene skaduwee... [Sy lig haar kop op.] Nog net 'n halfuur, dan duik die son agter daardie piek weg... ['n Pouse.] Net 'n kort rukkie nog... jy verstaan, nè, my ou kindjie? [kind knik weer langsaam.] Goed, dis mooi... dan verstaan ons mekaar... soos altyd, nie waar nie, Gina? [kind kyk met 'n flou
glimlaggie skuins op na vrou,
| |
| |
knik nogmaals bevestigend.] En kom daar binne die volgende halfuur geen trok nie, stap ons aan... voor dit donker word... terug huis-toe, na Oupa... en kom ons mòre weer. Maar ek weet, ek is seker, dié keer sal ons gelukkig wees. Wag maar, jy sal sien... ['n Pouse. vrou luister aandagtig.] Gina, luister bietjie! Vergis ek my? Of hoor ek hom? 'n Hele ent weg... daardie dowwe gebrom wat die trokke altyd maak... as hulle nog op die gelyk pad is daaronder... net voor hulle begin klim... [Al teken dat kind gee dat sy ook luister, is dat sy nou penregop sit. Dan knik zy 'n paar maal vinnig.] Ja, dis hy, hier kom hy! [vrou trek tjalie stywer om haar skouers.] Wag, ek moet pad se kant toe staan... [Geluid van naderende vragmotor word sterker. vrou stap vinnig oor toneel, gaan heel links voor staan. Ons sien vrou dus nou in profiel soos sy daar op rand van plein wag vir vragmotor om verby te kom. Voertuig begin kletter oor verrinneweerde straat.]
[wat haar hand oplig in 'n gespanne, reikhalsende houding.]
Meneer! Stop, asseblief! Stop, asseblief, meneer! ['n Geknars van remme wat aangeslaan word. Vragmotor het tot stilstand gekom.] Dag, meneer. Dankie dat u gestop het, meneer... gaan u dalk na Rome?
[simpatiek]
Ja, ek gaan na Rome, mevrou, maar...
[snel]
Sal u ons nie asseblief saamneem, meneer... vir my... en my kleindogtertjie... [sy wys met hand na kind] die outjie wat daar op die bank sit? Asseblief, meneer...
Ek is jammer, mevrou, maar ons is vol.
Ons sal nie baie ruimte in beslag neem nie, meneer. [Met 'n glimlag.] Ek is nie alte vet nie, en Gina's maar 'n klein ou mensie...
Die trok is stampvol, mevrou. Kyk net bietjie agter in.
Dis baie, baie dringend, meneer. Daardie dogtertjie is stom. Sy kan hoor, maar nie praat nie. In die lugaanval op Rome verlede jaar - die laaste een net voor jullie in Italië geland het - is haar pa gedood, was sy ook in die stasie toe die bomme daarop val. Daarna het sy nooit weer gepraat
| |
| |
nie. Toe Rome vry kom, het die hoof van jul troepe wat hierdie dorp bevry het, hy 't 'n maandlank hier in Castelmánica gebly, 'n sekere majoor Ross... ken u hom?
Nee, mevrou... u weet, daar's baie majore in ons leër.
'n Baie goeie man, meneer... opreg en edel, ja, edel van hart... hy 't my in sy motor na Rome geneem. En hy 't gesorg dat hulle my transport terug gee hierheen. En toe bring ek klein Gina saam. Want ek het gedog: dalk doen die verandering haar goed, gee dit haar spraak terug. Maar dit het haar nie haar spraak teruggegee nie...
[bot]
What's the old woman babbling about?
Quiet... I'm listening to her story...
They could spin you any old story and you'd swallow it!
[half paaiend]
Okay... okay...
Nou skryf haar ma ek moet haar so gou as moontlik terugbring. Went daar het 'n beroemde dokter aangekom uit Florence en hy's besig om 'n hele klompie kinders te behandel wat, net soos Gina, hul spraak verloor het. 'n Hele paar het al reggekom...
Ek verstaan, mevrou, en ek sal u graag wil help. Maar ek kan nie. Dis onmoontlik.
[alsof sy soldaat se jongste sin glad nie gehoor het nie]
En die behandeling's vry, die Regering betaal daarvoor.
| |
| |
We can't give her a lift! We're overloaded already!
I know we can't. But it's difficult to refuse her. She's a special case...
A special case! They're all special cases, hundreds and hundreds of 'em, in every damn town and village, even on the cross-roads in the country, all wanting a lift. What do they think we are? A travelling circus? What do they think we're doing? Running a free bus service or fighting a war? If we had to give 'em all a lift, not a single truck would ever get within a hundred miles of our chaps at the front. Tell her we've got a whole gang of her countrymen in the back of the truck and they'll probably pinch our rations.
