Neerlandia. Jaargang 33
(1929)– [tijdschrift] Neerlandia– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermdSuid-Afrikaanse Studentedae.Ga naar voetnoot1)Dit het nou so stadigaan 'n vaste tradisie geword dat Afrikaners in Holland, Duitsland en Engeland eenmaal per jaar in 'n sekere provinsie in Holland bijmekaar kom om daar enige gesellige dae deur te breng. Die keuse van die Nederlands Suid-Afrikaanse Vereniging en Algemeen Nederlands Verbond het vanjaar op Seeland geval waar ons dan van 10 tot 13 Julie nader kennis gemaak het met die Seeuse landbou en industrie. Die hoofd kwartier van die besoekers was te Middelburg en Vlissingen waar hulle bij verskillende families tuis gegaan het. Nooit sal ons die gasvrijheid en vriendelikheid vergeet wat ons hier so rijkelijk aangebied is nie; ons gasvroue en gashere het alles in hul vermoë gedaan om die verblijf so aangenaam moontlik te maak en dis juis hierdie nouere aanraking met Hollandse families wat so 'n goeie verstandhouding skep tussen die twee stamverwante volke. Professor Pont het in sy welkomstoespraak nadruk gele op die feit dat die deursny Hollander nog maar bitter weinig weet van die Suidpunt van Afrika en sy bewoners. Hierdie kritiek het my twijfelagtig voorgekom, maar die volgende dag het die ontnugtering gekom. 'n Hollandse dame vertel my dat haar vriendin haar gevra het of: ‘Zij het niet grieselig vond om die zwarte mensen uit Afrika aan huis te hebben!’ Iemand anders weer het dit hoogs eienaardig gevind dat Afrikaans so baie op Hollands lijk! Dit is onmoontlik om hier breedvoerig te skets wat die Studente alles gesien het, maar ons kan nie nalaat om ons bewondering uit te spreek vir die wyse waarop die Seeue hulle grond bewerk nie. Geen wonder dat Seeland die tuin van Holland genoem word nie. Daardie golwende, buigende graanvelde van Walcheren was regtig 'n lus om te sien. Gedurende die rondrit op die eiland is die besoekers verversings aangebied op die buite van die heer en mevrou Mr. J.A. Heijse-Tak; op 'n tafeltje het blomme gerangskik gestaan in die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag, namelik oranje, wit en blou; dit is sulke klein attensies wat sommer ons harte streel en die vriendskapsbande nouer trek. Onvergeetlik was die rit deur die Wilhelmina-Polder in Suid-Beveland waar die Afrikaners 'n idee gekry het van Hollandse ondernemingsgees wat daarin geslaag het om sy grootste vijand, die water, trug te | |
[pagina 123]
| |
dring en die grond om te sit in vrugbare kultuurgrond. Te Goes het ons 'n besoek gebreng aan die oorlogsmuseum van Mr. Wilton van Reede wat lange jare in Suid-Afrika gewoon het. Sy versameling oorlogsherinneringe uit Suid-Afrika is, uit 'n historiese oogpunt beskou, van groot waarde. Te Wemeldingen is die studente tee aangebied deur burgemeester Wabeke op sy vlugheuvel. Suid Bevelandse boerinnietjies in hulle skilderagtige drag het Seeuse babbelaars en kerse aangebied. Die dae het geëndig deur 'n offisieele ontvangs deur Burgemeester en Wethouers van Vlissinge; daarna het ons die skeepsbouwerke van die Maatskappij Schelde besigtig en ook het die Maatskappij 'n koffie aangebied. De deelnemers op het gastvrije buiten ‘Overduin’ van den heer en mevrouw Mr. J.H. Heijse-Tak.
Die Suid-Afrikaanse Studentedae van 1929 behoor weer tot die verlede en ons moet al ons Hollandse vriende van harte bedank vir alles wat hulle vir ons gedaan het. Met dankbare harte sal ons aan die Op de trappen van het stadhuis te Vlissingen. Links de burgemeester, de heer Van Woelderen (met ambtsketen); vóór hem de jongste deelnemer.
Hollandse vriendskap trugdenk as ons truggekeer het in ons Vaderland. Rotterdam. W.P. VAN REEDE VAN OUDTSHOORN. |
|