Zuid-Afrika
Rasseskeidingspolitiek.
Na aanleiding van die toespraak die Genl. Hertzog op 8 April voor 'n vergadering van kleurlinge op Stellenbosch gehou het oor die sogenaamde ‘segregasie’ is hier in Holland ook belangstelling geblyk vir die politiek van afskeiding van die blanke en swarte rasse in Suid-Afrika en ek mag hier seker 'n paar feite daaromtrent meedeel sonder om myself skuldig te maak aan politieke partijdigheid.
Die rasseskeidingspolitiek is niet so 'n splinternuwe denkbeeld as hier skyn verstaan te word nie. Dit is ook geen besondere denkbeeld van Genl. Hertzog nie, vir sover ek weet. In die Ministerraad Botha-Smuts in 1910 was wyle die heer J.W. Sauer verantwoordelik vir die bestuur van inboorlingsake en toe reeds is die politiek van rasseskeiding ingelei. In 1913 is onder leiding van dié kabinet, waarin Genl. Hertzog ten gevolge van die kriesis van die vorige jaar geen deel meer gehad nie, 'n wet deur die volksvertegenwoordiging aangeneem wat die beginsel van rasseskeiding duidelik behels het en selfs die weg aangewys het vir die uitvoering van daardie denkbeeld ten opsigte van gebiedskeiding.
Die oplossing van die naturellevraagstuk is destyds nog as van so groot en algemeen landsbelang beskou, dat daarvan geen partypolitieke saak gemaak is nie. In 1917 egter het die Unioniste as party teengestem by die twede lesing van 'n wetsontwerp wat bedoel was om verdere uitvoering te gee aan die beginsels wat neergelê was in die wet van 1913. Die oorlog was toe aan die gang en die deelneming daaraan is vir die Unie van groter belang geag dan die oplossing van die kaffervraagstuk. Verder as die twede lesing het hierdie ontwerp nie gekom nie. In 1920 het die saak weer te berde gekom, toe Genl. Smuts die Wet op die Beheer van Naturellesake voor die Volksraad gelê het. Ook hierin was nog aan die beginsel van rasseskeiding vasgehou en die doel van die wet was om in gebiede wat oorweënd deur inboorlinge bewoon word, die instelling van Naturellerade en 'n sekere mate van selfregering aan die kaffers in hulle woonstreke moontlik te maak. Verlede jaar is die Wet op Stadsgebiede aangeneem om voorsiening te maak vir die huisvesting van kaffers in die stede van die blankes. Hierin het die regering afgewyk van die rasseskeidingspolitiek deur te bepaal, dat naturelle die reg sou hê om grond aan te koop in die stede en dorpe van die blankes.
Hierdie is 'n saak van staatsbeleid, waarin blanke, kleurlinge en kaffers eweveel belang stel, omdat daar vir almal so ontsettend veel van afhang. Dit is dan te begryp, dat die kleurlinge hieromtrent iets meer wou te wete kom van die politieke leiers en Genl. Hertzog uitgenooi het om sy sienswyse aan hulle te kom meedeel op 'n opanbare vergadering.
Die kleurlinge is nie, soas onlangs nog deur een van die vernaamste Nederlandsche dagblaaie beweer is, die afstammelinge van blankes en kaffers - dus basters - nie. Hulle is die nakomelinge van die bewoners van Suid-Afrika wat Jan van Riebeek in 1652 daar aangetref het, nl. die verskillende Hottentotstamme. Hulle bloed is intussen vermeng met die van die slawe uit die Ooste, uit St.-Helena en elders. Maar oorweënd is hulle Hottentots, 'n naam wat hulle vandag as 'n belediging opneem. Die Kaffers was indringers uit die Noorde en het eers op die toneel verskijn, nadat Suid-Afrika reeds honderd jaar lang deur blankes bevolkt was. Op die westelike helf van die teenwoordige Unie het die Kaffers dus geen reg of aanspraak van eerste vestiging nie.
Die kleurlinge het met die kaffers niks te maak nie. Hulle is van geheel ander ras en is in kleur en bou gemaklik van die kaffers te onderskei. Hulle het lang geen eie taal meer nie en is byna uitsluitend Afrikaanssprekend. In die Kaapprovinsie, waar hulle oorspronklik tuis behoort en so te sê alleen nog voorkom, geniet hulle volkome gelyke regte met die blankes. Hulle en die kaffers in die Kaapprovincie is alleen nie verkiesbaar vir die Volksraad en die Senaat nie; maar wel vir die Provinsiale Raad en die plaaslike bestuursliggame.
Elke blanke, het Genl. Hertzog op Stellenbosch gesê, voel dit as sy plig om die beskawing en die bestaan van die blanke te handhaaf. Om die naturelle die stemreg van die blanke te gee sou wees die prysgee van die blanke beskawing. Die naturel moet die reg kry om sy eie toekoms uit te werk en die blanke moet hom daartoe in staat stel. Die middel tot bereiking van dié doel is afskeiding. Daar moet landstreke aangewys word, waar die naturelle grond kan koop en hulleself kan ontwikkel. Uit dié streke moet die blanke soveel moontlik weg gehou word. Die naturel moet in sy eie landstreek 'n stem kry in sy eie regering, sodat hy sy toekoms kan inrig volgens sy eie oorlewering.
Maar wat die kleurling betref, sê Genl. Hertzog, kan ons die beginsel van afskeiding nie toepas nie. Hy lewe al eeue lang onder die blankes en het die taal en die beskawing van die blankes geheel aanvaar. Daarom moet die kleurlinge politiek en ekonomies met die blankes op dieselfde voet staan. Dog, waarsku Genl. Hertzog, die opgevoede kleurling selfs moet nie probeer om met die blankes maatskaplik gelyk te staan nie. Sy plek is by sy volk en sy werk is by sy volk. As hy skaam is vir sy volk, dan kan hy nie verwag, dat andere aan sy volk eerbied moet betoon nie. Die kleurlinge vorm 'n afsonderlike ras en hulle het net so min rede om vir hulle ras skaam te wees as die blanke vir syne. Die voormanne van die kleurlinge is trots op hulle ras en hulle wil werk vir die belang van hulle eie volk, meen Genl. Hertzog uit te gevind het. Hulle soek dit egter nie in gelykstelling met die blankes op maatskaplik gebied nie. Hulle moet ook niet daarna streef om met die blankes maatskaplik saam te lewe nie. Rasvooroordele bly altoos bestaan. Sommige van die vooroordele kan nie verwyder word nie. Die wet wel kan verwyder word, eis tyd daartoe. As 'n mens op sy plek bly, dan kan hy nooit gekrenk voel oor verstoting uit 'n ander se plek nie.