Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, 1974
(1974)– [tijdschrift] Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde [1901-2000]– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 183]
| |
gende lede die tydelike met die ewige verwissel: dr. C. Graham Botha (Febr. 1973) en prof. dr. G. Dekker (April 1973). Dit het die bestuur in Leiden behaag om prof. dr. T.T. Cloete, van die Potchefstroomse Universiteit, die lidmaatschap aan te bied. Prof. dr. W.J. du P. Erlank, wat die r.s.a. as kulturele attaché in Nederland verteeenwoordig het, het na sy vaderland teruggekeer en hom metterwoon te Stellenbosch gevestig. Van die heengegane lede het dr. Colin Graham Botha (1883-1973) hom as eerste hoofargivaris van die destydse Unie van Suid-Afrika deur sy baanbrekerswerk en as navorser-skrywer onderskei. Prof. dr. Gerrit Dekker het, na sy universitêre studie in sy geboortestad Pretoria, in 1926 cum laude aan die Gemeentelijke Universiteit, Amsterdam gepromoveer op die profskrif Die invloed van Keats en Shelley in Nederland gedurende die negentiende eeu. Hy was een van die grondleggers van die vak Afrikaans-Nederlands in Suid-Afrika en hoogleraar in Afrikaans-Nederland, Frans en Kunsgeskiedenis en -waardering aan die Potchefstroomse Universiteit (1932-1963) en onder meer skrywer van die bekende Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Sowel die heengaan van hierdie twee verdienstelike lede as die afsterwe van ons oud-lid prof. dr. S.P.E. Boshoff (1891-1973), is in die Jaarboek 1973 van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns herdenk. In 1973 het ons lid prof. dr. Gerhard J. Beukes as voorsitter van die S.A. Akademie opgetree. Dr. Jan Bouws is te Stellenbosch gehuldig vir sy bydrae tot die Afrikaanse musiek, terwyl prof. dr. F.A. van Jaarsveld die Stalsprys vir Kultuurgeskiedenis, veral vir sy publikasies Die Afrikaner en sy geskiedenis en Lewende verlede van die reeds vermelde Akademie ontvang het. Die Akademie het die Gustav Preller-prys vir Literatuurwetenskap en Letterkundige Kritiek postuum aan prof. dr. R.K.E.J. Antonissen toegeken. Die opsteller van hierdie verslag is met die Van Riebeeck-penning van die n.z.a.v. vereer. Prof. dr. F.A. van Jaarsveld het op 1.1.1973 sy aanstelling as hoof van de Departement Geskiedenis, Universiteit van Pretoria, aanvaar. Laasgenoemde universiteit het 'n eredoktorsgraad toegeken aan die grondlêer van die juridiese fakulteit van dié universiteit, prof. dr. D. Pont. Prof. dr. S.A. Louw, hoof van die Departement Afrikaanse, Nederlandse en Germaanse Taalkunde aan die Universiteit van Pretoria, het op 31 Desember 1973 afgetree. Ten slotte word vermeld dat aan prof. G.S. Nienaber, by geleentheid van sy sewentigste verjaarsdag, die bundel Sewentiger G.S. Nienaber aangebied is.
jan ploeger |
|