Nieuw Vlaams Tijdschrift. Jaargang 3
(1948-1949)– [tijdschrift] Nieuw Vlaams Tijdschrift– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 379]
| |
Kroniek
| |
[pagina 380]
| |
opstreef na die geestelike. Hy is tegelykertyd Skepper en Skepping. Hy is ek, en ek is Hy. Die geboorte van my kind is weer opnuut die geboorte van God. Hieraan verbind Opperman die konsepsie van die Griekse filosoof Heraclitus, die wysgeer van ‘panta rei’, ‘alles stroom’: daar is 'n voortdurende proses van vernietiging waaruit weer nuwe lewe opstaan. God is die vuur wat alles vernietig, tot Homself, die oerstof, terug laat vloei, en daardeur weer nuwe lewe skep. In hierdie lig vertolk Opperman dan die offerdood van Christus, sondebesef, uitverkiesing, die verganklikheid en die kontinuïteit van die lewe. In die titel stel die digter teenoor mekaar Negester en Ninevé. In die konsepsie ‘Negester’ is saamgevat die begrip van 'n bo die aardse stralende sterrebeeld en die assosiasie met die biologies belangrike getal nege - dit simboliseer dus die vrugbaarheid as mistieke mag. Ninevé is die goddelose stad van die Bybel wat deur sy bekering ontkom het aan die oordeel. Dus: die goddelike mag in die heelal en daarteenoor die mens wat in die stedeskitter daarvan afdwaal maar tog weer terugkeer en in die ewige wet van vernietiging en opstanding in die geslagte bly voortbestaan. Die gedigte in hierdie bundel het ontstaan uit die kunstenaar se drang tot deurgronding van die lewe by die verwagting van die geboorte van 'n seun wat hy sal moet lei deur die ongekaarte lande van die gees. Dit sou 'n interessante en vrugbare studie wees om Elisabeth Eybers, die digteres van die ‘stil avontuur’ van die moederskap, en Opperman te vergelyk. Elisabeth Eybers, die vrou wat vanuit die warmvroulike belewing van biologiese gebeure deur die ontroering styg tot ervaring van ontydelike lewe:
In haar, wat die ontsterflikheid bewaak,
ontkiem die toekoms in die flou getik
van lewe wat voorwêreldlik ontwaak.
Daardie warm, donker ontroering is die primêre, die bron van haar kuns, van haar stille innigheid, haar hele vreugde, haar angs en bekommernis, haar stryd met die dood en haar berustende versoendheid. Hoe gans anders by Opperman. Die vaderskap wat nooit so'n warm-persoonlike belewenis | |
[pagina 381]
| |
kan wees as die moederskap nie, maak hom bewus van sy metafisiese lewensbeeld, van die geheimenis van voortdurende lewe deur vernietiging, van die sonde, van die noodwendige lyding wat die man aan vrou en selfs aan kind veroorsaak. Die tot ontroering ontbrande denke staan hier op die voorgrond. Die bundel begin met ‘Na 'n besoek aan die Dieretuin’, waarin die vrugbaarheid van die ingehokte diere uitgebeeld word:
Net in 'n enkelkamer ek en jy
van hulle vreugde afgeskei.
Dan word in ‘Nagstorm oor die See’ die verwekkingsdaad gesimboliseer. Hierdie magtige siening doen aan as 'n mite van 'n primitiewe volk, as 'n surrealistiese skildery. Dan staan die digter in ‘Nagwaak by die Ou Man’ by 'n sterfbed en word hy hom ineens bewus van die kontinuïteit van die lewe - in hom leef sy voorgeslagte en sy nageslag, en God sê vir hom:
Nou dat die berge, sterre, in hom stort
en baard en oë riet en water word,
sien jy in hom die ruie oer-moeras
waaruit jy kruip en vegtend verder tas.
Om jou word alles weer opnuut gevorm:
die berge styg, die sterre en die storm,
maar sal weer stort; jy moet geboorte gee
aan stringe kuile, kranse en die see
en so aan My; Ek is die skepping, roer
van poel tot poel, en wee die blinde moer!
In hierdie evolusieproses is daar konflik: die jongeling wat uit hom gebore sal word, sal die oorwinning oor die natuur behaal:
en teen die tier sal hy die stryd besleg
maar weet soos voorvaders met ruie baard
die streke van die gees bly ongekaart.
In die volgende gedigte verbeeld Opperman die verwar- | |
[pagina 382]
| |
ring, die beklemdheid van die gees te midde van die lewensverskynsels. Die ‘Klein wit kol van (sy) wete’ is soos 'n flitslig - die lewensverskyninge stol daarin tot angstige dinge wat weer net so skielik daaruit wegskrik, en:
Oor waters wat glip
soek ek klip na klip
maar 'n duister land
bedreig my alkant.
