De Nieuwe Gids. Jaargang 46
(1931)– [tijdschrift] Nieuwe Gids, De– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 548]
| |
Jacques Perk en LamartineGa naar voetnoot1) door J.F. Marais.Perk is oorspronklik nóg in die vorm waarin hy sy lieriese ontboeseminge klee, nóg in die grondtema van sy Mathildesieklus. Die vorme tot beskikking van 'n digter is so beperk in verskeidenheid dat hy genoodsaak is om te kies uit wat reeds voorhande lê. Soos Petrarca sy hartstogtelike liefde vir Laura uit in die sonnet, bring Perk ons sy lied van liefde en smart in sy ‘gebeeldhouwde sonnetten’. ‘The Cloud’ weer bied hom die vorm waarin hy die ‘tragedie van een menschenhart’ uitstort. Hy het onoorspronklike vorme gebruik en tog hoe pragtig slaag hy daarin om gedagte en vorm te laat saamsmelt tot één geheel! Soos hy die vorm aangepas het aan die inhoud, het hy 'n oorspronklike tema op meesterlike wyse ingeweef in sy sieklus as 'n ‘strakke draad’ wat sy sonnette aaneensnoer tot 'n krans. Dit is die Eros-idee van Plato wat in Dante en Petrarca se werke aan hom geopenbaar is: die Liefde is die band tussen die aardse en absolute skoonheid; deurdat die siel die stoffelijke skoonheid aanbid, word dit die Hoëre gewaar; ‘dan streeft zij daarheen met alle kracht, verloochenend wat zij eerst aanbad, zoekt de weg altijd hoger en hoger,’ totdat die gelouterde kunstenaarssiel hom van die ewige skoonheid van die skepping bewus word en dit vertolk. Hier kan egter slegs sprake wees van navolging in die ruimste sin van die woord, want ‘Perk had geleden, wat hij zong’. Hy het die ‘Helle- en Hemelvaart’ soos weerspieël in sy sieklus self deurleef en, soos Shelley in sy ‘Epipsychidion’, het hy tot die insig gekom dat hy 'n fout begaan het ‘in seeking in a mortal image the likeness of what is, perhaps, eternal’; hy | |
[pagina 549]
| |
het gevoel dat hy hom moet losskeur van Mathilde om al die aarse en stoflike af te sterwe in sy strewe na die Hoëre. Hoewel Perk dus 'n geykte vormtegniek aangewend het en 'n onoorspronklike tema as grondidee gebruikt het, is daar van ooreenstemming in gedagte-inhoud tussen sy werk en dié van tydgenote nog nie melding gemaak nie. Dr. DekkerGa naar voetnoot1) het wel probeer aantoon dat daar invloed van Keats en Shelley te bespeur is by Perk, maar kom tot die gevolgtrekking dat ‘daar nie die minste naklank te hore (is) nie’ (p. 102), temeer daar Kloos by ‘Santissima Virgo’ aanteken: ‘Perk kende Shelley ternauwernood: alleen “The Cloud” en “The Skylark”, die in alle school-bloemlezingen voorkomen.’Ga naar voetnoot2) Dit sal dan ook grotendeels onbeloonde arbeid wees om enige merkbare invloed op Perk van digters soos Goethe, Dante, Petrarca, Keats en Shelley aan te toon, tot 'n sekere mate omdat hy weinig van Italiaanse, Latynse en Engelse skrywers in die oorspronklike kon lees - ‘de omvang zijner lectuur en zijn kennis van letterkunde was precies die van iedren oud-leerling eener vijf-klassige Hoogere Burgerschool’Ga naar voetnoot3) -, maar meer seker, omdat hulle in gees nie na genoeg aan hom verwant was nie. Vir bewyse van invloed is die werk van digters wat geestelik en menslik nader aan Perk gestaan het van veel meer belang. Baie meer ooreenstemming in gemoedsaard en gevoel met hom vertoon Lamartine, die Franse digter, wat in die twede kwart van die neëntiende eeu sy liefde en leed in sy lieriek ontboesem - Lamartine wat in nog donkerder doolhowe van vertwyfeling en verbittering verkeer het as Perk, ongedwongener en intenser, meer lieries en minder objektief uiting gegee het aan sy gevoel van smart. Daar is 'n groot mate van ooreenstemming en verwantskap tussen dié twee digters sowel in lewe as in werk. 'n Aanbidder van die Natuur, die Skoonheid, en die Heilige Liefde is Lamartine as hy in September 1816 op ses-en-twintigjarige leeftyd ‘Elvire’ (Julie des Hérettes) by Aix-les-Bains, waarheen albei om gesondheidsredes gekom het, ontmoet. Haar | |
