die eerste plek C.M. v.d. Heever wat in die ontwikkelingsgang van sy romans Langs Die Grootpad, Droogte, Groei, 'n geleidelike emansipasie van Malherbe vertoon en mettertijd sy eie weg vind.
Jochem van Bruggen, goed bekend in Nederland, het die Afrikaanse prosa hoog vooruit gestoot. Hy begin met die meesterlike Ampie, met sy vervolgverhaal, Die Meisiekind. Maar daarmee was hy ongelukkig uitgeskrywe, en het die uitbeelding van die armblankedom kragtens sy voorbeeld 'n literêre manie geword.
In 1922 verskyn Onder die Olyfboom van Fichardt en Japie van J.R.L. van Bruggen met die mensbeelding voorop. Byna gelyktydig met Ampie verskyn Marie Linde se Onder bevoorregte Mense (1925) waarin o.a. die botsing tussen uitheemse idees en voorvaderlike sedes sterk beklemtoon word.
Verder is daar die unieke figuur, Langenhoven, die Multatuli en Hildebrand van S.A. met sy Doppers en Filistyne, Sonde met die Bure.
In ons prosakuns moet 'n besondere plek aan die skrywers van diereverhale toegewys word, meer bepaald aan Sangiro, die gebroeders Hobson en E. Marais. Hierdie werk van Sangiro Uit Oerwoud en Vlakte het vir ons land, ons taal en ons literatuur in die buiteland bekendheid verwerf.
Kragtens die omvang van die produksie op die gebied van die kort-verhaal staan hierdie kunsvorm seker vooraan onder ons prosaliteratuur oor die afgelope dekade. Ons noem slegs die name van Van Bruggen, Leipoldt, Jonker, van den Heever en Marie Linde.
Die Afrikaanse letterkunde is jonk, maar dit is mooi, 'n weerspiegeling van 'n jong volk in Suid-Afrika, 'n jong volk en literatuur wat verwant is aan die Nederlandse!
N.S. Gebruik is gemaak van die artikels van S.P.E. Boshoff in ‘Die Burger’, C.M. van den Heever in ‘Die Volksblad’.