De positie van het Afrikaans
Het Afrikaans in Zuid-Afrika staat onder druk. Er is concurrentie van het Engels als wereldtaal. Het Afrikaans wordt wel gezien als de taal van het apartheids-beleid.
Tegen de achtergrond van de nieuwe ontwikkeling heeft de Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) haar standpunt vastgelegd:
‘Afrikaans is 'n taal van Afrika. Dit het meer as 200 jaar gelede reeds sy beslag gekry. Dat is 'n taal wat oor die hele Suid-Afrika gepraat word, nie net in 'n enkel of paar streke nie. Afrikaans is die moedertaal van meer as 5 miljoen mense waarvan minder as die helfte blankes is. Dit is die spreektaal van ongeveer 15 miljoen mense van alle rasse. Afrikaans is 'n onlosmaaklike deel van die Suid-Afrikaanse kultuurpanorama - van sy geskiedenis, sy hede en moet deel van sy toekoms bly.
Reeds sedert 1925 is Afrikaans een van die twee amptelike tale in Suid-Afrika. Sedertdien het Afrikaans hom op al die vlakke van die samelewing gevestig as praat- en skryftaal en Afrikaans is 'n kommunikasietaal bij uitnemendheid.
Ook in die nuwe Suid-Afrika moet Afrikaans sy huidige status behou. Die strewe na tweetaligheid ten opsigte van die twee amptelike tale behoort steeds 'n strewe vir al die burgers van Suid-Afrika te wees. Terselfdertijd is dit wenslik dat in die verskillende streke van die land bepaalde erkenning aan streektale verleen behoort te word, omdat moedertaalgebruik en -onderrig so belangrik is, moet daar steeds daarvoor voorsiening gemaak word.
Die FAK bevestig ook weer eens sy reeds bekende standpunt met betrekking tot Afrikaans, nl. dat die blanke Suid-Afrikaner nie die Afrikaanse taal vir homself kan opeis en sodoende die gebruiksgebied daarvan verskraal nie. Afrikaans is die taal van 'n groot aantal mense van Suid-Afrika. Dit is trouens die taal van elke mens wat hom met Afrikaans vereenselwig of dit vir homself toeëien en die gebruik daarvan moet bij alle mense in die RSA (= Republiek Suid Afrika) aangemoedig word.’