Immigrant
Niks as my hande en voete het ek hier,
die res het met die oortog zoek geraak:
die katswink hart, die prikkelbare klier,
wat moet mens bowendien met hulle maak?
Om wat verlore is te vergelyk
met die omringende, om klank en lig
te gryp sonder te luister of te kyk
het ek tog nog sintuie aan my gesig.
Ook aan my bors en buikruimte gewaar
ek dat daar vroeër wel iets anders was.
Wie het geweet dat leegte ooit so swaar
sou word en onbelemmerdheid so'n las?
ELISABETH EYBERS.
Uit: ‘Balans'’.
Kaapstad/Amsterdam, 1962.
het - heb, heeft
oortog - overtocht
katswink - onbewust, duizelend
sintuie - zintuigen.