De Nieuwe Stem. Jaargang 3(1948)– [tijdschrift] Nieuwe Stem, De– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 676] [p. 676] Uys Krige Ballade Onder die sterre het hul gestaan in die maanlignag by Malelaan. ‘Sal jy my liefhê van nou af aan?’ ‘Ek sal jou liefhê tot die wêreld vergaan...’ Spierwit die bloeisels onder die maan. Oor alles het hul geur gestaan. Soos swart turfgrond vol geelwit graan die hemelvelde by Malelaan. En al die sterre het ook gestaan in die skuiwende waters by Malelaan. Die jare kom, die jare gaan en die rivier vloei aan, vloei aan... Weer stap 'n man die donker teen. ‘Hier was ons saam. Nou's ek alleen. [pagina 677] [p. 677] Skulp Hulle't vir my 'n skulp gebring. Daarbinnen ruis toe 'n verre see. Nog voor ek wis, ruis my hart ook mee... stoot daar in mij op die swartblou water met sy bitter smaak, sy loom geskater; dryf visse deur my wyl hul flits en straal waar donker wiere rank oor my koraal. Nou 's my grotte vol groen skaduwee. Dis die son wat my dié glinstring gee! En dis of alles in my 'n eenheid is: eb en vloed en lig en duisternis; Son, wolk en wind en skuim één siddering van swart in silwer... en ek sing, ek sing, ek sing! Hulle't vir my 'n shulp gebring. Vorige Volgende