die oorwinning op die verwoede Zulukrygers te behaal. Pas na die oorwinning trek Pretorius op na die hoofstad van Dingaan, vind dit in puin en ligtelaaie, rig 'n baken op met sy naam en datum daarop en bewys die laaste hulde aan die beendere van Piet Retief en sy manskappe wat die lewe daar op wreedaardige wyse moes inskiet.
Op 22 Desember skryf Pretorius aan die Trekkersraad uit Mgungundhlovu dat hy die Allerhoogste die hulde bring van die oorwinning en dat hulle 'n Huis ter ere van Sy Naam dienooreenkomstig sal oprig.
Vroeg in 1839 word die Volksraad te Pietermaritzburg byeengeroep met Pretorius as Kommandant-Generaal.
Met staatsmansbeleid sluit Pretorius 'n ooreenkoms met Umpande. Vestig die Zulu-nasie en met behulp van Umpande en sy 2000 krygers word die stryd opnuut teen die geweldenaar Dingaan aangebind wat lei tot sy neerlaag in die omgewing van die Wit Umfolosirivier onder die leiding van Nonkalaze die veggeneraal van Umpande. Umpande word op die Zulu-troon bestendig. Dadelik onderneem Pretorius die vestiging van die vlugteling en ontstamde Zulu's op 'n vaste grondslag. In 1841 word die vrybuiter 'Ncapai onderwerp aan Pretorius en sy kommando en word stappe geneem om die Kaffers uit Natal tot tussen die Omzimkulu- en Umzimvuburivier te segregeer. Voordat dit egter bewerkstellig kon word Natal deur die Britse troepe in beslag geneem.
Pretorius rig 'n skrywe aan Sir George Napier die toenmalige Kaapse Goewerneur om die militêre besetting van Port Natal te onthef sonder om die gewenste sukses te behaal. Met sy kommando bestaande uit Burgers slegs uit Natal wyk hy uit na die hawe van Natal en behaal 'n tydelike oorwinning oor Kaptein Smith en sy troepe op 23 Mei 1842 maar moet 'n maand later die onderspit delf, die hawe verlaat en die eed van onderdanigheid aan die Britse Kroon onderteken te Pietermaritzburg.
Onversoenbaar soos sy gemoed in hom gebons het, het hy hom tog nie teen die onvermydelike verset nie en die hand aan die ploeg geslaan om versoening te bewerkstellig tussen sy landgenote en die Britse owerheid en het Kolonel Cloete op sy besoek aan Pietermaritzburg alle hulp verleen om sy doel te bereik in sy poging tot bevestiging van Britse bestuur in Natal. Vredeliewend en tegemoetkomend was hy by uitstek. Op 31 Maart 1839 skryf hy aan Majoor Jarvis wat met 'n Britse eenheid die hawe van Natal in beslag geneem het; ‘Wat myzelve betreft voel ik dat myn krachten ontoereikend zyn om de huidighe opgewondenheid van de gemoederen te kalmeren en de vreedzaamheid te bewerkstelligen’. Versoenend was hy in elk opsig, hoewel hy die Natalse Trekkers in getalle die land sien verlaat as gevolg van die Britse besetting en Kaffer-strooptogte en skryf Pretorius aan die Luitenant Goewerneur op 16 Julie 1846, ........ waar zyn de Boeren van dat land? Zy verdwynen als rook, zoude iemand kunnen zeggen zy wilden onder de Britsche gezag niet staan - deezen spreek ik ernstig tegen’.
Oor Pretorius se toespraak in die Volksraad na die Britse besetting vertel Henry Cloete in sy ‘Lectures’ dat daar 'n aantal persone van voorneme was 'n aanslag op die persoon van Pretorius te gemaak het terwyl hy met sy tegemoetkomende rede besig sou wees. Dit het Pretorius ter ore gekom en in sy toespraak, so verklaar Cloete, wat nie te kort skiet by 'n rede van 'n Cicero nie, het Pretorius sy vermeende aanvallers ontmasker en algeheel vernietig en ontwrig.
Pretorius vestig hom ter woon op sy plaas Welverdient nou bekend as Edendale wat die ‘Volksraad my voor myn onvermoeide diensten aan den gemeenskap bewezen, geschonken heeft’, waar hy ook sy huis, wat vandag nog staan, gebou het.
Lang sal hy die gewaande rus en vrede nie geniet nie. Die Britse regering het sy voorstelle tot algehele segregasie van die Naturelle maar gedeelteliks uitgevoer, en bly die leeglopery en minagting van privaat besit hom steeds 'n kwelling.
Als gevolg hiervan en die versuim van