wissel van superieure verstandhouding. Erger word dit als ingebeelde superioriteit 'n rolletje wil speel, wat viral in 'n jong land nog al dikwels gebeur - en nie van uitlander kant alleen nie, dit moet ik erken.
So 'n air van meerderheid sal die Afrikaner nog eerder van 'n Engelsman dan van 'n Hollander verdra. Hoekom so? Hij mag sê wat hij wil, maar in sijn binnenste voel hij nog die familieskap met die Hollander; en die meesteragtigheid wat hem in 'n Hollander hinder is dieselfde wat hinder in 'n familie, als in die boesem daarvan 'n ‘meester dromer’ opstaat, 'n wijse, soos onder die seuns van ou Vader Jakob. En die Afrikaner is bowendien oortuigd dat die wijsheid van die Hollander nie veel kan beteken nie, omdat hij - die Afrikaner - self deur middel van 'n ander geest en taal, dan die hollandse of afrikaanse, sijn hogere gevoelens en begrippe ontwikkeld het. Afrikaans ken hij net in verband met oppervlakkige, al-dagse, laag-bij-die-grondse begrippe, met Hollands sal dit wel dieselfde wees - daar is hij seker van, en dit word hem wel dikwils genoeg voorgehou en ingeprent (tot so'n mate selfs dat hij daartoe kom sijn hollandse bloed en afkoms te logen). Alles wat Afrikaans of Hollands is moet, om rede alleen dat dit Afrikaans of Hollands is, minderwaardig wees, dit staat bij hem vas.
D'is anders nie 'n eigenaardigheid van Afrikaners alleen nie om te denk dat alles wat vreemd is tog al te seker beter moet wees dan wat van eie land of stam is.
Gelukkig word in die laaste tijd die sotte geloof ondermijnd, deurdat daar soveel meer van onse jonge Afrikaners kennis maak met hogere hollandse studie, en, alhoewel hooggeleerd, daarbij tog in wese en taal Afrikaners blij.
Ons verwag viral daarvan dat binnen nie te lange tijd die faktore van misverstand ge-elimineer sal word wat verwijdering in die hand werk daar, waar eendrag en mag behoor te bestaan. D'is 'n verwijdering wat uiterst pijnlik is vir Afrikaners, wat die dienste en die liefde op prijs stel van die talrike Nederlanders met warme harte vir Suidafrika. Sulke Nederlanders was daar reeds onder ons, toen die beide gewese republieke nog jong was. Sulke Nederlanders was daar altijd onder ons en in Nederland self, - viral tijdens onse grote moeilikheden en ellende van die jare 1899-1902.
Daar is daarom één kragtige invloed wat verhinder het dat die Afrikaner sijn Hollands oor boord gegooi het als iets wat net deug vir wat minderwaardig is, en die invloed was sijn godsdienst, sijn kerk; daar het hij sijn Hollands leer ken in die dienst van die hoogste. Dit sal 'n noodlottige dag wees als Hollands of Hoog-Afrikaans nie meer in sijn kerk gehoor word nie, als daarbij ook nog die opvoeding, en viral die hogere opvoeding, deur middel van 'n ander dan die eige taal word meegedeel.
Godsdienst en taal breng ons op die aanduiding van twee belangrike oorsake van verwijdering tussen Europeane en Afrikaners: onse hollandse kerk en kerkmense in Suidafrika is bang vir die moderne rigting op godsdienstig gebied, wat in Europa so algemeen word. Die moderne denkbeelde word en is gemeengoed van heel Europa en dring ons land binne deur die engelse sowel als deur die hollandse deur. Die invoering daarvan deur engelse invloede en boeke en persone is minder in die oogvallend, omdat dit so onmerkbaar aansluit bij die stelsel van opvoeding waar ons al aan gewoon is. Maar die moderne Hollander, of modern-godsdienstige (modern-wetenskappelike) hollandse boek skok die Afrikaner, omdat hij so gewoon is die hollandse taal alleen te ken in verband met sijn orthodokse kerk en geloof. Die afvalligheid van die Engelsman kan hij verdra, siet hij deur die vingers, of siet hij glad nie raak nie, terwijl hij die ongelowigheid van die Hollander voel als 'n verraad in eie familie. Ja, die Afrikaner neem dit die ‘goddelose’ Hollander so kwalik, dat hij sijn best doet om uit te maak dat daar glad geen familieskap bestaat nie.
