Zuid-Afrika
Die Nederlandse boek.
Uit Die Taalgenoot van October 1935.
‘As daar een feit is wat 'n bewusgeworde Afrikaner treurig stem oor die kulturele toekoms van sy volk, dan is dit seker ons onverskilligheid teenoor die Nederlandse boeke....
Ons Afrikaners spog so graag met ons kennis van vreemde tale. Goed, koekom sal ons skaam wees vir ons kundighede? Maar dring ons kundigheid van Nederlands ons ooit om.... 'n goeie Nederlandse boek te bestel, by ons openbare bibliotheek na een aanvraag te doen, 'n pakkende of roerende werk vir 'n vriend aan te beveel? Dit is die enigste toetssteen....
Die wortels van die Afrikaanse taal lê in Nederlands. Dit was die voedingsbodem. Dit ken die aard van sy taal. En vir versterking, vir gesondbly, is dit nodig dat ons nog uit die bodem die voedende krag haal. Dit bewaar teen verwildering en skerp ons gevoel vir die taalegte, “maar” ons is bang om rijk te word, geestelijk rijk uit die kultuurmyne van 'n aanverwante land. Ons is bang om ons harp te stem met 'n snaar uit eie land, 'n snaar uit Engeland, en 'n snaar uit Dietsland-oor-see, uit Vlaandere-Nederland, om dan 'n groot dans te speel en 'n groot lied van menslikheid te sing....
Wie die gevaar (van taalverwildering) sien, kan nie anders nie as om die taalboom teer te versorg. En ons grootste steun en stuf hierin is juis die Nederlandse boek en by die Afrikaners selfs die goeie-wil’.