Kaapstad, 5 Jan. 1903.
An di Editeur.
Meneer, - Jou korrespondent Afrikaander meen dat dit absurd is om te praat van ‘di grammatika van die Afrikaanse taal’. Mar dan moet hij assemblief vertel, waarom dit absurd is. Waarom is dit ni absurd om van di grammatika van di Engelse taal te praat ni? Of is Afrikaander van gedagte, dat onse taal ni net so goed sijn taalre'els het ni, as Engels en eenig ander taal? As dit di geval is, dan kan ek hom ni komplimenteer op sijn kennis van Afrikaans ni. Daar bestaan gin taal in de wereld ni wat ni sijn re'els het ni, en de re'els van 'n taal is sijn grammatika, dus het elke taal sijn grammatika. As Afrikaander hierop antwoord, dat onse taalre'els nog ni vollediglik in 'n boek gedruk is ni, dan wil ek ni daaroor strij ni; maar dit neem ni weg ni, dat de re'els bestaan. Ek sal dosijne en dosijne re'els kan opnoem sonder di minste moeite, mar dit sou buite di doel van die brief wees. Laat mij net 'n paar voorbeelde gee:
1. Selfstandige naamwoorde, wat met e in di enkelvoud ent neem s in di meervoud, soas tante, tantes; siekte, siektes; weduwe, weduwes.
2. Woorde wat met g ent. voorafgegaan deur dubbele of lange klinkers (soas aa. ee, oo, ie, oe, ui, verwerp di g sogou as jij e daaragter voeg. So het ons: vraag, vra'e; leeg, le'e; droog, dro'er; vlieg, vlie'e; vroeg, vroe'e; tuig, tui'e.
3. Di vorm van di werkwoord na ek sal ook di vorm wees na jij en hij: ek is, jij is, hij is.
As eenigeen, wat Afrikaans praat, ni di gebruikelike re'els wil volg ni, dan praat hij ongrammaties. Als hij seg siekten, in plaas van siektes; of tuige, in plaas van tuie; of je bent in plaas van jij is; dan maak hij 'n esel van homself.
Afrikaander hou niks van di sin ‘ek het dit vir hom gegee’ ni. Wat mankeer dit dan? Moet dit dan wees: ‘ik heb het hem gegeven?’ Mar dan is dit Hollans, en ni Afrikaans ni. Of moet dit wees: ‘ik het dit vir hem gegee?’ Mar dan is dit basterd Hollans, basterd Afrikaans. Nee, meneer editeur, ‘ek het dit vir hom gegee’ is korrekte Afrikaans, en dit klink regte goed in mijn oor, en - ek is seker - ook in joue. Dit is di taal van di Afrikaner in di Kaapstad, van di Afrikaner in Bloemfontein en van di Afrikaner in Pretoria; en as ons nou daaran gaan peuter, sal ons oneindig meer kwaad doen dan goed.
Di skrijftaal en di spreektaal van Holland verskil aansienlik van elkaar. Afrikaander wil heh, dat ons één van daardie twee tale hier as spreektaal moet invoer, watte ééne moet dit wees? As ons di boektaal wil leer praat, dan sal ons 'n spreektaal probeer om te krij wat daar selfs in Holland ni is ni. As ons di spreektaal van Holland hier moet invoer, dan moet ons eers naar Holland verhuis om dit daar aan te leer, want, sonder om dit te doen, zal ons nooit in di ewigheid daarin slaag ni.
En, al kon ons ook sonder moeite en las onse spreektaal laat laat plaatsmaak vir di Hollanse, waarom sou ons? Is onse spreektaal dan ni net so goed as di Hollanse ni? Nee! Afrikaander, jij waardeer ni jou taal genoeg ni (as dit jou taal is) omdat jij ni genoeg aandag daarop bepaal het ni. Daarom is dit ook, dat jij praat van ‘afdwaal van Hollans’ in plaats van ‘ontspruit uit Hollans’, en daarom is dit ook dat jij di woord ‘agteruitgang’ gebruik, waar jij ‘ontwikkeling’ of ‘wasdom’ moes seh.
* * *
Dat vele Afrikaanders er echter nog lang niet aan toe zijn om zich af te vragen wat hun taal zal wezen, Hollandsch of Afrikaansch, maar wel Engelsch of Afrikaansch of een mengelmoes van beide, zou men opmaken uit het volgende programma van een kerstviering te Helderberg, in Stellenbosch. Er was een kerstboom, zoo lezen wij in het verslag dat een aanwezige er van in Ons Land geeft, en die boom ‘ging vergezeld van een succesvol entertainment’. Ziehier het programma, uitgevoerd door en voor Hollandsche Afrikaanders:
1 | Duet. |
2 | Recitation - The Class. |
3 | Dialogue. The Dolls. |
4 | Tableau. Out of the deep have I called thee |
5 | J. Brimacombe & M. Roos. |
6 | Dialogue. Topsy's first lesson. |
7 | Action Song. Infants. |
8 | Dialogue. Die Ruzie. |
9 | Duet. |
10 | Tableau. The tea Party. |
11 | The Japanese fan Infants. |
12 | Recitation. |
13 | De Klagende Vrouw. |
Interval.
14 | Duet. |
15 | Recitation. |
16 | Tableau. |
17 | The Doctor. |
18 | Dialogue. Stirring the Pudding. |
19 | Hoop Drill. The Class. |
20 | Duet. |
21 | Brightest & Best. |
22 | Tableau. Father Christmas. |
23 | Hymn. Zouden wij niet vroolijk zingen |
* * *
De heer C.H. Reitz, oudstaatssecretaris der Zuid-Afrikaansche Republiek en oud president van den Oranje Vrijstaat, hoopt eerlang een bundel verzen uit te geven. Ditmaal geen bloemlezing van verzen van allerlei schrijvers - zooals zijn bundel Sestig uitgesogte Afrikaanse Gedigte - maar een verzameling eigen verzen, Oorlogsgedigte. De verzen zijn gesteld in het