Hy verkeer in 'n wildernis van eensaamheid:
Met die jare word die kamer
daagliks onherbergsamer
en buite kom 'n kilte
dieper uit die klip en stilte,
buite agter 'n miershoop lê
die maer lyk van Eugène Marais.
Die lewe word vir hom 'n waansinnige sirkusvertoning, en in ‘Beskuldigde’, beeld hy 'n diep skuldbesef uit:
My hart het van geboorte af gemoor
en elke misdaad saam gepleeg,
en in ‘Pasiënt’ teken hy die man wat fisiek gesond verklaar word, maar ‘van werk na kroeg, van vrou na werk sleep hy sy wond’ - hy is ook maar een van diegene wat woon in die ‘Grysland’, die stad, waar die mens se gees verstik. In ‘Grootstad’ het hy reeds daarvan gesê:
(ons voel) tussen heupe van haar skoot
smoor ons as saad kunsmatig dood.
In ‘Ballade van die Grysland’ beeld hy uit hoe 'n man hierdie sieldodende lewe probeer ontvlug saam met 'n vrou ‘na tuine van die nag, waar neonligte blom’, maar steeds agtervolg word deur die vrees dat die rekenmeester sy diefstal sal ontdek - in die hospitaal maal die beelde van kermis en hondewedrenne in sy ontwrigte gees rond: | |
[pagina 383]
| |
Deur tralies wat die tuin omsluit
kyk ek en my verwarde broers
verlangend na die stad nog uit:
hoe deur die reën en laaste lig,
krukkig soos nat voëls
loop elke jas met sy gesig.
Blinkpapier, mallemeul en wiel,
'n laphaas en ses honde
om en om.. die dun spil van die siel.
In ‘Negester en Stedelig’ word die twee magte wat die mens se lewe beheers, teenoor mekaar gestel. Die kind stort ineens uit die geheimsinnig deurligte rus en stilte van die moederskoot uit as mens, ‘besitter van die Negester en stedelig se skitter’. Hy sal in die betowering van die stadslewe gevang word - ‘saans sal die stad se ligte witter in (sy) siel bly skitter’.
Watter kaart of watter ster sal ek jou wys
om veilig deur die grysland heen te reis?
Sal ek van 'n God praat wat verdoem,
van Christus, en die Tien Gebooie noem?
Voorlopig dan, maar onthou altyd
aan jou dade grens 'n ewigheid;
gee sin aan voorgeslagte deur die eeue heen,
besef jy is 'n vegter weer van die begin, alleen;
en mag die Suiderkruis en Negesterre witter
as die stedeligte in jou siel bly skitter.
Die groep ‘Almanak’ begin met die siening van die bevrugting as mistieke gebeure:.
Onthemel in die water tussen riet
lê sterre uit 'n vreemde ver gebied,
en skielik uit die nag het een
diep in die skede van 'n poel verskiet.
Daarop volg in 'n twaalftal kwatryne - dié vorm daarvoor - telkens in flitsbesef sy besinning op die lewensraaisels en -konflikte, die gebondenheid wat die kind wag, die storms | |
[pagina 384]
| |
wat hom sal laat terugverlang na die rus waaruit hy kom, die verganklikheid. Die Christelike leerstellings van sonde en uitverkiesing kry vir die digter weer nuwe en hewige sin. Belangrik is ook die drie gedigte saamgevat onder ‘Genesis’: in ‘Spel’ word geteken die viering van die sinnevreugde tydens die wittebroodsdae, maar die waarsegster het die man reeds gewaarsku: ‘die eiers vir die maaier is gelê’, soos hy dit spottend uitdruk. In ‘Grot’ sit die verwagtende moeder alleen, vervul van sombere doemgedagtes. In ‘Ark’ herleef die man as lewensbeginsel weer in die natuur en ook in haar, en te midde van die verganklikheid waardeur ‘koninkryke, torings, plante, diere sink tot die gewuif van wiere’:
(dra sy) van hom die gloed
dan en die God, van alles wat verlore
gaan, van ryk tot ryk die uitverkore,
en ruime van haar skoot
word ark oor waters van die dood.
En eindelik vir 'n ander ewigheid
voer haar siel oor die verganklikheid
van stede, see en die platane
'n klein nagwaak van nege mane.
Die Bybelverhaal van Jona skep Opperman om tot 'n vergestalting van die ontwikkelingsgang wat hy deurgemaak het sodat hy nou anders teenoor die stad staan. Hy wou Ninevé, ‘sy lot as mens’, ontvlug. Die vrou was die bootjie waarin hy dit gedoen het. Maar sy seun, die skipper, roep hom wakker en tot verantwoording te midde van die storm, en hy kom tot nuwe aanvaarding van die stad:
En op 'n reënerige kus is ek een môre
voor 'n God-erbarmde Ninevé herbore.
