Neerlandia. Jaargang 67
(1963)– [tijdschrift] Neerlandia– Auteursrechtelijk beschermd
Nederlands in Nie-Germaanse verband
| |||||||||||||
[pagina 10]
| |||||||||||||
moederuniversiteit - die Universiteit van Suid-Afrika - tot tyd en wyl ons selfstandige status verwerf het. Die kursus staan bekend as Afrikaans-Nederlands omdat dit gebruik is dat beide Afrikaans en Nederlands ingesluit word in hierdie kursus. Potensieel kan hierdie kursus lei tot die doktorsgraad vir wie die bekwaamheid daartoe besit. Tot op die huidige tydstip het studente slegs die eerstejaarskursus geneem. Vanjaar is daar reeds enkele belowende studente wat die vak Afrikaans-Nederlands as hoofvak gekies het en vanaf 1963 sal daar dus voortgegaan word na die tweede en daarna na die derde jaar van die kursus wat lei tot die B.A.-graad. Ek is daar oortuig van dat ten minste een van die huidige eerstejaars met nagraadse werk in Afrikaans-Nederlands sal kan voortgaan. Afrikaans-Nederlands is gewoonweg 'n keusevak vir die B.A.-kursus en ongeveer twaalf studente meld hulle jaarliks aan vir die vak. Die studente stel besonder belang in die werk en lê groot ywer aan die dag. Die leerplan sluit die volgende in: | |||||||||||||
Kursus IVraestel I:
Gedeelte van het Administratiegebouw van het Universiteitscollege van die Noorde (voor Bantoes), Republiek van Suid-Afrika
| |||||||||||||
Vraestel II:
| |||||||||||||
Kursus IIVraestel I:
| |||||||||||||
Vraestel II:
| |||||||||||||
Vraestel III:
| |||||||||||||
[pagina 11]
| |||||||||||||
Vraestel IV:
| |||||||||||||
Kursus IIIVraestel I:
| |||||||||||||
Vraestel II.Middelnederlands: 'n inleiding tot die studie van Middelnederlands aan die hand van 'n bepaalde teks of tekste en waarby Le Roux se Middelnederlandse Grammatika (in hoofsaak die grootdruk) as handboek gebruik word. | |||||||||||||
Vraestel III:
| |||||||||||||
Vraestel IV:
Die medium van onderrig is Afrikaans. Hoewel die studente van huis uit een of ander Bantoetaal praat (die volgende Bantoetale word aan die Universiteitskollege onderrig: Noord-Sotho, Suid-Sotho, Tswana, Venda, Tsonga) leer hulle Afrikaans op skool en is hulle gebruik daarvan redelik. Die dosent moet egter doelbewuste pogings aanwend om die taalvaardigheid te verbeter sodat die student hom behoorlik kan uitdruk deur medium van Afrikaans. Baie lees- en skryfwerk dra hiertoe by. Met die klein aantal studente is deeglike kontrole en individuele leiding moontlik sodat hierdie probleem oorkom kan word. Uit die aard van die saak staan Nederlands heelwat verder van die Bantoestudent as Afrikaans. Afrikaans is immers een van die twee amptelike landtale. Nietemin help sy kennis van Afrikaans hom om, met die nodige hulp van die dosent, Nederlands te verstaan. Hulle vind baie waarde in die Nederlandse werke wat bestudeer word. Daar is nou ook 'n platespeler vir die departement Afrikaans-Nederlands aangekoop. Dit kan dien as belangrike hulpmiddel om die student beter vertroud te maak met die Afrikaanse en Nederlandse taal en literatuur - veral ook wat die uitspraak betref. Hierdie departement beskik reeds oor 'n goed-toegeruste afdeling in die biblioteek en dit word jaarliks nog aangevul uit fondse wat beskikbaar gestel word deur die departement Bantoe-Onderwys. Gedurende die afgelope jaar is R 400 vir dié doel toegestaan. In die studiewerk word gebruik gemaak van die belangrikste standaardwerke oor die Nederlandse en Afrikaanse taal- en letterkunde. Die belangrikste probleem van die Bantoe student lê op die gebied van taalgebruik. Die struktuur en sintaksis van sy taal verskil aanmerklik van dié van die Germaanse tale en die neiging is sterk om Afrikaans te vervorm na die patroon van sy moedertaal. Dat daar in die mond van die Bantoe 'n soort Afrikaans (Bantoe-Afrikaans) ontstaan, lyk my 'n uitgemaakte saak. 'n Verdere vervorming (eintlik verminking) vind plaas waar daar 'n mengelmoes van Afrikaans en Engels op Bantoepatroon gepraat word - die sogenaamde Tsotsi-Afrikaans. Hierdie faktore besorg aan die onderwyser baie hoofbrekens. Afgesien van die inhoud van die leerplan het die dosent in Afrikaans-Nederlands vir die Bantoe dus ook nog te kampe met die kwessie van taalgebruik. Heelwat addisionele werk en periodes is nodig om hierdie probleem die hoof te bied. Die verskil in woordorde tussen Afrikaans en Noordsotho blyk o.a. uit die volgende sin: Die man gaan dorp toe.
Monna o ya toropong.
Letterlik: Die man (hy) gaan dorp toe. Laasgenoemde sin is gewoon in die Bantoe se Afrikaans. Die afwesigheid van die bepaalde en onbepaalde lidwoord in sy taal veroorsaak weer dat die Bantoe nie altyd seker is waar om die en waar om 'n gebruik nie. Die volgende voorbeeld illustreer dit:
Die kind is 'n seun.
Ngwana ke mosimane.
Letterlik: Kind is seun - wat dan maklik vervorm word tot:
Die kind hy is die seun.
Met sy totaal anderse taal- en kultuuragtergrond is dit vir die Bantoe student 'n onbegonne taak om Afrikaans-Nederlands as vak met sukses te volg sonder die geleentheid tot addisionele en individuele aandag. Afgesien van die kursusse in Afrikaans-Nederlands is daar nog verskeie kursusse net in Afrikaans. Vanaf die begin van 1962 is 'n addisionele pos, 'n lektoraat, in die departement ingestel en dit word beman deur mnr. L.P. van Eeden, B.A. Hon. Ten slotte my dank namens die departement Afrikaans-Nederlands aan hierdie Universiteitskollege vir die pogings vanuit Nederland tot nouer skakeling met buitelandse universiteite waar Nederlands doseer word. Ons werk graag in nouer voeling met die vakmanne in ander lande, want per slot van rekening staan ons almal, hoewel elkeen op sy eie besondere taak gerig, in diens van dieselfde wetenskap. |
|