Mij ‘Oom Hansie’.
Verstaan mij nou tog mooi!
Als ek julle van oom Hansie vertel, dan is dit nie regtig 'n oom wat ek geken het nie! En oek nie so mar leuns, wat ek uit mij duim gesuig het nie! Luister nou net mooi vir mij, dan sal ek perbeer mij klein storie agtermekaar te vertel.
Als dit waar is, wat een van di Hollandse digters gesè het, dat ‘ons leven een staêg verhuizen’ is, dan is sommige gedeeltes van Johannesburg die uitgedrukte beeld van die lewe. En hoekom die verhuurders van huise nog die moeite neem die ‘Io let’ van hul verandapale af te haal, is 'n ding wat ek glad nie verstaan nie.
Op die plek, waar ek gewoon is van die tram af te klim, was 'n paar huisies al twee maande leeg gewees en op 'n more sien ek dat daar weer mense intrek. Ek het vir 'n week glad nie notisie geneem van die huis nie, maar op 'n middag, dat ek vir die tram wag, sien ek in die hoek van die veranda iemand op 'n stoel sit. Dat dit 'n ou oom is, sien ek oek en mij belangstelling is op eenmaal wakker gemaak. Ja, daar sit hij. Sij stoel is laag, want hij is 'n kleine man. Alles an hom is klein, behalwe sij pijp.
Op sij hoof draag hij 'n ou bruine harde hoedjie. Ek het hom nooit sonder die keil gesien nie. Sij gesig is omring deur 'n grijse baardjie, wat kort is afgesnij. Sij hare is oek grijs. Hij dra 'n bruine baaitjie en broek en 'n paar skoene, wat vir hom te groot is. Hij blink sij kleine oogies teen die lig en het die arme oer die bors gevouw. Ek hoes hard als ek langs die veranda loop om sij aandag te trek, maar vir niet, hij blink net.
Die tram kom en ek beskouw hom nog 'n keer en als ek bowe sit, ge ek hom die naam van oom Hansie en begin met sij lewensgeskiedenis same te stel.
Ek set hom op 'n plaas, nie al te groot nie, maar 'n gawe plek. Ek noem die plek Dassiesfontein.
Dáár het hij geblij, so redeneer ek bij mij self. Hij moet al oer die seventig wees en 'n groot stuk geskiedenis deurleef het.
Elke dag sien ek die ou man weer en almijlewe sit hij in die selfde houding en rook. Daar is nog 'n ou oom in die huis. Hij is 'n grote man met 'n lange bosbaard. 's Zondags gaat hij met 'n ou tante saam kerk toe, maar oom Hansie sit. Hul groet hom nie. Daar is nog 'n huisgesin met vijf kinders maar niemand neem die minste notisie van mij oom Hansie nie. Die man noch die vrouw praat met hom en selfs die kinders kom staan nie bij sij knie nie.
Ek voel 'n grote medelijde met die arm ou sukkel. ‘Ja’, so denk ek, ‘dis nou die einde van jou moeite volle lewe. Die wildernis ingetrek, geveg teen wilde diere en skepsels, altemit nog gemerk deur die littekens van assagaaie of van 'n ko'el in die oorlog vir die vrijheid van jou land - en nou sit jij daar, arme ou man, en nie eens jou familie neem notisie van jou nie!’
Ossewagen, een drift doortrekkend.
Sies, ek word somaar kwaad, als ek denk oer al die dinge en als ek virbij die veranda stap neem ek mij hoed eerbiedig af - maar die ou blink net met sij oge, dat's al! Ek neem hom nie kwalik nie, dat hij van mij niks denk nie! Het hij nie genog te denk nie? En weer verbeel ek mij die ou op sij plaas Dassiesfontein en sien hom op sij klein poniebeeste toe rij deur weer en wind.
Ek leef saam met hom in al sij teenspoede: droogte, sprinkhane, mislukte oes, klauwseer en ten slotte die noodsakelike verkoop van die plaas aan 'n paar gewetenlose handelaars.
Ek sien hom beroof van vrouw en kinders, die genadebrood eet van sij broer, wat tog sij laatste geld met hom gedeel het en nou, nou op die end sit mij arme oom Hansie als 'n verskoppeling in 'n vreemde grote stad alleen, heeltemaal alleen! En ek voel seer en banje ontevrede als ek die grote broer 's Zondags sien kerk toe gaan met die boeke onder die arm - en ek se: ‘wag jou huigelaar, ek hoop jij sal nog een dag bedel vir jou brood!’
- - - - - - - - - - - - - - - -
Vir twee weke had ek mij ou oom nie gesien nie en ek is nou net nieuwsgierig, wat het hul met hom gemaak. Daar is seker iets verkeerd en ek wil nou weet, waar is mij oom Hansie. Op 'n middag stap ek langs die plek, als die broer en sij vrouw daar sit en gesels.
Ek maak net so's ek vir die tram wag en sè: ‘Middag - dit blij maar banje droog nè?’
Die ou man kijk vir mij en sè: ‘Ja, banje!’
‘Denk u, dit sal nog lank so blij?’
‘Altemit, altemit nie!’
‘Ek hoor, die water word skaars!’
‘Ja, ek hoor oek so.’
Ek word 'n bietje ongeduldig vir die ou man; ek sien so maar, dit is 'n onverskillige kjère en ek denk: ‘waarom sal ek wag, om te vra, wat ek wil vra.’
‘Ek sal nou vra’, denk ek en sè oek so maar: ‘Hoe gaat dit nog met jou broer Hans, wat’...
‘Mij broer Hans?’ sè die ou man verwonder.
Ek sien, ek het 'n fout gemaak en verbeter: ‘Ek mien, die ou man, wat ek hier op die veranda gesien het.’
Die vrouw fluister haar man iets in die oor en die ou begin en lach. - ‘O’, sè hij, ‘jij mien mal Louw!’ ‘Nee’, sè ek verontwaardig, ‘ek mien die ou klein mannetjie met die harde keiltje’ - ‘Ja, ja’, val hij mij in die rede, ‘dat is mal Louw; hij is 'n kind van een van mij pa s'n bijwoners; hij was als kind al deur mekaar en nou onderhou mij broers en ek hom nog 'n bietjie. Hij 's nou weer bij mij broer op die plaas - arme ou ding’, vervolg hij medelijdend - en toe: ‘daar is jou tram meneer!’ ‘Middag’, sè ek toe en klim op. Toen ek in die dorp kom kon ek mij eers niet herinner nie hoekom was ek daar tot dit mij bijval, dit was mij oom Hansie, wat mij daar gebreng het.
J. LUB.