I'll tell her nothing of the sort.
Tell her if she can't get a lift, why the hell doesn't she take the train?
[kwaad]
For God's sake don't talk such nonsense! You know yourself the Germans blew up all the railway bridges and there are no trains running in these parts!
Don't panic, I was only joking...
Your way of joking at the wrong moment gets me down. [Aan vrou] Regtig, mevrou, ons kan vir u niks doen nie.
Ek sal die kind op my skoot neem...
Ongelukkig sal dit nie die vrag ligter maak nie. U sien, mevrou, ons het reeds nege van u mense agter in die trok. Hulle gaan almal Rome-toe. En, na wat hulle my vertel het, het hulle almal dringende besigheid daar, net soos u... Ons het hulle opgelaai. Ons kan nie nou een van hulle gaan uitskop nie.
| |
| |
[langsaam]
Ja, ek verstaan... dit sou nie reg wees nie...
Ons is reeds oorlaai. En as ons u nou nog oplaai, gaan staan ons teen die eerste opdraend, daarvan is ek oortuig. Ons het al die heeldag moeilikheid met die motor. ['n Pouse.] Maar ek sal u sê wat u kan doen. Daar's 'n maat van my in 'n trok net agter ons. Toe ons in die laaste dorpie saam stilgehou het, was sy trok nog taamlik leeg. Stop hem en vra hom om u op te laai. Sê vir hom dis ek wat u by hom aanbeveel het.
[gelate]
Goed, ek sal dit doen, meneer... baie dankie...
Mevrou, hier's 'n pakkie sigarette...
[tree effens terug]
Dankie, meneer... maar ek het niks nodig nie...
Asseblief, mevrou, neem dit... ek weet hoe skaars sigarette onder julle mense is.
Ja, alles is duur deesdae, verskriklik duur...
Gee dit aan u seuns. Hulle sal dit waardeer... dis goeie sigarette.
[stil]
My seuns is dood...
[na 'n kort pouse]
U man... leef hy nog?
Gee dit aan hom, mevrou...
| |
| |
Goed, meneer... Hy't drie maande laas gerook. ['n Oombliklank is sy af van toneel om sigaretpakkie van bestuurder te neem. As sy weer op toneel is:] Dankie, baie dankie...
Totsiens, mevrou... en stop my maat, hoor!
Ja, ek sal... Totsiens, seuns...
[Vragmotor trek weg. 'n Paar sekondes staar vrou voertuig agterna. Werktuiglik sit sy pakkie in sakkie voor in haar rok. Dan draai sy om, is sy halfpad na kind - wat intussen roerloos op bank gesit het met haar gelaat deurentyd na gehoor gewend - as sy die geluid van 'n tweede vragmotor hoor. Sy hardloop terug na haar vorige posisie links voor. As vragmotor nader, lig sy weer haar hand op].
Asseblief, meneer, asseblief! [Vragmotor kom tot stilstand]. Meem my asseblief saam, meneer!
Maar ek gaan nie daarheen nie.
[verbaas]
U, u gaan nie daarheen nie?
Nee, ek draai af by Avezzano.
Maar u maat het dan gesê u gaan na Rome...
Die een wat nou net hier weg is.
| |
| |
Ek weet nie wie voor of agter my is nie. Ek ry nie in konvooi nie. Ek weet van g'n maat van my op hierdie pad nie. ['n Pouse.] Maar ek sal u saamneem tot by Avezzano. Klim in, mevrou...
Baie dankie, meneer... Maar ek het geen familie of vriende daar nie... die plek is vir my heeltemaal vreemd... en ons dorpe het deesdae geen herberge meer nie...
Soos u verkies, mevrou... Ek's jammer ek kan u nie help nie. Maar u sal wel geholpe word... Dag... [Vragmotor trek weg].
[terwyl sy hom nog bedremmeld nastaar]
Dag... dankie... meneer...
[vrou stap langsaam na kind. Laasgenoemde se gesig is nog altyd ewe strak en uitdrukkingloos. vrou gaan agter bank staan, lê haar hand met tere besorgdheid op kind se skouers. Albei se gesigte is na gehoor gewend.]
