Onse gediggies is berijmde verhale, skilderinge van die werkelikheid, uit die geskiedenis, uit die jag veld en die oorlogsveld, uit die huiselike lewe; of dit is berijmde sedelesse met die praktiese doel om ons sterk te maak v'r die da'elikse strijd, om ons te troos in gelede stoffelike verliese; dit is gebede om opheffing van plage, godsdienstige ontboeseminge, danksegging v'r re'en en stoffelike welvaart. Ja, die meeste van onse mense begrijp nie waar 'n boek of 'n gedig heen wil wat nie 'n duidelik vooropgesette sedelike of maatskappelike strekking het. En onse skrijvers lewer sulke werk aan ons volk eenvoudig omdat dit nooit in hulle opkom om 'n ander weg in te slaan nie, omdat hul met ons volk in die neiging deel wat die beste weg aanwijs v'r onse tijd.
Als die digter naar die sons-ondergang o'er die vlakte staan kijk en sijn verbeelding vrij spel laat met die heerlike vorme en kleure wat hij daar siet, dan kom oom Gert van agter, (en met oom Gert bedoel ik nou nie juis alleen die Boer nie), lê sijn hand op die dromer se skouwer en sê: “ou neef waar kijk jij naar, daar kom m's nie pêrde ruiters aan of sprinkane nie, of denk jij miskien dat die lug naar re'en staat?” So bekouw ons alles uit die oogpunt van stoffelike voordeel of nadeel.
Behalwe op die gebied van Godsdiens en kerkleer en die voorstellinge daaraan verbonde, beweeg die verbeelding van mense sig nie op hoger gebied als wat aangedui word deur da'elikse bedrijwe en behoeftes, ons is sterk materialisties. D'is waar daar is spookstorietjes en storietjes van jakhals en wolf, maar niemand wat dit als iets meer beskouw dan aardigheidjes en niemand wat begrijp waarom 'n verstandig man dit sou wil opskrijwe en bewaar.
Dat dit alles so is is heeltemaal natuurlik. En daaruit is te verklaar waarom baje voortbrengsele van hedendaagse Europese letterkunde (b.v. 'n skildering van lig-effekte in die lug of die haarfijne beskrijwing van liggies en kleurtjes op die meubels in 'n kamer) ons beuselagtig moet voorkom. Omgekeerd is daaruit ook te verklaar waarom baje wat ons skrijwe v'r Europeane ongenietbaar moet wees. Onlangs nog, in 'n kritiek o'er Afrikaanse letterkunde werd in 'n Europese tijdskrif gesê dat sekere gedigte tot die ou, mak soort behoor. Maar die beoordelaar vergeet dat ons v'r Suid Afrika skrijwe en nie v'r Europa nie. Bovendien is nog glad nie bewese dat die ou mak soort, in Europa sowel als hier, minder lesers vind of minder goed doet in onse tijd dan die nieuwe vliegmachiene soort van 'n paar honderd sogenaamde uitverkorene. Hoe dit ook al mag wees, ons moet en ons sal aan ons volk gee wat ons volk nodig het in die tijd waarin ons leef.
Laat hulle ou vader Cats maar uitskel, op sijn tijd was hij op sijn plek; en baje wat hem vandag uitskel vergeet hoeveel minder lesers hulle sou gehad het als vader Cats die Hollandse volk nie aan lese gebreng het deur hul te gee wat hul kon vat. Die State-Bijbel en vader Cats het die Hollanders Holands geleer. En als ons in vader Cats ontdekt dat hij tot hoger vlug in staat was maar liewers binne bereik van sijn volk geblij het om hulle wijsheid te leer, dan sê ik, soveel te meer eer v'r vader Cats, hoewel ons dan moet erken dat hij meer als sedepreker dan als kunstenaar eer verdien. Manne so's vader Cats in Holland en Melt Brink in Suid Afrika pas in hulle tijd. En word hulle vandag uitgeskel, mor'e word ons weer uitgeskel, maar dan hoor ons dit nie meer nie, dan is ons werk volbrag en het v'r sijn tijd sijn vrug gedra.’
* * *
Is dit niet voortreffelijk gezegd, men moge het al dan niet met den spreker eens zijn? Wij laten het oordeel van den heer Celliers dan ook in zijn waarde, maar moeten alleen onze lichte verwondering te kennen geven, dat zoo spreekt de dichter van Die Vlakte en andere verzen, die ‘Oom Gert’ en de inzender in Ons Land nu juist niet zullen rekenen tot ‘wat ons volk nodig het in die tijd waarin ons leef’. En wat die ‘ou mak soort’ in Celliers' bundel gedichten betreft: die mogen wel voor ‘ons volk’ van nu geschikt wezen, een beoordeelaar mag nog een anderen maatstaf aanleggen.
Trouwens de heer Celliers zegt zelf:
‘In ons Suid Afrika het die hedendaagse skrijwer 'n bisonder moeilike taak. Hij is verplig om aan die massa te gee wat hul nodig het, soals reeds gesê, doch hij moet ook nog iets anders doen. Hij moet rekening hou met die ontwikkelde gedeelte van ons volk.’
En aan het eind van zijn lezing vermaant hij zijn landgenooten, nu en dan den rug te keeren aan den schijn en het rumoer in het leven, ‘om te gaan luis ter naar die stiltes’, en zegt:
‘Hoe meer ons dit doen hoe meer die stiltes voor ons welsprekend sal word, hoe meer aantrekkelikheid dit v'r ons sal krij, hoe meer dit die digter ook in ons sal wakker maak en ons tot denkers, tot hoorders en sieners maak van dinge in ons en om ons wat vroe'er v'r ons onhoorbaar en onsigbaar was.
O, laat ons gaan luister naar die stiltes; die stilte van ons eige innerlik bestaan, die stilte van die plante, van die diere, van die berge, van die vlakte, van die oseaan, die stilte van die nag en die sterrehemel, van sonne en wereldstelsels op die bane van die oneindigheid en van die eeuwigheid!’
Hier is toch niet de man aan 't woord, die de ‘ou mak soort’ gedichten in bescherming neemt, zouden wij meenen.
Ja het is een bizonder moeilijke taak voor den Afrikaanschen schrijver, die beide ‘die massa’ en ‘die ontwikkelde gedeelte’ wil voldoen, want wat die twee soorten lezen willen zal wel zeer uiteen loopen.