Nieuw Letterkundig Magazijn. Jaargang 16(1998)– [tijdschrift] Nieuw Letterkundig Magazijn– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Gedig vir die kind Die aarde le onklaar en sodra die wind opkom staan die kind in Kloofstraat met sy tas kindertjie myne! roep ek in sy rug daar waar my hart die digste is soos altyd is ek elders ek drink hom om in gepelde amandels in arms vol opgetrekte lig ek volg sy fluisteringe na in my matrys van bloed sku skiet die kind oor die straat die wind vat dun die ortodontiese kwyl dit is ek jou ma maar sy oe staan op die punt om my te verlaat die aarde le onklaar die wind splint van hom af al wat kind is en ek kneus om hom vas verby alle verlatenheid verby sy dapper nukkerige nek die aarde sink onklaar en ek het hom lief way way anderkant my hart Antjie Krog Vorige Volgende