Toe maar, Gina, toe maar... net 'n paar minute nog. Die vriendelike meneer se maat sal nou enige oomblik opdaag. [Daar is 'n vlaag wind oor die pleintjie, want dis of vrou effens terugdeins.] Ai, maar die wind waai koud... die winter's reeds hier... Die laatste week in Oktober en noual so koud... met soveel sneeu op die berge... [Sy kyk op.] Lyk my, dit gaan 'n strawwe winter wees vanjaar... strawwer as gewoonlik... en met soveel meer arm mense as vroeër onder ons... brandarm... sonder kos... en sonder vuur... [Aan kind] Kry jy nie koud nie, liefling? [kind skud kop ontkennend.] Maar jy's daarem 'n taai klein mensie, hè? [Daar gaan 'n rilling deur kind se liggaam.] Maar jy jok, hartjie... [kind skud nogmaals haar kop. 'n Oomblik daarna sidder sy weer.] Natuurlik kry jy koud. Want ek voel self hoe koud is die wind... en ik es warmder aangetrek as jy... Dè, sit die tjalie om jou skouers... [Sy vou tjalie versigtig om kind se skouers. kind probeer eers teenstribbel, maar laat haar Ouma dan begaan.] So, dis beter... jy weet, ek is gewoond aan die koue. Ek is hier gebore, leef al vyf-en-vyftig jaar hier tussen die berge, was nog nooit elders nie, behalwe die paar maal wat ek by julle in Rome kom kuier het. Dis dié dat die koue aan my niks maak nie. [Sy het nou albei hande op kind se skouers. Daar is weer 'n vlaag, want kind ril weer. vrou se hande en arms bewe egter nie. Al teken dat die yskoue wind tog
haar getref het, is die skielike trekkie om haar mond en die feit dat sy haar oë sluit en hulle 'n paar oomblikke toehou.] Ja, niks nie... Jy weet ons mense van die
| |
| |
berge is so te sê van die koue immekaar gesit... Dis net julle wat op die vlaktes lewe... wat nie weet wat 'n werklike winter beteken... wat nie teen die koue weer bestand is nie... Dis dié dat ek bly is jy sal vanaand in Rome wees. Rome... waar dit nooit eers sneeu nie, stel jou voor... [vrou staan skielik meer orent, vat kind vaster aan skouers.] Gina, daar kom hy!
[Gedreun van motor word gehoor. Terwyl vrou vorentoe stap, kom daar twee meisies oor verhoog gehardloop deur ingang regs. Hulle dra jasse - nie te nuut meer nie, maar tog netjies en van goeie snit - en hulle is albei aantreklik. Die een, ongeveer twintig jaar oud, het 'n slanke figuur en pragtige swart hare wat oor haar skouers val. Haar bewegings is sierlik en soepel. Daar is iets selfversekerds en uidagends in haar hele voorkoms en houding. Haar jas is nie vasgeknoop nie, waai oop terwyl sy hardloop om 'n mooi rok te wys van die tipe wat die meer gegoede dorpsmeisies gewoonlik Sondag na die Mis dra. Haar maat, ietwat jonger, lyk stemmiger, bedeesder - maak die indruk van iemand wat nie veel vertroue in haarself het nie, maar na haar vriendin kyk vir leiding. Allebei het 'n tassie in hul regterhand.]
[wat 'n paar tree voor haar maat is]
Maak gou, Laura, maak gou of ons mis die trok! Hier kom hy!
[eerste meisie kom net na vrou by ou standplaas heel links voor aan. Dan is tweede meisie ook daar en nou staan die drie gespanne langs mekaar en wag vir die motor. Gedreun word al luider. Niemand sê iets en hulle kyk ook nie na mekaar nie. As die gekletter ophou, maak elkeen sy pleidooi. Die een uitroep volg snel op die ander. Hulle praat feitelyk gelyktydig.]
Hei, Johnie, neem ons saam! Neem ons saam!
Asseblief tog, meneer! Asseblief!
[grof, ge-amuseerd]
Waar's jul reis heen, mense?
Maar ons kan nie meer as twee oplaai -
| |
| |
[asof dit alreeds beslis is]
Goed, dan gaan ons twee saam [sy neem tweede meisie aan arm] want ons is maats! En maats mag nie geskei word nie, mag hulle? [Sy straal van vriendelikheid - haar houding is nou bepaald koket.] Hoe sou julle daarvan hou as iemand julle twee wil skei?
Spring in, poppies! Gou speel, ons is haastig!
[eerste meisie het haar maat by die hand gegryp, vorentoe gespring - en albei is in 'n kits af van die toneel besig om motor te bestyg. Hulle lag, eerste meisie met iets uitgelate in haar stem, die ander senuweeagtig, half giggelend. Heeltemal verbluf staan vrou daar, sprakeloos. 'n Pouse.]
