hom uit. Dit vind hij verschrikkelik. Waarom kan hij nie kalm die einde sien naderkom nie?
Een dag moet jij dood, dit weet jij. Maar die vrees daarvoor dit is so verskrikkelik. Dat jij dit nie kalm kan afwag nie. Dat jij nie kan sê: Die Here het mij in die lewe gehelp, Hij sal mij in die dood ook help.’ Dat jij dit nie volhartig kan sê nie. Dat hij nou bang is soos toe hij as kind in sij bedjie gelê het en dan droom dat hij aan die kant van 'n diepte lê. Dat hij nie kan wees soos toe die dag dat hij alleen gaan swem het nie.
Eindelik kon hij die pijne nie langer uithou nie en hij laat hom oorreed om hem te laat opereer. En dadelik na hij die besluit geneem het gly die vrees vir die operasie en die vrees vir die dood van hom af; glij van hom af soos 'n man 'n sak koring van sij rug laat afglij as hij aangekom het waar dit moet wees.
Op pad na die hospitaal sit sij vrou langs hom. ‘Is jij bang?’ vra sij besorgd.
Hij is nie bang nie. Hij voel net weemoedig omdat hij sij vrou en die lewe moet verlaat, maar bang is hij nie.
- Onthou jij nog dat ek jou vertel het dat ek eenmaal amper in die see verdrink het?
Ja dit onthou zij.
- So voel ek nou weer. Net so.
- Maar toe het jij tog weer uitgekom.
- Ja, sê hij, dis waar.’
Hij weet dat hij hier die slag nie sel uitspoel nie. Maar hij sê dit nie. Hij sien die land wegtrek, verder en verder, en hij sal dit nie weer betree nie. Hij sal die groot see ingaan en nooit weer terugkom nie. Hij lê nou op die kant van die diepte en glij al nader. Dis niks nie. As daar net weer arms sal wees wat hom vasvat en optel net as hij val. Die sal daar wel wees. Sij vrees vir die dood is weg. Die arms sal daar wees.
Hulle lê hom op die operasie-tafel en maak hom bewusteloos. Toe hij voel hoe hij wegglij grijp 'n vreselike angs hom aan en hij skree en worstel om 'n houvas te krij om homself op te rig. Maar hij krij niks om hom aan op te trek nie en hij val. Toe word hij kalmer; maar hij praat nog wel. Wat hij sê is onbegrijpelik vir die wat met hom besig is. Hij vertel van arms; arms wat uitgestrek word na hom; wat hom vat en ophef dat hij nie moet val nie.