cursief
abraham leroux / aan gerrit komrij, skrywer van ‘de lettertuinkabouters’ (eerste deel)
stille water, diepe grond,
onder draai die duiwel rond.
entlik word ons ingelig oor komry se gedagtes. as dit die opregte mening van komrij-hulle is, moet litteratuursosiologie daai gevaarlike ideologie ontmasker. maar ek val aan. komrij toon oop en vry die padmaker te wees van die opkomende ‘verwaltete Welt’, hy verneuk die mense deur te sê hy vermaak hulle. so werp die tegnokratiese kapitalisme sy tamaai skadu vooruit. soos ons in die oranje vrystaat op die wyse van die boesmans vir die hotnotsgot vra: ‘hoe hoog is die water?’ en hoog gaan die hoof. en ons vra: ‘hoe diep is die water?’ en sy hoof buig en hotnotsgot sê: ‘stille water, diepe grond, / onder draai die duiwel rond’.
hotnotsgot kon áls wees: boesman en traan, sterwende en voël. maar jy, komry, jy kan nie blanke en traan van die blanke wees nie, jy kan nie sterwe en opvlieg bo die kranse nie. jy is eendimensionaal. 'n mens uit die elite en bool van die elite. jy is 'n kwaai tokkelossie wat kinders na die boom trek. en hulle drink hulle dronk aan die amusement van die kapitalisme, o.a. jou amusementspoësie. bly met hulle vervreemdheid lag hulle oor rewolusie.
skrywe, skrywe. jy sal die burger klaarmaak vir die nuwe maatskappy met 'n statiese, ahistoriese kyk op die wêreld. lo, doer in die onnerveld lê 'n sandkorreltjie. en ons maak 'n nuwe wêreld uit daardie sandkorreltjie? o komrij, daar is groter dinge tussen hemel en aarde, hoe is jy maatskappybepaald.