Die walvis word nou simbool van die lewe wat hom omsluit en na 'n onbekende eindbestemming voer. Belangrik is die gedig ‘Vuur’ met sy Heraclitiese lewensen godskonsepsie. Met die geboorte van sy kind begin die proses van afsterwing by hom - hy sien dit in sy oë: | |
[pagina 385]
| |
'n vuur wat in jou oë glans,
my kind, en my laat wissel, snel
tot ewig-aardse flikkerspel.
Dis die ewige kringloop van die lewe. Maar in hierdie vuurgloed wat gegaan het oor die vlakpatrys op haar eiers, oor die beeld van die moeder met haar kind, oor die manne op Hlomo Amaboeta, oor die Man aan die kruishout op Golgotha,
moet ek, my kind, ook hierdie uur
'n God herken, vuur in die vuur.
Dié feniks-idee keer terug in die merkwaardige gedig ‘Rooi Voël, Wit Voël’, waarin die digter eers in die kringloop geboorte-dood, die aards-biotiese sien: in die dowende gesproei van kermislig vlie die rooi voël rond:
Ek bon my nes met julle lywe
wat na die samebranding drywe
op die dwarrelwind: ek is vanmôre
as kuiken weer met julle kind herbore.
Maar al het ek vroeër in moeras en modder
met snawel en gewebde voet geflodder,
as die mens hom en my stede-nes met vlam
uitroei, begin ek weer in skimmel en die swam.
Daarna sien hy in die dowende lig van vulkane die wit voël:
kyk! skielik in die waters
onder die rooi voël, 'n wit voël
as omgekeerde - saam 'n parabool
wat van die eiland en die stede
oopvlerk na twee ewighede.
Dis die verbanne goddelike beginsel, ‘eier uit die gode-nes geskop na hierdie aarde! deur die dop het Ek gepik - met boog vir 'n spirale vlug deur sfere heen in vlerk bepaal’.
Ek roer in ieder en gewilliglik vergaar
Ek stokkies vir die dood self bymekaar
| |
[pagina 386]
| |
en lê hul kruis en dwars, bereid
dat Ek moet slerwe vir Sy ewigheid.
En magies is My dood, die geel
en groen van vlamme, geur e pypkaneel
en naeltjies, 'n bedwelmende wete:
op die palm met die seiue krete
sterf ek vir 'n wêreld - uit die gloed
en flikkering, die as en roet
van liggaam, stede en verlore-
gaan bo die verwaaide nes herbore.
Dié offerbrand, waaruit steeds nuwe lewe moet ontstaan, kulmineer dus in die offer van Christus. Só word in hierdie ewige wisselgang die versoening van die lewe en die dood bereik. ‘Vigiti Magna’ verbeeld die mens se soek na die legendariese goudstad vanaf die eerste seevaarders tot die Randse mynwerkers in die skag. In die slotgedig, ‘Moederstad,’ vat die digter die grondkonsepsie van die bundel saam. Hy keer uit ‘die streke van die gees’ terug na vrou en kind in die moederstad (Kaapstad). Was al die beelde ‘deur 'n skuldgevoel en vrees maar alles 'n bedrogspel van die gees?’ Nou hy besef dat hy saam met sy kind die aarde moet herontdek en noudat hy die bedreiging voel van die woestyn wat die stad, waar sy lot lê, wil inneem, hoor hy snags in sy beklemdheid
deur alle eeue nog dieselfde stem:
‘Solank die mens aan My geboorte gee
hang nog My Negester oor Ninevé.’
