Neerlandia. Jaargang 1
(1896-1897)– [tijdschrift] Neerlandia– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermdDi Klaaglitje van di Os.Ga naar voetnoot(1)Toen ek nog mar 'n kalfi was
Moes ek al onreg lij;
Mijn melk gaan in di mens sijn glas,
Di o' erskiit kon ek krij.
Di skaaplam loop saam met di ooi,
Di merri met haar vul;
Hul speul en suip - dit is so mooi -
En ek word mar gekul.
Di heel dag staan ek in di kraal,
Al het ek nog so dors;
En word di koeie saans gehaal,
Dan krij ek eers di bors.
Net soos Ma di melk laat sak,
Moet ek opsij gaan staan;
Want as ik dan di tepel pak,
Word 'k op mijn kop geslaan.
Di skaap selfs, ag, di is so fijn,
Hij krij di beste wei;
Mar grofste gras is goed ver mijn,
Wat altijd uitskot krij.
Di pêrd en muile krij hul kos,
So lekker as soet koek;
Hul in di stal - ek in di bos -
'k Moet self mijn kos gaan soek.
'n Sagte tuig krij muil en pêrd,
Om Iekker te kan trek;
Mijn rug di krij di aap sijn stêrt,
Di juk hard op mijn nek.
Di pêrd trek in di spider fraai,
En word dan nog gestreel;
Mar mijn wa word mar opgelaai -
Transportwa es mijn deel.
Di pêrd loop iig met toom en saal:
'n Pakos het dit naar:
'n Riim word deur sijn neus gehaal;
Sijn pak is hard en swaar.
'n Pêrd loop in di mooie straat,
Met ligte ijsters aan:
Wijl mijn pad deur di bosse gaat,
Of waar di klippe staan.
En is di pêrd eens oud en moê,
Hij krij genadebrood;
Dan moet ek na di slagter toe, -
Mijn loon is dan di dood.
Aan de Gwelo, 19 September 1894.
S.J. Du Toit.
|
|