De wortels.
Die Burger pakt de heele Zuidafrikaansche taalquaestie in een notedop, door op te merken dat het noodzakelijk is geweest, het Afrikaansch als schrijdtaal te erkennen, daar Nederlandsch schrijven aan de meeste Afrikaners uiterst moeilijk valt.
Maar Nederlandsch lezen en verstaan kan iedereen met een beetje moeite en inspanning, zoo voegt het Kaapsche blad hier bij.
Een hoofdartikel over ‘Nederlands op ons Skole en Uniwersiteiten’ besluit het met de woorden:
Uit bostaande opmerkings is dit duidelik dat ons in ons ywer vir Afrikaans nie só geesdriftig of dwaas mag wees dat ons niks meer met Nederland of Nederlands te doen wil hê nie. Ons groei wel hier in Suid-Afrika, maar ons wortels reik tot in Nederland; en aan daardie wortels moet ook sorg bestee word as ons 'n gesonde boom wil ontwikkel. Dit is derhalwe goed te verstaan dat die Suid-Afrikaanse Akademie sy invloed by ons onderwys-outoriteite wil laat geld ten einde te verkry dat die nodige aandag aan Nederlands as leestaal op ons skole en uniwersiteite gewy word. Die belang van ons Afrikaanse taal en Afrikaanse kultuur vereis dit......
Die besluit van die Akademie beteken dan ook niks meer nie as 'n herhaling van 'n ou ieuse van die eerste taalstryders van die Twede Afrikaanse Taalbeweging: ‘Lees Afrikaans! Lees Nederlands! Skryf Afrikaans!’
As ons daardie leuse getrou naleef, dan hoef ons nie vir die toekoms van ons taal of van ons stam te vrees nie.