So het die bundel met sy verskillende mekaar kruisende motiewe en sy konflikte wat tot oplossing kom, een geslote geheel geword. Heeltemal in die kader daarvan staan die twee ‘legendes’ waarin Bybelverhale opnuut beleef en geïnterpreteer word: ‘Legende van die Drenkelinge,’ waarin die dood van die trotse laaste mens in die sondvloed met visionêre plastiek uitgebeeld word, en ‘Legende van die Drie Versoekinge’, waarin die sin van die weiering van Jesus om toe te gee aan | |
[pagina 387]
| |
die versoeking gegee word in die drie sleutelverse: ‘maar die skepping styg deur jagter en gejaagde,’ ‘maar die gees moet groei deur selfbedwang’ en ‘maar dood laat na die sin van lewe soek.’ Hierdie bundel sal die verwyt van ‘duisterheid’ en voortreflike onverstaanbaarheid’ wel nie ontkom nie. Dit verg inderdaad ingespanne studie voor die beelde en simbole hulle dieper sin ontsluit en vir die leser 'n eenheid van verbeelding word. Naas sterk-konkrete beelde wat in hulle primêre krag en in die verrassende wending waarin hulle soms gebruik word, ryk is aan suggestie, bevat hierdie poësie denksimbole van net so 'n primêre krag - alleen 'n deurgronding hiervan stel ons in staat om die bundel as 'n geslote geheel te deurvoel waarin die verskillende motiewe en konflikte verstrengel is en tot oplossing kom. Dis juis omdat die visio nêre denke die primêre rol speel, dat ons die eienaardige verbinding vind van konkrete siening en beelde wat ook hulle oorsprong het in konkrete siening maar nou aangewend word vir 'n meer beskouende doel as denk-beelde, sinnebeelde, vergelykinge. Om dit met 'n voorbeeld toe te lig: in ‘Nagwaak by die Ou Man’ sien ons die ‘beroerte-liggaam’ lê in die skynsel van 'n kers wat tussen balke en mure brand. Ons sien hoe sy dooie arm in 'n riem-oog uit die hoë balke rus, ons sien die oopgespalkte boavel, die bokhorings teen die muur, karosse op die vloer. En buite om die eenvoudige boerewoning waai die wind waar die otter blink die kuil verlaat en teen gras drifsels snuif en huil. In sy aardse konkreetheid groei dit alles uit tot suggestie van die biotiese gebeure wat hier plaasvind: die onverbiddelike spel van natuurkragte wat die liggaam vernietig. Dit bereik simboliese krag in die tweede beeld wat die so plasties gesiene kerslig oproep:
Maar tussen balke en vaal mure brand
'n kersie in die kamer stil eenkant
oor sy beroerte-liggaam, soos 'n maan
oor stukke seilskip teen 'n kaap vergaan,
waar ander strome aan die wrakhout roer
en weg van wind-omwaaide rotse voer.
| |
[pagina 388]
| |
Maar dan kyk die digter op na die portrette aan die muur, en hy voel ineens die kontinuïteit van die lewe, en nou kom hy tot 'n vergelyking wat, hoewel dus nie meer self konkrete beeld nie, tog op 'n skerp waargenome natuurverskynsel berus en nog visuele assosiasies daaraan bevat - dis nie verstar tot louter verstandelike begrip nie. As hy die kinders om die sterwende man sien staan, mymer hy:
Hoe vreemd dat almal hier vannag, uit hom
soos pluimsaad uit 'n ope skede kom,
en:
hoe hulle anders van mekaar verwyder,
vannag weer in die eerste skede sluimer.
Dat soiets maklik tot onsuiwerheid lei, by swak besieling juis dié oorsaak is van retoriek, hoef wel geen betoog nie. Dit sou insiggewend wees om na te gaan hoe in die belangrike gedig ‘Jona’, waarin Opperman sy ontwikkelingsgang saamgevat het, die tot uiterste essensie gereduseerde konkrete siening tot simbool geword het. Dis opmerklik dat die digter gebruik maak van slegs 'n beperkte aantal van hierdie beelde en denk-beelde. Maar dit was noodwendig, want hy is nie die meer passiewe stemmingsdigter wie se gevoelige gemoedslewe maklik in beweging gebring word deur uiterlike prikkels, nie die impressionis wat direk reageer op sinsindrukke nie. Hy is die skeppende denker wat sy belewing van enkele primêre aardse dinge dwing om die vormstof te word van sy tot hewige ontroering ontbrande konsepsies. In die beste van sy gedigte bereik hy 'n visionêre krag. Hierdie poësie wat so hard, aards aandoen, is juis die worsteling om, die rekenskap gee van ewigheidswaardes. Die mistiek daarin is in sy snelheid, sy hardheid en vereenvoudiging soos die van die mites, die plastiek van primitiewe volke. Nie altyd is die simboliek geslaag nie - soms bly dit duister of doen dit gewild aan. In ‘Grootstad’ kom nog verse voor wat jeudigskril klink; die eerste verse van die derde afdeling van ‘Grot’, daardie gedig so subtiel van suggestie, so vol versweë dinge, bly vir my onverstaanbaar. Die verbin- | |
[pagina 389]
| |
ding van die konkrete en die simboliese is nie altyd oortuigend nie, soos bv. in die tweede strofe van ‘Vuur,’ terwyl die simboliek in ‘Moederstad’ nie heeltemal vry is van 'n sekere mate van verstandelikheid nie. Sang, musiek moet ons hier nie soek nie. Hier byna deurgaans harde spraak, kantig, met 'n beperkte aantal saaklike beelde uit die natuur en uit die stadslewe en skielike ontstellende wendinge. Sonder die kunsvernuwing van die geslag van 1935, trouens sonder die hele Europese geesteslewe na die eerste Wêreldoorlog kan mens jou hierdie poësie nie indink nie, maar Opperman is 'n selfstandige digter en 'n belangrike figuur in ons poësie wie se verdere ontwikkeling met belangstelling gevolg sal word. G. DEKKER. |
|