Afd. Bloemfontein.
Dit verskaf my groot genoee om u te kan meedeel, dat ons Afdeling saam met die Nederlandse Vereniging, die verjaardag van H.M. Koningin Wilhelmina heel genoeglik gevier het. Oor die honderd lede en enkele gaste het daaraan deelgeneem. As die saal van die Nederlandse Vereniging meer ruimte gebied het, kon ons gemakkelik die dubbele getal gekry het om deel te neem. Die volgende heildronke is ingestel en geesdriftig toegejuig:
Haar Majesteit, deur W.J. Verwoerd; Die Land van ons Herkoms, deur J.P. la G. Lombard: Die Land van ons Inwoning, deur W.F. Mondriaan; Die band tussen Nederland en Suid-Afrika, deur ondergetekende.
Daar het 'n besonder opgewekte en vrolike gees geheers. Ook was daar ettelike besoekers wat van verre oorde oorgekom het.
Natuurlik was daar musiek en sang en het die Nederlandse volksliedere nie ontbreek nie.
Sondagnamiddag by die Musiekuitvoering in die Dieretuin, is, toe die Nederlandse Konsul sy verskyning gemaak het, die aloude ‘Wilhelmus’, deur die Musiekkorps op treffende wyse ten gehore gebring, by watter geleentheid die musikante sowel as die talryke publiek eerbiedig met ontblote hoofde opgestaan het. Virsover ons weet, is dit die eerste maal dat Koningin Wilhelmina dusdanig in die Oranje Vrystaat ge-eer is.
***
Saterdag 2 en Sondag 3 September j.l. het ons Afdeling die genoee gehad, om Prof. Dr. A.A. van Schelven in sy midde te he. Aan die aand van die eerste dag het die besoeker ons in die ‘Oranje Koffiehuis’ vergas op 'n karakterskets van Willem die Swyger.
Die Professor het loseer by Prof. en Mevr. A. Francken, albei van ons oudste verbondslede.
Ons het hom natuurlik Bloemfontein se besienswaardighede gewys en 'n ander ou-Verbondslid het met hom 'n besoek aan Mevr. die Wed. Pres. Steyn gebring. Sondagaand het die Professor voor die Gereformeerde Gemeente opsretree.
H.H. VAN ROOYEN, Sekretaris.