Zuid-Afrika door E. Hullebroeck.
(S.V. De Centrale Boekhandel, Brugge).
In sy woord vooraf, sê Hullebroeck: ‘Dit boekje wil liefde wekken voor de Zuid-Afrikaners en het mooie stamland van onder het Zuiderkruis. Wij kennen elkaar niet genoeg en verliezen bij die onwetendheid.’
In die laaste tyd is daar allerhande kragte aan werk wat bezig is om 'n eie Suidafrikaanse kultuur op te bou; die boekie van Hullebroeck sal werkelik veel daartoe bydra om toestande beter te begryp, want hy gee 'n samevatting van allerlei onderwerpe.
Eers gee hy 'n algemene oorsig van die natuurskoon van die vier provinsies; die blommeprag van die Kaapse skiereiland; die oorweldigende eentonigheid, maar tegelykertyd ook die bekoorlikheid van die woestynagtige Karoo met sy skitterende sonsondergange. Dan na die golwende vlaktes van die Transvaal en Oranje Vrystaat, wat Jan Celliers geinspireer het om sy ‘Vlakte’ te dig:
Ek slaap in die rus van die eeue gesus
en dof en loom in my sonnedroom,
In die 18de eeu het 'n berugte Engelse amptenaar aan die Kaap, John Barrow, 'n boek geskryf, waarin die Boerevrou as 'n minderwaardige wese geskets word (dit was Engelse imperialistiese propaganda). Hullebroeck sê: ‘Sir Bartle Frere heeft eens verklaard, dat, hij misschien wel kans zou vinden om de Boeren met het Britsche gezag te verzoenen, maar dat al zijn pogingen door de vrouwen schipbreuk leden.’
‘Groote Schuur’, het huis van Cecil Rhodes, thans door Generaal Herzog bewoond.
Dit is nogal bemoedigend om te lees, hoe dat Hullebroeck, buitelander, 'n juiste insig verkry het oor die naturelle vraagstuk. ‘De kaffers op volstrekt gelijken voet met de blanken te behandelen, lijkt een onmogelikheid, want het ras is te weinig beschaafd.’ Daar is natuurlik 'n zekere ontwikkeling, maar van 'n eie kultuur, eie kuns en musiek, is geen sprake nie.
Van die baie onderwerpe wat bespreek word, kry die Afrikaanse taal ook 'n beurt; ook die onsinnige storie van die verbranding van Nederlandse boeke, wat hier so'n opskudding veroorsaak het. Dit is bewys, dat dit geen boeke van groot letterkundige waarde was nie, maar skoolboekies van 'n kwart eeu gelede. Die verbranding was ook nie op groot skaal nie. Dis baie jammer, dat van 'n muggie 'n olifant gemaak is.
Hoewel die Suidafrikaanse volksplanting al in 1652 plaasgevind het, het die Afrikaner eers die laaste 25 jaar iets op kunsgebied voortgebreng. Waarom dan so laat? Kuns kan alleen bloei waar daar rus en vrede heers en in S.A. het nooit rus of vrede geheers nie. Daar was voortdurende stryd teen barbaarse inlanders en tegelykertyd ook teen vreemde oorheersing. Hoewel die laaste element nog aanwesig is, kan ons tog al gewag maak van 'n statiese maatskappy en eers dan het 'n eie, produktiewe letterkunde ontstaan.
'n Ander uiting van die kuns, wat Hullebroeck tamelik breedvoerig bespreek, is die skilderkuns; voortrekkerswerk op hierdie gebied is gedaan deur Pierneef, Erich Mayer, Naude en Volschenk. Van Wouw is die beeldhouer.
Oor musiek in Suid-Afrika het die skrywer nie veel goeds te sê nie, want die mense wat hulle op musiek toelê, het hul opleiding aan die Londense Akademie verkry; vervreemd kom hulle trug en is dan nie in staat om die siel en eienaardigheid van hulle volk weer te gee nie. Op die gebied van musiek staat Engeland ver agter by die Vasteland. In die toekoms kan ons egter verbetering verwag, aangesien baie Suid-Afrikaners ook 'n opleiding kry op vastelandse Akademies.
Mog die boekie van Hullebroeck daartoe bydra, ‘dat Vlaanderen en Suid-Afrika mekaar beter leer ken.
Rotterdam, Maart '28.
W.P. VAN REEDE VAN OUDTSHOORN.
***