Neerlandia. Jaargang 29(1925)– [tijdschrift] Neerlandia– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende 'n Lied vir Dietsers. (Ingezonden). Daar waar die Noordsee vrolik wieg, en skepe op hom dra, was eens een nasie moeg gewees, gemartel en ge ja. En, waar die Noordsee nou nog slaan teen dyk en oewerwal, leef daar 'n nasie wat sal sorg vir menig Alva's val. En na die soele suiderhoek aan Tafelberg se strand is daar 'n nasie heen gevoer van Noordsees oewerkant. Uit Nederland tot Afrika Sal daar 'n nasie staan: Een taal en stem, een ideaal, een volk se pols wat slaan. Dis Nederland en Flaanderland, en Afrikanerland, maar orals is dit Dietsers saam, dis Dietsers hand aan hand. Refrein: Dietsers hand aan hand Dietsers hand aan hand In Afrika en Nederland, en Flaanderland tesaam, Is Dietsers, Dietsers hand aan hand, Dietse roem en Dietse faam. HARPER MARTINS. Bulawayo, Des. 1924. Vorige Volgende