[half prewelend]
Asseblief, meneer, asseblief... [kind wat omgekyk het toe voertuig gaan staan het, draai haar kop terug na gehoor en begin stil huil.]
But what about the old woman?
[ge-irriteerd]
Well, what about her?
Can't we take her too? She was here first, after all. We saw her standing here as we came up the hill.
We can't split 'em up, can we? And we haven't place for a third!
[diep bewoë]
My, my seuns, meneer...
Anyway, we're not allowed to give civvies a lift!
[terwyl sy met regterhand na lintjie op haar bors wys]
My vyf seuns, meneer...
And what are you worried about? There she's sitting next to you-and she's a bit of allright, isn't she?
| |
| |
Not bad... [Weer bekommerd] But, I think...
Stop thinking! Don't you know you're paid not to think in the army? If you want to think of anything, think of the luck we might have tonight or to-morrow night... if we play our cards well. My love-life's gone to hell since I left home. And you could do with a bit of affection yourself, couldn't you?
That doesn't interest me...
[spottend]
Much! [Baie nugter] They say a tin of bully-beef does the trick. We have a whole box-full at the back, and we'll have given 'em a ninety mile lift. Boy, oh boy, oh boy... look how they're smiling even your shy little one! They seem to be softening up already.
[half-vererge, half-geamuseerd]
O, shut up, man!
Shut up yourself! And don't be such a twirp, be practical, do something for 'em. Get 'em a blanket from behind the seat. It's getting bloody cold. Here we gó!
[Hy trap op versneller, motor kom in beweging. Gedreun sterf weg. vrou sien daar heeltemal verslaa uit. Haar hoof is vooroorgebuig, haar skouers het effens ingeval. Maar dan vernam sy haar, is sy weer die waardige regop figuur van voorheen.]
[terwyl sy nog op ou standplaas staan]
Ek kan dit verstaan... Mens is net eenmaal jonk... en jongmense verkies die geselskap van jongmense... [Sy is halfpad na Kind as sy die gedreun van 'n vragmotor hoor. Sy hardloop terug en 'n paar oomblikke staan sy roerloos op die plein se rand. Dan lig sy haar arm op. Voertuig kletter verby sonder om te stop. Uitgelate, growwe, byna honende gelag word gehoor. vrou laat arm met moeë gebaar val. 'n Sekondelank staan sy in triestige houding van so pas, dan keer sy haar om, stap sy vinnig na kind. Die huil nou harder, met kort droë snikkies tussenin. Sy buig egter nie vooroor nie, maar sit steeds regop met haar rug styf tegen bankrug aan; behalwe vir die eenmaal dat sy omgekyk het was haar gelaat nog altyd soos nou na gehoor gewend. vrou gaan langs haar sit, plaas haar arm om haar skouers.] Toe maar,
| |
| |
Gina, toe maar... moenie huil nie... daar's niks om bekommerd oor te wees nie... Ons wag nog net vir een trok... En as hy nie gou kom nie... ja, liefling, as hy nie binne vyf minute kom nie... dan gaan ons ook... want dit word laat... en kom ons môre terug... [kind het haar kop in vrou se skoot geplaas. 'n Ligte beweging van haar skouers wys dat sy nog huil. vrou streel haar kop en skouers.] Ag, my ou dogtertjie, moenie huil nie... Jy maak Ouma se hart seer, skat, as jy huil... Jy moet probeer sterk wees... Ons moet almal probeer sterk wees... al die miljoene hartseer mense in hierdie ou hartseer wêreld... ['n Pouse.] Jy weet, Ginatjie, jy's nie die enigste wat swaarkry nie. Jy't 'n huis en jy't kos en klere... en daar's baie, alte baie kinders wat nie 'n huis het nie of kos en klere... [die wind vlaag weer oor plein en vrou sidder effens] en in kouer lande as dié... ['n Pouse.] Ja, as mens swaarkry, moet jy probeer dink aan die ander mense wat swaarder kry as jy... Dis moeilik... maar mens moet probeer... en dit help soms... ['n Pouse. Sy buig oor kind.] Huil jy nog, skapie? [kind skud haar kop ontkennend.] Dis mooi, my ou Ginatjie... Jy's flink en braaf... so ken ek jou mos... Wat sê hulle nou weer van ons Abruzzi-mense... sagaardig maar sterk... ja, sagaardig maar sterk... [sy stryk nog altyd met haar regterhand oor kind se hoof] soos jy, my dierbaarste.