[pagina 550]
| |
tere fyngevoeligheid bekoor hom en tesame bewonder hulle die Natuur langs die skilderagtige meer van Bonegeb tussen die bosbegroeide berge. Soetvloeiend en spontaan is dan sy lieriek (b.v. ‘L'Invocation’): hy breek met die tradisionele reëls en voorskrifte van sy tydgenote en sing uit sy siel ‘soos die mens asemhaal, soos die voëltje kweel, soos die winde sug, soos die water murmel in sy gang.’ Maar as die eerste herfsblare val, moet Elvire vir haar gesondheid terugkeer na Parys, en slegs 'n jaar van geluk het verloop as die dood hul skei. Die slag is verpletterend vir die reeds-verbitterde digter, en die smart en wanhoop is oormeesterend as hy ‘Le Désespoir’ skrywe en bittere verwyt teen die Noodlot slinger in ‘L'Homme’. In die somer gaan hy, soos Perk, terug na waar die eerste liefde hom vervoer het. Hy keer terug naar die plekkies wat hulle saam bewandel het en vaar weer in die aandskemering oor die meer in dieselfde bootjies. Hy roep haar tevergeefs, met die vervloë dae is sy daarheen. Dan skryf hy ‘Le Lac’, ‘wat beskou moet word as een van die meesterstukke van die letterkunde van alle tye, een van die seldsaamste pêrels in die poësie van alle volkere - - en bestemd ok klasiek te word,’Ga naar voetnoot1) hierdie elegie op die droewe ritme van die meer se waters, sagklaend oor die liefde wat reeds 'n herinnering is. Elvire het heengegaan, maar sy het 'n hernude siel met 'n nuwe kyk op die lewe agtergelaat. Met sy ‘Premières Méditations’ (Maar 1820) lui Lamartine meesterlike die nuwe Romantiese skoal in wat die versteende en verwaterde klassisisme verdring. ‘Die feit is dat, indien die neëntiende eeu lieriese poësie voortgebring het - dis miskien sy mooiste kenmerk in die letterkunde - hy dit te danke het aan Lamartine. Vloeiende uit daardie suiwer en harmonieuse siel het die groot lieriese temas hulle skoonhede van klank en waarheid herwin - - - ons aarsel nie om hom te begroet as een van die vrugbaarste baanbrekers in ons letterkunde nie.’Ga naar voetnoot2) Twee groot geestverwante, Perk en Lamartine! Nie alleen voer hierdie bewonderaars van die klassieke en van die digters uit die Italiaanse Renaissance dieselfde stryd om vryer uiting | |
[pagina 551]
| |
nie, maar ook word hulle siele deur dieselfde vuur gelouter, reik hulle oor die jare heen mekaar die hand. En hierin vind ons aanleiding tot die opsporing van ooreenstemming in hul werk, maar ook hierom word 'n dergelike studie juis bemoeilik omdat dit moeilik, bykans onmoontlik is, om vas te stel of so'n ooreenstemming berus op navolging dan wel op verwantskap. Dit behoef geen betoog dat Perk as opgevoede Hollander Frans magtig was en veel in daardie taal gelees het (vgl. b.v. sy brief aan Mr. Ch. M. van Deventer, 31 Januarie 1878, waarin hy o.a. sê: Ik wou zoo graag Terentius lezen. In een Fransche vertaling maakte ik kennis met zijn Andria’ - De Gids, 1916) en dat hy Lamartine, wat toe op die toppunt van sy roem was, geken het nie. Temeer, as ons in gedagte hou dat tydens sy lang verblyf in Ardennes hy ongetwyfeld beter bekend geraak het met die Franse letterkunde. Daar is dan ook treffende ooreenstemming in hul werk, nie alleen wat gees betref nie maar ook in gedagte-inhoud. Daar kom b.v. die volgende koeplet voor in ‘Le Désespoir’, 'n gedig waarin die mislukking van die skepping en die daaropvolgende lyding van die mensdom beskrywe word: Lorsque du Créateur la parole feconde
Dans une heure fatale eut enfanté le monde
Des germes du chaos.
