| |
| |
| |
Zuidafrikaanse verzencyclus
Die overwonnene
O God, Jy het my nou gebreek
op die rad van hierdie lewe;
ek voel die dowwe lede bewe.
Jy het Jou eer aan my gewreek.
Met blinke swaard het ék gestry -
ek moes my vyand soek, en gis,
maar Jy was oral rondom my.
Ek kon die donker wurging voel,
maar waarheen kap? Jou oormag was
óm my en óór my met 'n las
van watere wat my blindelings spoel.
Nou het Jy my gebind, gebreek
ek voel die dowwe lede bewe:
Jy het Jou eer aan my gewreek.
| |
Rondloper
Hy 's klein en skraal en baie moeg,
sy klere vaal en muf van stof,
want heel die warm dag het hy
die paaie, paaie langs geslof.
| |
| |
Sy skouers buie bietjie oor
van stap en stap in reën en wind,
sy hande is gebars en swart
maar klein en skraal soos van 'n kind.
Nou stap hy na die waterput
waar donkies en die kalwers drink
en in die modderwatertjies
die eende kwekker en rinkink;
nog skaam'rig vir die agterplaas
sluip-sluip hy na die putjie heen,
maar voor hy skep, laat drink hy eers
die kalwers, tot die laaste een.
Rondloper noem die mense hom
en deugniet - tót sy pa en ma -,
sit soms die honde agter hom
as hy weer by die plaas kom pla.
Snags slaap hy sommer in 'n sloot
of agter in 'n ghoeniebos,
en as die veldkos skaarser word,
kom vra hy soms 'n bietjie kos.
Die vrou loer oor die agterdeur,
die kinders kom so stil en kyk,
want hy 't die oë van 'n kind
wat nou eers na die dinge kyk.
| |
Paniese angs
God, hierdie angs, hierdie angs,
dit kan nie U uiterste openbaring wees:
hierdie verwarring in my oë,
| |
| |
dat ek vrees: nié die breek van my liggaam;
maar in my U geweldige beure;
hoe sal U my weerstand breek,
hoe slaat U en slaat U op my deure -
tot ek terugkrimp soos die see se water
U styg, o God, tot my lippe
met die soutsmaak van U dood.
| |
O suiwer hart
O suiwer hart wat honger was
in al jou lang deurwaakte nagte
van trane en lag en wilde klagte;
wat so 'n hoë gang wou gaan
en al Gods denke wou deurskou
soos water in jou hand gekelk
en in die witte son gehou;
wat alle vreugde wou besit
en àl wat die aarde aan skoonheid het
of sonde of smart, soos silwer vis
vang met die lyf se brose net;
- o bloed wat brand, o trotse hart,
nog roer om jou soos wind die smart,
maar in jou donker en hoë wil
word dit soos in 'n kamer stil
nou dat die bitter trots gaan skuil
in deernis soos 'n klippie sink
deur die grys-wit water van 'n kuil
en bewend daal deur kring nà kring
van aldeur sterker skemering
tot daardie stil en diep bestaan
waaroor die sware waters gaan.
| |
| |
| |
God, dat hul smaad
God, dat hul smaad my nog kan raak,
my hart nog so verwondbaar is,
waar U groot wind moes óm my waai
vir hùl tot skriklike duisternis!
Ek sal nie twis en stry met hùl
wat self so magteloos is, gevang
in iedere dag se kleinlikheid
van smaad en wedersmaad en dwang -
met U, met U is my geding,
wat my geskei het van hul ras:
dat U die skulp van stilte breek
waarin ek so verborge was.
Was dit my woorde wat ek sê,
was my begeerte dan in my daad
dat U my nakend voor hul stel
en voor hul dwase Goed en Kwaad?
U moes die nag wees rondom my
omdat ek vir hul duister is;
U moes my skulp wees, of die see
waarin ek één vér spoeling is.
| |
Abelard
Jou oë het aandagtig stil geword
in die middel van ons woorde,
soos in die wingerd as die wind gaan lê
en skielik van die silwerende, verstoorde
blare geen enkele ritsel nie; -
toe 't ons geweet ons sou moet swerwe
met liefde tussen vreug en pyn
tot pyn en vreugde self sou sterwe.
| |
| |
Ons wis die groot lig sou óns neem
- wat koel nog was in skaduwees -
en óm ons één wit branding wees
en blind skroei, jaag en glad vervreem
van alle rus; dit sou ons brand
om al wat smarte is, te voel,
soos strawwe winde om ons spoel
en staan in glans bo elke hand.
My hart was droef en rusteloos van pyn
vir wat moes voorlê in die vreemde jare,
maar in jou oë het gebly die glans
en ryp vervulling van wyd-ope en klare
herfste as alles in die boorde
tot uiterste voltooiing groei;
jou vreugde het blink en rimpelloos diep
oor alle we te en vrees gevloei.
| |
Klein gebed: van die hande wat verag word
Kyk hier 's my hande, o Heer,
rooi en vereelt en groot;
dié gee ek vir hùlle daagliks
waarom ons, stink van sweet,
deur ratte en wiele gaan;
maar eenvoudige woorde, o Heer,
en as my hande wurge, o God,
wees U die bloed, wees U die spier,
| |
| |
| |
Julle is die oorheersers
julle maal ons soos koring,
julle eet ons soos brood;
en die dood ook deelagtig,
aan die lasterlike hoogmoed.
tot nederigheid genees word,
tot 'n nuwe onmiddellikheid
en 'n vrot plek in ons volk is,
|
|