en 'n eie letterkunde, maar ons is gelukkig nog nie so verbaster dat ons ons stamverwantskap gaan verloën nie. Ander volke beywer hulle om die oudste literêre dokumente uit die vroegste wordingsperiode byeen te samel en te bestudeer. Afgesien van die feit dat sulke monumente uit die oudheid onmisbaas is vir die regte begrip van die ontwikkelingsgang van die volkstaal deur die loop van die eeue, bevat dit ook dikwels die eerste kieme van 'n nasionale kultuur. Om historiese en taalkundige redes is die studie van die Nederlandse letterkunde dus vir ons onontbeerlik.