Die Gelofte, wat die oorwinning voorafgegaan het, met die plegtige belofte aan die Allerhoogste, dat as hulle sou oorwin, hulle en hulle nageslag die dag en datum elke jaar sou deurbring as 'n verjaardag en dankdag, soos 'n Sabbat, tot Sy eer, en die groot beproewing wat die Voortrekkers deurgemaakt het, kan beskou word as die oomblik van bestemming, wat die Afrikanervolk die sterkste bewus geword het van sy bestaan as 'n nasie op die vasteland van Afrika. 'n Oorwinningsdag. 'n Dag van Wedergeboorte van die blanke Afrikanerdom. Die oorwinning was nie alleen die redding van die blanke pioniers en die beskawing, wat hulle tot in die hart van Suidelik Afrika gedra het nie, maar ook die redding van die Bantoe-bevolking self.
Die Nederlandse skrywer L. Penning skets op skitterende wyse in sy boek ‘Voortrekkersbloed’, een verhaal van den val van Koning Dingaan van Zoeloeland, die botsing van die Voortrekkers en die Soeloes in die dertiger jare van die Neëntiende eeu in Suid-Afrika.
Dingaan die Soeloekoning en daarvoor sy broer Tsjaka, staan bekend as die twee grootste tiranne, wat die Bantoe-bevolking van Suidelik Afrika ooit gekend het. Die Voortrekker Piet Retief en sy manskappe het hy verraderlik vermoor - sy hordes het die weerlose blanke vroue en kinders in die nag oorval en wreed uitgewis.
Maar dat die twee Soeloekonings - Tsjaka en Dingaan - daarna 'n gruwelike uitdelgingsbeleid onder die Bantoestamme gevolg het, staan minder bekend asook die ongekende tirannie, wat die heerschappy van die Bantoehoofde oor hulle eie mense uitgeoefen het. Hulle het regeer met die doodstraf as die enige straf - vir man. vrou of kind. As roubetoon aan die dood van Tsjaka moest 7.000 van Dingaan se onderdane sterf.
Die aantal slagoffers van die onderlinge Bantoe-oorloë word geskat op 1 miljoen, maar, met die verslaan deur die Voortrekker, was Dingaan se mag verbreek en die Tirannie ook van die Bantoe afgeloop. Hulle kon nou onder die beskerming van die blanke en die vrede, wat dit meegebring het, leef sonder die vrees van die oorweliger se assegaai.
En vandag ondie die leiding van die blankes in Suid-Afrika staan die bevolking voor die daeraad van vreedsame saambestaan en langs mekaar bestaan in Suid-Afrika - die blanke en die nie-blanke - elke ras in sy eie gebied, volgens eie aard en aanleg om tot hoër ontwikkeling en tot volle wasdom te kom deur samewerking.
Die voortbestaan van die beskawing in Suid-Afrika het op 16 Desember 121 jaar gelede getriomfeer en vandag maak die Bantoe-bevolking meer en meer gebruik van die voordele van daardie beskawing, wat die blankes gebring het. Die levensstandaard van die nie-blankes in Suid-Afrika styg steeds. Die tempo van die inkomstes van die Bantoe-bevolking styg sneller as die van die blankes. Van 1838 tot 1951 het die totale inkomstes van die blankes gestyg met 286 persent in vergelyking met 545 persent van die nie-blankes. Voor en onmiddelik na die slag van Bloedrivier was die Bantoe-bevolking sebydrae aan die inkomste van Suid-Afrika byna niks - in 1936 het hulle 20% van die nasionale inkome verdien en vandag staan dit tussen 25 en 30%.
Maatskaplik, opvoedkundig, ekonomies, industrieel, en staatkundig bestee die blanke in Suid-Afrika miljoene ponde van jaar tot jaar vir die bevordering en verbetering van die lewenstoestande van die Bantoe. Die jongste beleid van die Blanke vir die Bantoe vir die ontwikkeling van Bantoestate verskaf ook aan die Bantoes die geleenhede om tot volle stoflike, geestelike en staatkundige volwassenheid te aspireer en groei.
Wat as gevolg van die jongste Wêreldoorlog van 1939-1945 V-dag vir die Wes-Europese volke en Amerika beteken, dit beteken Geloftedag vir Suid-Afrika, namelik die oorwinning, voortbestaan en handhaving van die hoëre waardes van die Wes-Europese Christelike Beskawing in Suid-Afrika.
Die offisiele verteenwoordigers van Suid-Afrika in Nederland en ook ander Afrikaners hier waardeer dit besonder dat met behulp van die N.Z.A.V. en die Algemeen Nederlandse Verbond Geloftedag dan ook van jaar tot jaar in Amsterdam en Den Haag kan gevier word, soos ook weer hierdie jaar! Aan almal wat ook hierdie jaar deelneem die hartelike dank van Suid-Afrika.
Onmiddellijk na deze toespraak hield de heer Korthuys zijn rede getiteld: Gesprek op Geloftedag.
Na een korte herinnering aan de feiten, welke ten grondslag liggen aan deze nationale gedenkdag van Zuid-Afrika, voerde spr. een Afrikaner van de oude stam, een Engelstalige inwoner van de Unie, een Bantoe en een Nederlandse immigrant ten tonele voor een onderling gesprek.
De Afrikaner legde er de nadruk op, dat zijn land - geen kolonie - het vaderland is van een groeiende, levenskrachtige Afrikaanse natie, die van haar ontstaan af heeft gewenst en getracht in vrede te leven met de andere bewoners, die er gelijktijdig of later binnenkwamen. Hij deed een beroep op de Engelse Afrikaners, samen met het reeds bestaande Afrikanervolk gevormd en gegroeid uit verschillende Europese volken - voor de helft uit Nederlandse voorvaders - hun bijdrage te leveren tot de verdere ontwikkeling van een eigen Zuidafrikaans volkstype. Het nog enigszins koloniale denken van deze Engels sprekende inwoners moet worden omgezet in een vaderlands gevoelen.
De
Afrikaner van Britse afkomst was van oordeel, dat de blanke bewoners van Zuid-Afrika een geestelijke trek moeten
Foto van de spreker, de heer P. KORTHUIS (rechts), in gezelschap van Z. Exc. Mohammed Khalib Biteik, gevolmachtigde voor de provincie Khartoum (Egypte)