Kalender 1931.
Onze kalender voor het volgend jaar is verschenen.
Te vroeg?
Neen; men bedenke, dat hij naar Nederlanders en stamverwanten over heel de wereld gaat en de groepen en zelfstandige afdeelingen tijdig gelegenheid moeten hebben, dit nuttige propagandamiddel, dat dagelijks aan doel en streven van het A.N.V. herinnert, aan den man en de vrouw te brengen.
Ter aanbeveling van deze uitgave meenen wij te kunnen volstaan met deze aanhaling uit het groote Kaapsche dagblad Die Burger:
Daar is altyd vriendelike lesers wat my af en toe klein presentjies stuur, daartoe aangespoor deur die lewenswaarheid dat klein presente die vriendskap onderhou. Gister het ek b.v. weer 'n pragtige wandkalender van die Alg. Nederl. Verbond gekry. Dit bevat foto's van uit alle wereldstreke waar Hollands in sy verskillende vorms gepraat word, van Nederland self, van Nederl.-Indië, van Suid-Afrika en Amerika. Maar die mooiste vir my is die kort, kernagtige uitsprake van manne uit al daardie wereldstreke. So lees ek van prof. dr. Bodenstein: ‘Voel jullie dan nie dat daar onder die meningsverskille tog nog een band is wat julle aanmekaar snoer of moet snoer. n.l. die innige liefde tot julle gemeenskaplike erfdeel?’ En van senator Langenhoven: ‘Uit die Hollandse Bybel kom die siel van die Afrikaanse taal.’
Ek lees aan die agterkant van die weekblaadjes versies en ander uitsprake tot aanmoediging en verheerliking van taal en nasionaliteit.
Die hele wandkalender is 'n daaglikse herinnering om die taal en nasionaliteit hoog te hou en om die stamverwantskap met ander wereldstreke waar Hollands gepraat word, te bly gevoel.
Bestel den kalender nog heden.