[kind lig haar kop op. Sy huil nie meer nie, maak 'n manhaftige poging om te glimlag, maar slaag nie eintlik daarin nie. Met 'n enkele gebaar veeg sy met haar mou die trane uit haar oë weg. Daar is weer 'n vlaag en albei bewe.]
Wag, kom ons stap 'n entjie... dan kry ons 'n bietjie warmte in ons lyf... [Albei staan op. vrou se arm is nog om kind se skouers. Hulle stap om die plein wat reeds in die skaduwee is. Net teen die boonste verdieping van die twee drieverdieping-geboue rus die goue glans van die ondergaande son nog en daaragter vlam die sneeupiek selfs gouer, begin hy die eerste vae aanduiding kry van 'n roosrooi tint. vrou kyk na die piek. Die twee het in die regterhoek van toneel gaan staan. Ook die kind kyk op na berg.] Dis maar alte duidelik, dit gaan vanjaar 'n kwaai winter wees hier tussen die berge... Hy't vroeg begin en dit was so'n droë somer... [Weer, soos plek-plek gedurende haar monoloog, is dit alsof sy met haarself praat.] Ook hier in Castelmánica is daar heelparty mense wat nie 'n huis het om in te woon nie... Maar wat kan mens vir die arme mense doen? Jy het self niks nie... of so min... [Hulle stap reeds weer.] Tog, die kwaad sal verander in goed. Ons mense is vlytig... hul hande staan vir niks verkeerd nie. En al die teenspoed sal hulle nog vlytiger maak... ['n Pouse.] Die dinge wat kapot is... en byna alles is kapot... moet ons weer opbou... sal ons weer opbou... van die grond af... [Weer kom daar 'n windvlaag en bewe vrou ondanks haarself.] Soé, maar so 'n wind darem... hy's ongenadig... [Sy druk kind vaster teen haar aan, versnel haar pas.] Gina, hartjie, as daardie trok nie
| |
| |
nou kom nie, dan loop ons maar... Maar wat kan van daardie drywer geword het? Seker 'n lek in sy band... In elk geval, Gina, Oupa sal bly wees om jou weer te sien... jy weet hoe lief hy vir jou is... En dan maak ek vir ons dadelik 'n bord lekker warm tomatiesop... jy hou mos van tomatiesop... en 'n hele groot skottelvol macaroni... dis mos die kos wat jy die meeste van hou... so warm hy stoom eintlik... en met kaas... ja, met kaas en tomatiesous... presies soos jy van hom hou... eksieperfeksie... jy sal lekker smul, nè, Gina? [kind glimlag op na vrou en vryf 'n paar maal oor haar maag om haar ingenomendheid met plan aan te dui. Hulle het weer gaan staan in die agterste regterhoekie van die toneel. Houding van vrou verander skielik. Weereens is sy die ene afwagting. In die verte word motorgedreun gehoor]. Hier kom hy! Hier kom hy! En as dit daardie soldaat is, dit moet hy wees, kan nie iemand anders wees nie, eet ons vanaand bij Mammie... Wag... [Sy het van kind weggeren na ou standplaas heel links voor.
Met iets aarselends in haar voorkoms en houding volg kind haar dwarsoor die verhoog. Ook op haar gelaat is daar 'n uitdrukking wat 'n groot verwagting aandui. Dan staan sy skugter langs haar ouma aan haar linkerkant, nader aan die gehoor. Sy neem vrou se linkerhand in haar regterhand. vrou hef regterarm op].
[luider, dringender]
Stop, asseblief! Stop! Stop! [Gedreun wat intussen al nader gekom het, verstom.] Neem ons asseblief saam na Rome, meneer!
[baie opgewonde sy praat nou baie vinniger as voorheen]
Asseblief tog, meneer! My kleindogtertjie, Gina hier [sy wys vinnig na kind] is stom, heeltemal stom, kan nie 'n woord praat nie. Daar's 'n dokter in Rome en hy sal haar regmaak! Majoor Ross het so gesê. Majoor Ross het geskrywe ons moet kom, so gou as moontlik... hier's sy brief, meneer [sy haal snel brief voor haar borst uit]. .. majoor Ross se brief, u kan dit self lees... so gou as moontlik, het hy gesê, meneer... en die brief het 'n maand gevat om by ons uit te kom, 'n hele maand, meneer! Neem ons saam, meneer, asseblief, meneer... om u eie kind se ontwil... of u vrou s'n... u moeder s'n... ek bid u, smeek u... in Gods naam...
What's she saying, John? When they talk so fast I can't understand a word.
| |
| |
She says the little girl is dumb, she wants to get her to Rome as soon as possible for an operation.