De son oeuvre imparfaite il detourna sa face,
Et, d'un pied dédaigneux le lançant dans l'espace,
Rentra dans son repos.
‘Va, dit-il, je te livre à ta propre misère;
Trop indique à mes yeux d'amour ou de colère,
Tu n'es rien devant moi - - -Ga naar voetnoot1)
(Premières Méditations.)
| |
[pagina 552]
| |
Lamartine teken in 'n noot by hierdie gedig aan: ‘Daar is oomblikke wanneer die gevoel van smart so sterk is in 'n gevoelige mens dat dit die rede verstik. Hy moet dan toegelaat word om 'n kreet te slaak en bykans die noodlot te vervloek! Die oorstelpende smart baar digterlike geestdrift, netsoos die liefde. Hartstog is lyding, en lyding is hartstog. Ek het teveel gely, ek moes 'n wanhoopskreet uit - - - Ek was jonk en die weë van die lewe is vir my gesluit asof ek 'n grysaard was - - -’
Ooreenstemming met hierdie ‘wanhoopskreet’ toon ‘Hemelvaart’ van Perk wat dit egter in 'n veel later fase van sy sielsontwikkeling geskryf het as dié waarin Lamartine s'n tot uiting gekom het. As Perk Mathilde ontmoet aanbid hy haar, word opgeneem in haar wese sodat hy voel dat hy haar sal moet verlaat om 'n eie persoonlikheid te bewaar. Maar die verlange verbyster hom en in wanhoop vaar sy gees ‘ter Helle’. Hy bewandel die Via Dolorosa waar Lamartine ‘Le Désespoir’ geskryf het. Langsamerhand egter kom hy tot 'n meer objektiewe beskouing van sy leed, en ‘de gedachte dooft de liefde die ik gestorven in de ziel voel zweven’. Hy sien weer lig en die dood van die sinnelike liefde is vir sy gelouterde gees die bewuswording van die ‘hoogste Schoon’. Vry van die aardse hef hy in ‘Hemelvaart’ die triomfsang aan van die oorwinning oor die vleeslike - 'n oorwinning wat hom kan laat lag ‘om haar kleine, stoffelike genoegens, die wenken en lokken’: ‘Mijn ziel wiekt als een leeuwriks-lied naar boven,
Tot boven 't licht, haar lichter licht gemoet:
Zij baadt zich in den lauwen aether-vloed,
En hoort met hosianna's 't leven loven, -
Het floers is weg van de eeuwigheid geschoven,
De Godheid troont - - - diep in mijn trotsch gemoed;
De hemel is mijn hart, en met den voet
Druk ik loodzwaar den schemel mijner aard',
En nederblikkend, is mijn glimlach zoet:
| |
[pagina 553]
| |
Ik zie daar onverstand en zielevoosheid - - -
Genoegen lacht - - ik lach, - - en, met een vaart,
Stoot ik de waereld weg in de eindeloosheid.’
