Neerlandia. Jaargang 25
(1921)– [tijdschrift] Neerlandia– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermdAfd. Kaapstad.Vrydagaand 24 Juni, het die lede en gaste van die Algemeen Nederlands Verbond (Afdeling Kaapstad en omstreke) 'n besonder gesellige aand in die Afrikaner-Koffiehuis deurgebring toe dr. W.J. Viljoen, Superintendent-Generaal van Onderwys, 'n leerryke en humoristiese causerie het gehou oor die Volksverbeelding in die ryk van die taal.Ga naar voetnoot1) Na 'n korte inleiding, waarin die spr. meegedeel het dat hy tot die eerste lede van die Verbond in Suid-Afrika behoort het, het hy die afleiding van bekende woorde, spreekwyse en spreekwoorde in | |
[pagina 108]
| |
Hollands, Engels, Frans, Duits en in Afrikaans meegedeel en aangetoon hoe die afleidinge ontstaan het in die mond van die volk en hoe die kamergeleerde later gevolg het. Sy aanhalinge uit die Afrikaans het buitengewoon goed in die smaak geval van die talryke aanwesiges en met 'n aantal goeie grappe het die dokter sy allesins interessante meedelinge geëindig. Mej. Henda Honikman, wat die A.N.V.-prijs op die laatste Eistedfodd verwerf het met haar voordrag van ‘'t Lied van die Zee’ van Helene Swarth, het haar voordrag herhaal en blyk gegee dat daar die jong dogter baie talent besit. Haar voordrag van ‘Luchtkastelen’ het hierdie indruk bevestig. Mevr. Roux het op haar eie bekwame wyse 'n paar liedere gesing, waarvoor die publiek haar met luid applous bedank het. By die aanvang het mevrouw Loopuyt 'n woord van welkom uitgespreek. Sy het vermeld dat by die bestuur die plan bestaat om die a.s. verjaardag van Koningin Wilhelmina op 31 Augustus met 'n feesmaaltyd te vier. Verder het die spreekster aan die hand gegee dat die A.N. Verbond mede bij sal dra tot die monument wat op die graf van Piet Retief sal opgerig word. Soos reeds gesê, die opkoms was besonder goed gewees. Die gesellige aande van die A.N. Verbond het reeds 'n baie goeie reputasie onder Afrikaners en Hollanders, waarna steeds word uitgesien, dank sy die uitstekende wyse waarop die program vir sulke aande versorg word. In die toespraak van mevr. Loopuyt, het sy spesiaal melding gemaak van die ywerige poginge wat mevr. J. Luijt jaar na jaar in die werk gestel het om die belange van die Hollandse kuns op die Eisteddfod te bevorder. Dis aan die volharding van mevr. Luijt te dank, dat die belangstelling o.a. vir die Nederlandse en Afrikaanse letterkunde hom nou doen geld. Ook moet ons berig, dat met die eerste sanglesuitvoering vir kinders, wat deur mevr. Prof. dr. Le Roux zal ingevoer word, binnekort 'n begin zal gemaak word. Die eerste byeenkoms met die kinders sal plaasvind in die Afrikaner-Koffiehuis, en die datums sal die Bestuur nog aan die lede meedeel. |
|