| |
| |
| |
Drie diere
I. Kamer van spieëls
Nà die skipbreuk van alle sekerheid
in hierdie bitter jare het ek gelê, verstil,
tussen swart spieëls wat die kamer nagtelik wyd
laat glim het, vlak aan dun vlak, rondom die spil
van my grys bed, en ek was radeloos gedink
oor al die pyn en die mens se wrede spel.
Toe 't 'n skriklike vermoede uit die blink
duister en uit die grou spieëls gewel;
en telkens het 'n skemerwand gegloei
met lig wat geen afskynsel was van aardse
lig, maar kort en bleek in die dieptes bloei
van die glas self; en in die nederwaartse
stort van al my dink en gans ontdaan
het ek in die glans 'n groot dier sien staan.
| |
II. Sfinks
In die opgloei van die eerste spieël was swaar
en rustig 'n groot ding - geel soos die sand
of soos 'n leeu, en naamloos in die skaar
van die snel diere - wat uitkyk oor die rand
van die gewelfde aarde, oor wit stede en mense
sonder tal. En oor sy gladde oë waai
die beelde van ver dinge wat sonder grense
is: wolk-skadu's, môre-seë en brand wat laai
agter 'n swart planeet. Hy heers, en hoor
gebede en klagte nie; en ken geen pyn
of trots of vrees van sterflikheid - verloor
in 'n dooi Godsdroom wat elke ding verklein;
en die wind van duisend jaar het oor die poot
se magtige nael 'n smal duin opgestoot.
| |
| |
| |
III. Assiriese bul
Trots en wellustig was die tweede ding
in die bleek glans van die glas: 'n gevlekte bul:
met swaar geplooide nek snuiwe hy in die kring
van die droë winde wat die groot neusgate vul
met die reuk van wat nie dood is; hy lig sy ronde
muil en brul; en hy breek deur die skerp dorings
en gaffel rond tussen die herders en hul honde
met die swaai van die blink halfmane van sy horings
tót hy alleen-staan. So was sy heerskappy:
'n heerskappy van die swart hoewe en die dood;
en waar hy aan die gras bloedvlekke kry,
het hy die stengels rondom met sy poot
gegraaf, en die klam neus in die sand tussen die struike
gesteek om sag-bulkend die óu bloed te ruik.
| |
IV. Arend
In die derde wand het ek gesien 'n bont en skraal
arend, waaksaam, met geel oë, op sy klip
hoog teen 'n krans; taai nek; die dun kop kaal
onder die son; en hy roer met elke stip
wat onder in die vlakte roer: snel
om te val; vol staar en vol geduld; -
en stil, so stil op die vlot van vleuels wat swel
van die ligste wind bo 'n land met dood vervuld.
Sonder gedagte was die smal wrede kop -
en vàn die goue en flikkerlose oog
dèùr die maer nek bo die lang vlerk se knop
tot in die klou, was alles soos 'n boog
gespan; alleen en ver hou hy sy fees;
en waar hy ver is, heers sy wye vrees.
| |
| |
| |
Ballade van die visser op land in die nag
O stilte in waterglas en ruit
tot deurskyn-skemer ingesluit
rondom die flikkering van my dink,
waar Vega, blou gesteente, blink
bo die wit branding in die baai;
my dink is soos 'n donker net
wat onder al die branding vang,
'n klein haatvlam van stil verset,
'n skewe rots wat hel en hang,
'n nors, swart kaap wat voor die maan
ver teen die voorste waters staan
en waar die eerste skuim teen waai.
Kom, kom die glasfyn stilte breek,
Gees van die nuwe Krag, en wreek
my dadelose en diep verlange,
en laat dan ver van kus of ree
in die golwing van 'n nuwe see
| |
Ballade van die bose
soos 'n vrou aan jou hand
| |
| |
maar ek skuil te glansryk,
| |
| |
is ek die rooi naelstring
| |
| |
soos 'n vrou aan jou hand.
Het jy die spieël gesien,
| |
Die strandjutwolf
Dit kom net met die donker maan:
ek hoor dit vér eers roep
soos iets wat klae in die veld;
dan is dit by die stoep...
hy snuiwe aan die drumpel saggies
ek hoor hom ruik-ruik asemhaal
| |
| |
die hele werf is vol van hom:
daar waar die ploeë blink,
daar sien ek die os-groot skadu roer
en hoor iets ysters klink.
Ek weet hy is so grys en groot,
dan krap sy pote aan die nok,
hy luister by die skoorsteen in...
dan weet ek is dit in die huis,
ek weet sy oë is vaal en blind,
ek hoor hom sagter as 'n snik
net in die gang, en tussenin
en op die helder dag weet ek
ek hoor sy draffie en ek voel
N.P. VAN WYK LOUW, lector te Kaapstad, leider van de jongere poëzie in Zuid-Afrika, en directeur van het litterair tijdschrift Standpunte, dat gauw een cultuurstanding verwierf. ‘De duurzame glorie van een volk’, schreef hij daar onlangs, ‘ligt niet in zijn millioenen massa's of in de rijkdommen van zijn bodem, maar in de rijkdom aan menselijke ervaring, die het in zijn kunst kan vastleggen; de persoonlijke vrijheid, hoe gevaarlijk die ook mag wezen, is de enigste bodem waarin een rijk geestelijk leven groeien kan’.
|
|