Selfs by'n oppervlakkige vergelyking van dié twee gedigte tref ons die ooreenkoms sowel in uitdrukking as gedagte, maar by ontleding van die grondidee val dit ons nog meer op. Perk het hom hier doelbewus in die plek van die Godheid gestel om die wegstoting van die wêreld meer realisties en soodoend waarskynliker voor te stel, en dis moontlik dat hierdie beeld by Perk opgekom het by die lees van ‘Le Désespoir’. Ons is des te eerder geneig om dit aan te neem, omdat daar weinig motivering in die ontwikkelingsgang van die sieklus te vind is vir Perk se buitengewone veragting van die ondermaanse: dit wek die vermoede dat ook die gedagte van die ‘sielevoosheid en onverstand’ aan hierdie gedig van Lamartine ontleen is, want daarin word o.a. die ondeug van die Godverlate mensdom beskrywe. Wat die eintlike onderwerp betref is daar behalwe in die eerste reël, weinig van 'n ‘hemelvaart’ te bespeur. Trouens die wegstoting van die aarde vorm in werklikheid die grondgedagte van die sonnet. Tog doen dit in die geheel weinig ter sake: aangesien hy reeds die aarde ontwyk het deur die ‘hemelvaart’, is die verdere verstoting tog oorbodig, so niet oortollig nie. Die sonnet gee inderdaad die indruk van 'n op homself-staande komposiesie. Miskien is die verklaring hiervan te vind in die feit dat dit spesiaal geskryfGa naar voetnoot1) is om die kleinere ‘Sonnettenkrans: eene helle- en hemelvaart’ te voltooi wat uitgelig is uit die sieklus by gebrek aan 'n uitgewer vir die ‘Mathilde’ en in ‘De Spectator’ van 3 September 1881 gepubliseer is. Dit kom ons waarskynlik voor dat Perk hier by afwesigheid van innerlike besieling gebruik gemaakt het van 'n idee aan hom gesuggereer deur die lees van ‘De Désespoir’ en dat hy die objektiwe beskrywing van Lamartine verwerk het tot 'n subjektiewe met dieselfde grondidee aangepas aan sy eie sieletoestand. | |
[pagina 554]
| |
Ooreenstemming tussen dié twee digters se werk, egter, is nie alleen in gedagte-inhoud aan te wys nie, maar ook in beskrywing, soos blyk uit die volgende twee aanhalings: Au sommet de ces monts couronnés de bois sombres
Le Crépuscule encor jette un dernier rayon;
Et le char vaporeux de la reine des ombres
Monte, et blanchit déjà les bords de l'horizon.
Cependant, s'élançant de la flèche gothique,
Un son religieux se repand dans les airs:
Le voyageur s'arrête, et la cloche rustique
Aux derniers bruits du jour mêle de saints concerts.’Ga naar voetnoot1)
(L'Isolement: Premières Méditations.)
In dieselfde gees word dieselfde toneel beskrywe in Perk se ‘Dorpsvesper’: Heen is de dag - de nacht nog niet geboren,
En langs de bergen wademt avond-dauw, -
De vogel laat een laatst geneurie hooren,
In roerlooze aandacht luistert de landouw:
De zwerver daalt, in zielsgepeins verloren,
In 't dal en naar 't gehucht van wit en grauw;
Daar klinken vrome tonen uit den toren, - - -
En wierook en gezang golft uit de poort- - -’
Die ooreenstemming tussen dié twee sitate verwek nog meer as die vorige die indruk dat Perk hier 'n toneel beskrywe wat nie deur homself waargeneem is nie, maar wat hy by die lees van Lamartine se plasties-lieriese voorstelling daarvan in sy gees opgeneem het as 'n persoonlik-waargenome beeld, dit in | |
[pagina 555]
| |
sy verbeelding deurleef en daarna vertolk het; en Perk sou daarom geensins minder kunstenaar gewees het nie. Dis van weinig belang of 'n digter deur sy eie waarneming van die werklike lewe dan wel deur dié van ander skrywers geïnspireer word.Ga naar voetnoot1) En Lamartine se lieriek is so hartstogtelik en spontaan dat besieling tot kunstuiting by ander nie uitgesluit nie maar inteendeel waarskynlik is. Niettemin kan dit nie met absolute finaliteit vasgestel word of Perk inderdaad deur Lamartine beïnvloed is nie: die vasstelling van invloed van een skrywer op 'n ander is te afhanklik van subjektiewe oordeel, maar meer nog bly daar uit die aard van die saak altyd die moontlikheid bestaan dat dieselfde idee deur twee skrywers onafhanklik vanmekaar verwerk is, dat die ooreenstemming wat ons hier tussen Perk en Lamartine gekonstateer het, slegs 'n toevallige is. Maar selfs afgesien van daardie oorweging bied die vergelyking van die lewe en werk van twee geestelik so nou-verwante digters op homself 'n interessante studie aan. Die bedoeling met hierdie opstel was dan ook nie so seer om oortuigings op te dring nie as om suggestief te werk te gaan. |
|