Neerlandia. Jaargang 34
(1930)– [tijdschrift] Neerlandia– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermdDie leerstoel in Nederlandse letterkunde en kultuur te Pretoria.Dr. M. Bokhorst, wat tot nog toe leraar was aan die Erasmiaanse Gimnasium en Liseum te Rotterdam, is nou aangestel as hoogleraar aan die Transvaalse Uniwersiteitskolege te Pretoria om onderwijs te gee in Nederlandse letterkunde, kultuur en beskawingsgeskiedenis. Alle Afrikaners sal ongetwijfeld met my moet saamstem, dat met hierdie aanstelling 'n ideaal verweselik is, waarna ons al lang verlang het. Reg genoeg, die meeste professore wat vandag Nederlandse letterkunde doseer aan ons Uniwersteite in Suid-Afrika, het hulle opleiding in Holland gehad; dit is persone, ons is daar oortuig van, wat hoë eise stel aan die taak wat op hulle rus en op hulle bekwaamheid is ook niks aan te merk nie, maar dit is tog veel regverdiger teenoor die Suid-Afrikaanse student en die Dietse saamhorigheidsgevoel en viral Dietse beskaving, dat die onderwijs gegee word deur 'n Hollander. Die T.U.K.Ga naar voetnoot1) maak 'n deel uit van die Uniwersiteit van Suid-Afrika wat vijf uniwersiteitskolleges omvat, maar kort gelede is deur die Unieparlement 'n wet aangeneem, waarbij die T.U.K. as onafhankelike Uniwersiteit erken is. Nabij Pretoria lê Johannesburg wat ook sy eië Uniwersiteit het, maar die studente hier is oorwegend Engels, net soals Kaapstad. Pretoria kan dus in die Noorde word wat Stellenbosch vir die Suide is. Daarom juig ons die aanstelling van professor Bokhorst toe as 'n mijlpaal in die geskiedenis van Pretoria. Intussen sit die Afrikaners ook niet stil nie, want daar word geld ingesamel vir 'n leerstoel in Afrikaanse kultuur, ook aan die T.U.K. £ 5000 is hiervoor nodig en £ 2000 is al bij mekaar. W.P. VAN REEDE VAN OUDTSHOORN. Rotterdam, Mei 1930. |
|