Nieuw Vlaams Tijdschrift. Jaargang 2(1947-1948)– [tijdschrift] Nieuw Vlaams Tijdschrift– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 602] [p. 602] [Gedichten] Digter Ek is gevang en uit die stryd êrens in die ewigheid op 'n Ceylon verban waar al my drange na 'n verlore vaderland my dag na dag geëiland hou met horisonne en verlange, en in die geel gloed van die kers snags deur die smal poort van die wonder elke woord laat skik tot klein stellasies vers wat groei tot boeg en mas en takelwerk, en die uiteindelike reis met die klein skip geslote agter glas. [pagina 603] [p. 603] Na 'n besoek aan die dieretuin Twee kraaie het hul nes gemaak van stukkies draad; en in staalkoue ver van riete en riviere afgesluit, broei rooivinke en wildepoue nog hul eiers uit; in ysterhokke ver van randjies en langgras werp ape en die waterbokke nog hul kleintjies af; net, in 'n enkelkamer, ek en jy van hulle vreugde af geskei. [pagina 604] [p. 604] Sirkus As profeet van die tijd het 'n nar al ons ouderwetse waardes verwar, toe tiers en leeus in die traliekring een na die ander deur vuurhoepels spring, en die olifant op 'n vat gehurk met oop en toe gekrul van die slurp en klein spleet-ogies gerig op sy baas, eentonig en vals op 'n mondfluitjie blaas; en hoë skoppelmaaie en drade teken verwikkelde kringe en strepe, bereken in terme van man en vrou, van vang en vlug... en bang op 'n wit perd se rug klou 'n apie in 'n bont jokkiepak en ons lag en ons lag as sy pet al skuinser afsak. [pagina 605] [p. 605] Ballet van die metamorfose Na die wag het meteens uit die donker 'n dansende ster vyfvlammig geflonker, en skielik verstil op 'n bewende steel, tot 'n kelk wat heen en weer speel in die wind; toe ruk sy haar los tot 'n mot teen 't ruisende bos, wit vreugde, en uit haar verskyn die engel, die stilte en toe die gordyn; en daarna was ons almal nog een wat wissel van vlam na die engel heen. D.J. OPPERMAN. Vorige Volgende