That's tough... but what can we do about it? Tell her in your best Italian we're sorry, we're not going to Rome...
[wat onder die indruk is die soldate bespreek nou die vraag of hulle haar gaan neem of nie]
Asseblief, menere, asseblief... ontferm u oor ons... soos ons ons oor u ontferm het... [Sy wys na die vyf sterre op haar bors.] Ek het my vyf seuns verloor, menere... al die seuns wat ek gehad het... omdat hulle vir u gevangenes gehelp het toe hulle in die nood was... omdat hulle vir hulle kos gegee het toe hulle nie 'n stukkie kos had nie...
[die man is geskok - 'n mens kan dit aan sy stem merk]
Christ... Wait, hang on, Charles, I'm getting out... I want to talk to this woman.
Okay... but shake it up! It's getting late...
[Soldaat kom te voorskyn. Hy is blond, tipies Suid-Afrikaans en dra gewone ‘battle dress’ wat alle geallieerde soldate in Italie gedurende die winter gedra het].
[sag]
Moedertjie, wat was dit wat u gesê het omtrent u seuns, vertel my...
[vrou is so getref deur soldaat se belangstelling en sy hele simpathieke manier van doen, sy gee 'n oombliklank geen antwoord nie. As sy weer begin praat, is sy haar opgewondenheid kwyt, praat sy stadiger, minder senuweeagtig].
'n Patrollie Duitsers en Swart Hemde het hulle doodgeskiet... Dit was in Oktober verlede jaar... na die Wapenstilstand... toe duisende Geallieerde gevangenes uit die kampe uit tussen ons boeremense ingestroom het... U weet daar seker niks van af nie?
[stil]
Ek weet daar alles van af... Ek was self een van daardie gevangenes. Ek kom nou juis van Sulmona af waar ek gaan kuier het by die boerefamilie wat keer op keer hul lewe vir my gewaag het...
[diep ontroerd, neem sy hand]
Dankie, dankie, vriend... dan ken jy ons... verstaan jy ons...
| |
| |
Dis nie julle wat vir ons moet dankie sê nie, dis ons wat vir julle moet dankie sê.
Dit was ons plig as Christenmense... want het die liewe Here nie gesê ons moet voedsel gee aan dié wat honger is, kleding aan dié wat nakend gaan? ['n Pouse.] Dit was 'n yskoue nag toe hulle by ons aanklop, sewe van hulle... die eerste week in Desember, met 'n wilde wind wat van die berge af waai en ons wingerd drie voet onder die sneeu... Toe ek die deur oopgrendel, val die jongste flou op die drumpel... Johnnie... Johnnie Conradi... arme seun... hy sit seker nog altyd in 'n kamp in Duitsland... Ek het gehuil om hul toestand te sien... Drie jaar opgesluit... en hulle dink hulle is eindelik en ten laaste vry... maar die Duitsers storm hul kamp, skiet op hulle... dan die wilde vlug die berge in... die dors en die hongersnood... en met die winter die verskriklike koue... Ons het hulle 'n week by ons in die huis gehou. Maar dit het al hoe gevaarliker geword. Reeds in September het die Duitsers 'n proklamasie oral opgeplak wat ons gedreig het met die doodstraf indien ons 'n gevangene onderdak gee of help op watter manier ook...
In die Sulmonavallei het hulle precies dieselfde gedoen.
Die Duitsers en Swart Hemde het Castelmánica beset... toe neem ons ons nuwe vriende en 'n klompie ander gevangenes na 'n grot hier halfpad toen die berg op. En elke dag bring my man en seuns vir hulle kos en drank en sigarette. Hulle was almal saam toe die patrollie hulle daar in die wintersonnetjie voor die grot betrap. Hulle was omsingel, niemand had 'n wapen nie, hulle kon hull enie verdedig nie... Net my man het ontsnap... Hulle't op hom geskiet... Toe hy die bos haal teen die hang oorkant die grot, gaan lê hy en kyk hy om... sien hy net hoe hulle ons vyf seuns teen die krans aanstoot en hulle afmaai met 'n masjiengeweer... ['n Stilte. Al teken van vrou se ontroering is die trane wat langs haar wange afloop.] Ek is die liewe God dankbaar hulle is op slag gedood... Sersant Jacobs, leier van die gevangenes, het dit self aan my broerskind gesê toen hulle 'n uur later in die dorp aankom... Dieselfde aand nog het die Duitsers julle mense in 'n trok weggeneem...
