Neerlandia. Jaargang 29(1925)– [tijdschrift] Neerlandia– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Aan my moedertaal. Dreun soos kanonne wat alles verdowe, Dreun in die berge, oor kranze en klowe, Echo en echo weerom? Bulder en dreun met die waterval-strome, Jubel en juig met die voëls in die bome, Juig en jubel alom! Vlieg met die winde oor woude en rande, Stijg met die kwartel uit koringlande, Om in die bossies te skuil! Sweef met die voëls wat dwaal by die wolke, Bruis in die strome en draai in die kolke, Rondom die kafferskuil. Klink oor die vlakte helder en luide, Galm jou klank van die Noord tot die Suide, Dwars oor Rhodesia! Klink met die klank van die kerkkloktoring, Ruis in die ranke en ruis in die koring, Taal van Suid-Afrika! (Die Weste). A.D. KEET. Vorige Volgende