Beter kennis van die geskiedenis sou die Afrikaner leer dat Frankrijk (die Afrikaner roem graag op sijn franse afkomst) vir sijn voorgeslag 'n wrede, onnatuurlike moeder was, wat haar eie kinders bij duisendtalle vermoor het, sodat die wat kon vlug en in Holland en haar kolonies 'n beter moeder gevind het, nie veel nodig had nie om die onherbergsame franse vaderland en sijn taal te vergeet, en op te gaan in 'n nuwe omgewing.
Die Afrikaner leef nie in die verlede nie. Met die verlies van Europa is ook Europa's geskiedenis vir hem verlore gegaan. Die verlede is, so te sê, heeltemaal vir hem uitgewis. Hij het weer begin met 'n nuwe bestaan, op Afrikaanse bodem.
Met die ou geskiedenis mis hij veel wat aan die Europeaan voedsel gee vir verbeelding, en poësie en kunst in die algemeen. Sijn eie jonge geskiedenis het weinig sigbaars nagelaat in die vorm van bouw-werke, geskrifte e.s.m. Van die begin af was sijn lewe 'n harde strijd om lewensbehoud en nasionale bestaan. Selfs tot van dag nog dra al sijn instellinge, al sijn gebouwe, ens. die kenmerk van tijdelikheid, van onrus, van voorbijgaandheid. Nergens word soveel verreisd, verhuisd, verbouwd, als in ons land; en die van ons wat nog nie oor die water was nie het selfs geen voorstelling van 'n ander toestand. Ons het nog nie tijd gehad nie om ons in te léwe in die fijner en ingewikkelder en afgetrokkener gevoelens en denkbeelde van die ouer kultuurvolke.
Maar met die intreding van rus, die uitbreiding van onderwijs en wereldkennis, is 'n weertoenadering tot Europa onvermijdelik (omstandighede het bewerk dat die toenadering tot dusver deur engelse bemiddeling geskied is). Die dag sal nog kom dat die Afrikaner belang sal stel in die geskiedenis, die oorkondes, die kastele en bouwvalle, die legendes en oorleweringe van sijn ou kultuurmoederland Europa. Net soos enige beskaafde land van die wereld sal Suidafrika gelijk-op deelneem aan die wereld s'n beweginge en worstelinge op geestelik gebied, aan die wereld sijn vergaderde kennis. Die idee, wat sommige mense nog koester, om van Suidafrika 'n soort alleenstaande Israel te maak - bang en wars van uitlandse inmenging en invloede - is 'n droombeeld wat met die dag reeds vager word.
Wat die Afrikaner vooral nog swak laat staan teenoor die uitlander is onbestemdheid op taalgebied. Newens die uitbuiting-politiek, wat natuurlik die taal van die Afrikaner tot elke prijs in die grond wil boor, is in eie boesem, sowel als bij die uitlander, nog baje onkunde, misverstand en vooroordeel te oorwin. Dat die Afrikaner nasie 'n eie taal besit, 'n taal wat, wel-is-waar, nog ongevormd en onbesonke is, soos die nasie self, dog op heeltemaal natuurlike manier ontstaan is, 'n taal wat die Afrikaner pas, wat groei en ontwikkel, wat tot wording en wese gekom is, presies op dieselfde manier als enig ander taal in die wereld - dit kan sommige mense maar nie verstaan nie. Baje ontwikkelde Afrikaners en Europeane verstaan dit wèl. Hun invloed laat sig in die laaste tijd meer en meer geld, en sal, met die tijd, aan Suidafrika sijn eie taal en wese gun en gee.
Die tijd is nie meer ver af nie dat Afrikaans als medium van onderwijs ingevoer sal moet word: selfs die klein kinders op skool voel dit als 'n belediging wanneer die taal wat vader en moeder thuis praat met geringagting behandel word.
JAN F.E. CELLIERS.
Afrikaner, wees U zelf!