['n Stilte. vrou snik nou stilweg. kind sit haar arm om haar en kyk op na haar asof om haar te troos. In die loop van vrou se verhaal het die gevoel van ontsetting wat soldaat beetgepak het, hoe langer hoe duideliker uit sy hele houding gespreek. Nou staan hy daar sprakeloos, soek hy vergeefs na iets om te sê.]
| |
| |
[in 'n skorre stem terwyl hy sy arm om kaar skouers plaas]
Moedertjie... arme moedertjie... ['n Pouse. Dan wend hy hom tot sy maat:] God Allmighty ... did you hear that?
[langsaam]
I heard it all-right...
[met iets wanhopigs en tegelyk opstandigs in sy stem]
And what can you say to her? What can you do for her?
There's nothing you can do... or say...
[stil, asof verdwaas sy die hele toneel weer voor haar sien]
Al my seuns... van my oudste Ricardo... tot my jongste Antonio... Ricardo het daar gelê en sy hand het die grond vasgeklem... asof hy gedink het die aarde sou hom nog help in daardie laaste oomblik... En die medalje wat ek vir Antonio gegee het op sy agtiende verjaarsdag... die medalje van sy Sint, Sint Antonio van Padua... wat altyd aan 'n snoertjie om sy nek gehang het... het hulle van hom afgeskiet... het daar eenkant gelê op 'n graspol... vol bloed... Hier hang hy nou om my nek... [met haar hand raak sy werktuiglik aan snoer] Antonio se medalje...
Jou seuns was helde, moeder.
[langsaam]
Hulle was doodgewone seuns van 'n doodgewone moeder. Hulle het bloos hul plig gedaan... hul plig as Christenmense... Dis ook wat majoor Rost geskrywe het, dat hulle helde was, toe hy my die sterreties gestuur het [sy vat weer ingedagte aan lintjie] en dat ons later vyf medaljes sal kry...
I just can't take this... Charles, give me that blanket of mine - it's behind the seat - and that new shirt in the haversack... I think there are two pair of clean socks, get 'em out too... And give us that extra pair of shoes of yours, I'll get you another pair next time we're in Rome.
That's allright... any time... [Rumoer word gehoor soos hy agter sitplekke vir verskillende voorwerpe soek.]
| |
| |
[met sy arm steeds om vrou]
Moedertjie, luister... Ons sou jou baie graag Rome-toe wou neem. Maar ons kan nie...
[sonder enige uitdrukking]
O...
Dis gans en al onmoontlik. Ons draai by Avezzano af, moet na ons kamp te Caserta. Maar oor tien dae gaan ek saam met 'n konvooi van Caserta na Rome om daar voorrade te gaan haal. By Avezzano sal ek afdraai om jou hier te kom oplaai. As iemand julle dalk môre oplaai - of julle kom op een of ander manier in Rome - dan's dit ook goed, sal ek so 'n bietjie met jou man gesels, vir hom jou adres in Rome vra, jou dan daar in Rome kry en jou terugbring hierheen. Waar is jul plasie?
[wys met die hand na ingang regs]
Langs daardie straat... Net buitekant die dorp word hy 'n plaaspad, loop hy deur die boorde vir ongeveer twee kilometer... dan teen die eerste helling op net onderkant die berg... dis die eerste plasie teen die helling... Casa Felice... almal ken hom... Baie dankie, seun...
Goed dan, dis afgesproke... ons sien mekaar binnekort weer... Wag... [Hy's af van toneel, kom terug met sy arms vol voorwerpe wat sy maat vir hom versamel het]. Mevrou, neem dit as 'n geskenk van ons twee. [As hy sien dat sy onwillig is] Toe, moedertjie, asseblief, asseblief... Dis die minste wat ek kan doen... Die Abruzzi-boere het my tweemaal 'n pak klere gegee, my drie maandelank gevoed. As jy en jou man die goed nie nodig het nie, gee dit dan aan Gina hier en haar familie... of enig iemand wat dit nodig het... asseblief... [Sy neem die voorwerpe. Daar's weer 'n windvlaag. As soldaat sien hoe kind bewe, trek hy gou sy bloese uit, help hy kind om dit aan te trek.] Só... só... trek hom aan... So'n bloese's lekker warm...
Maar jy sal koue vat, kind... so sonder bloese...
Ag wat, daar's nog een in die trok, nou-nou trok ek hom aan... [Aan kind terwyl hy geel knope voor vasmaak]. Só... só... nou lyk jy kompleet 'n soldaatjie. [kind glimlag half verleë en bring haar regterhand net halfpad teen haar sy op in wat lyk soos 'n skemerige poging om te salueer.]
| |
| |
Sê dankie vir die meneer, Gina... [kind knik om dank te betuig.]
[terwyl hy orent kom]
En nou moet ons vort. Totsiens, mevrou... [Hy soen haar op albei wange.]
Totsiens, seun, mag God jou seën... Ek sal jou onthou in my gebede...
[terwyl hy oorbuk om kind te soen]
Totsiens, Ginatjie... een van die mooi dae praat jy so lekker Ouma sal eintlik haar ore moet toestop van al die gebabbel! [Beide vrou en kind glimlag. soldaat af. Mens hoor hom trok se deur toeklap.]
[aan maat]
God, what an experience! I've never been so shaken in my life.
It's a grim war... and it's getting grimmer every day...
And what did the general reckon? He reckoned it was a crusade... A crusade, boy, just think of it, a bloody crusade! [Hy lag bitter, byna smalend. Dan met iets wat aan walging grens:] Yes, we go crusading on the black market... and in the bordellos. And we needn't even do that. We can get a decent woman for a slab of chocolate... Let's get to hell out of here! [Hy trap op versneller.]
Totsiens... [Gekletter soos trok wegtrek. vrou en kind waai nog met die hand. Dan stap hulle na bank. vrou maak tas oop, plaas hemp, skoene en kouse daarin, sluit tas, vou kombers oor tas en slaan riem om albei. Dan neem sy tas in een hand en kind se hand in ander. kind dra mandjie in regterhand.]
[terwyl sy opkyk na berg]
Ons moet aanstryk, Gina... die son is al onder... en dit word nou vinnig donker... [Die son het intussen ondergegaan, die grys dorpie al gryser geword in die skemering. Net die verre sneeupiek staan in die son se tere roosrooi náglans.
| |
| |
Dis of die piek wat so hoog en helder uitstaan bo die donker verpletterde gebou hiervoor, vanbinne gloei daar teen die blougrys kim. vrou en kind stap in richting van ingang regs. Êrens in die dorpie begin kerklokke lui, diep en swaar en langsaam.]
[wat met kind net onder Mariabeeld gaan staan het]
Die Angelus... ek sou nog graag in die kerk wil gaan... maar dis al te laat... ['n Pouse. 'n Tweede kerk kondig die Angelus aan, sagter, fyner, silwerder.] Die klokke... oor Castelmánica... sy velde... sy berge... Oral in Italië, oral in Europa waar daar nog kerke staan, lui die klokke nou... oor die koue verwoeste dorpe... oor die koue verwoeste wêreld...
[Intussen het die glans inniger, teerder geword, begin hy kwyn. vrou kyk op na beeld net bo haar kop. Sy sit tas neer, maak die teken van die kruis, vou haar hande voor haar bors. kind gaan op haar knieë. Hulle staan effens skuins sodat gehoor hulle in profiel sien.]
[stil, baie eenvoudig]
Seën, dierbare Moeder, die twee seuns wat so pas hier in die trok weg is. Behoed hulle teen die gevare van die bergpad. Beskerm hulle as voor in die veglinies kom. En bring hulle veilig terug na hul eie mense...
['n Pouse.]
Moeder van die Liewe Kind, gedink jou Gina, my kleindogtertjie... Wees gedagtig aan haar gebrek. Gee dat ons môre 'n plek kry in een van die trokke. En as die dokter moet sny aan Gina se keel, maak dat sy hand kalm mag wees, kalm soos jou blik, Maria... ['n Pouse.]
En, Vrou, jy wat ook gely het toe jy jou Seun moes afgee, troos die onvertroosbares. Ontferm jou oor die eensames... daar is so baie van ons... [Langsamerhand het daar meer ontroering in haar stem gekom, maar dit bly sterk en suiwer, wordt nooit sentimenteel nie.] En laat ons vergeet... laat ons vergeet. [Pouse.]
Gee ons liefde, o lieftallige Moeder... gee ons liefde... sodat dit nooit weer gebeur nie... nooit, nooit weer nie. Ek bid, ek smeek jou dit... om my ontwil... om Gina se ontwil... om elke mens wat asem skep se ontwil... in die naam van die Heilige Lam, jou Seun, wat die leer van Liefde verkondig het... tot in alle ewigheid... Amen...
As vrou eindig, is die glans op die piek weg, maar lui die klokke nog. Sy strek haar hand uit na kind wat van haar knieë opstaan. Hand in hand loop hulle na regteringang terwyl klokkegelui aangroei en skerm stadig sak.
|
|